Inhoud

Tuisblad

Agtergrond

Die mens

Pedagogiek

Sy denke

Sy navorsing

Voordragte

Sy publikasies

Gedenk- en
geleentheids-
lesings

Toekennings

Bronnelys

Professor W A Landman


Sy publikasies

Professor Landman is die alleenouteur of mede-outeur van meer as 45 opvoedkundeboeke en hy het 80 wetenskaplike artikels gepubliseer.

In 1993 voltooi hy 'n monumentale werk (12 volumes) getitel Die Transvaalse Onderwysersvereniging : Van Stryd tot Oorwinning 1893-1993, wat hy in 1999 opvolg met elf volumes oor die TO-leierskap, insluitende : Die aandeel van die Onderwyseres aan die ontwikkeling van die georganiseerde onderwysprofessie in die Transvaal.

In 1997-1998 het hy as enigste skrywer die geskiedenis van Verwoerdburg (1967-1995) geskryf. Die titel is Verwoerdburg : Pêrel van die Hoëveld (1967-1995) en beslaan sowat drie-duisend bladsye in 13 volumes. As diens aan die Centurion-gemeenskap word die navorsingswerk gratis gedoen.

In 1998 het hy (met medewerking) die geskiedenis van die N.G. Gemeente Lyttelton Oos voltooi.


Prof Landman oorhandig 'n kopie van die geskiedenis van Verwoerdburg aan die burgemeester