Inhoud
Agtergrond
Die mens
Pedagogiek
Sy denke
Sy navorsing
Voordragte
Sy publikasies
Gedenk- en geleentheids- lesings
Toekennings
Bronnelys
|
Professor W A Landman
Toekennings en erkenning aan
Willem Adolf Landman
Professor Landman het deur die jare 'n veelvoud van toekennings ontvang:
- 'n Eretoekenning van die Verwoerdburgse Tegniese Kollege vir die
bevordering van Tegniese Onderwys
- Die Rektorstrofee van die Verwoerdburgse Tegniese Kollege vir
besondere diens as lid van die Bestuursraad (1999)
- 'n Erepenning van die Transvaalse Onderwysvereniging (1984)
- 'n Erepenning van die Onderwyskollege Pretoria (1988)
- 'n Erepenning van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
- 'n Oorkonde van die Natalse Onderwysersunie (1989)
- Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stalsprys
vir Opvoedkunde (1984)
- 'n Erepenning van die Suid-Afrikaanse vereniging vir die bevordering van die Opvoedkunde
(SAVBO) (1981)
- 'n Goue medalje (OVSA-Sanlam) vir die bevordering van
opvoedkundige navorsing (1989)
- 'n Oorkonde en skild van die Universiteit van Suid-Afrika (1993)
- 'Centurion van die Jaar' vir sy bydrae tot die jeug, opvoeding
en kultuur in Centurion (1997)
- 'n Oorkonde van die Stadsraad van Centurion
vir sy bydrae as geskiedskrywer en gemeenskapsman
(1999)
Erkenning vir Professor Landman se bydraes is onder andere ook op die
volgende wyses gelewer:
- 'n Seminaarkamer in die Merensky-biblioteek, Universiteit
van Pretoria, is aan hom opgedra as erkenning vir sy fenomenale
bydrae tot navorsingsmetodologie
- Die Raadsaal van die Hoërskool Verwoerdburg (nou Hoërskool Centurion)
se leerlingraad staan sedert 1986 as die W.A. Landman-saal bekend
- Volume 9, nommer 1, 1988, van Pedagogiekjoernaal is
aan hom opgedra en bevat agt artikels oor sy bydrae tot die
Opvoedkunde en Navorsingsmetodologie
- Die publikasie Effektiewe Navorsing. Navorsingshandleiding vir
tersiêre opleidingsinrigtings (1992) deur C.D. Jacobs, J.B. Haasbroek en
S.W. Theron word aan hom opgedra vir sy waardevolle bydrae tot die
Navorsingsmetodologie
- Sy biografiese besonderhede is in die
International Who's Who in Education (Cambridge, Engeland), opgeneem
|