Biografie
Professor W A Landman


Inhoudsopgawe
Opleidingsinrigtings
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 1)
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 2)
Afrikaans Hoër
Seunskool
Normaalkollege
Pretoria
Laerskool
Witfield
(Deel 1)
Laerskool
Witfield
(Deel 2)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 1)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 2)
Hoërskool
Goedehoop
Laerskool
Fleur
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 1)
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 2)
Universiteit van
Port Elizabeth
Die Universiteit van
Suid-Afrika
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 1)
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 2)
Universiteit
Vista
Onderwyskollege vir
Verdere Opleiding
Universiteit van
Pretoria
(Deel 1)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 2)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 3)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 4)


HOOFSTUK 15
DEEL 1

VERBINTENIS MET
DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

Inhoudsopgawe
  1. INLEIDING
  2. WAARDERING
  3. PROF M G MES
  4. WAAR HET DIT ALLES BEGIN?
  5. UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

    5.1  BEd.
    5.2  MEd.
    5.3  DEd.
    5.4  DPhil
    5.5  Nagraadse studie : Verdere besonderhede

  6. 1954 : GETUIGSKRIF: PROF B F NEL
  7. 1967 : 'N GEWAARDEERDE BRIEF VAN PROF C K OBERHOLZER
  8. 1978 : AANSTELLING AS PLAASVERVANGENDE DEKAAN
  9. 1981 : FOTOFLITSE VCHO-KONGRES
  10. 1981 : TRANSVAALSE ONDERWYSERSVERENIGING:
    ALGEMENE VERGADERING 18 SEPTEMBER 1982
    VERWELKOMING BY DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA NAMENS DIE REKTOR,
    PROF D M JOUBERT: PROF W A LANDMAN
  11. IN KANTOOR : UNIVERSITEIT VAN PRETORIA 1982
  12. DANKWOORDE MET ONTHULLING VAN GEDENKPLAAT
  13. 1983 : SAAMTREK DOSENTE IN DIE FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING
  14. 1984 : OORHANDIGING STALSPRYS
  15. 1984 : ONTVANG EREPENNING (TRANSVAALSE ONDERWYSERSVERENIGING)
  16. 1985 : PUBLIKASIE OPGEDRA AAN PROF C H RAUTENBACH
  17. 1987 : HANDLEIDING VIR NAVORSERS
  18. 1987 : ADVIESKOMITEE VAN DIE KOH
  19. 1987 : ADVIESKOMITEE INSAKE ONDERWYSERSOPLEIDING
  20. 1988 : OORHANDIGING VAN DIE NAVORSINGSPROGRAM VIR GEESTESWETENSKAPLIKE NAVORSING
  21. 1988 : PROFESSOR EMERITUS
  22. 1989 : BOEKESKENKING DEUR PEDAGOOG
  23. 1989 : AFKSEID
  24. 1989 : LANGDIENSTOEKENNING
  25. 1994 : NAVORSINGSMETODOLOGIE - UITSTALLING
  26. 1997 : EREDOKTORSGRAAD (DEd-HONORIS CAUSA)
  27. 1997 : MOTIVERING VIR ERE-DOKTORSGRAAD
  28. 1997 : DANKWOORD DEUR PROF W A LANDMAN
  29. HANG MSc-BAND OM WILLEM (JNR)
  30. CHRISTINA : BA (HONS. MET LOF) AKADEMIESE BAND
  31. NA-GRAADSE STUDENTE : ENKELE ERVARINGS
  32. ENKELE ERVARINGS AS LID VAN 'N AANSTELLING-KEURKOMITEE
  33. DEMONSTRASIE VAN DIE FUNKSIONERING VAN KOLLOKWIUMS



VERBINTENIS MET UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

  1. INLEIDEND

    Aan die begin van 1942 het ek geregistreer vir die vakke Plantkunde I, Dierkunde I, Chemie I, Afrikaans-Nederlands I. Ek het begin as dagstudent en het steeds gereis met die trein vanaf Olifantsfontein maar het nou verby Colleges (later Loftus) gery tot by Rissikstasie.

    Praktiese werk was middae vanaf 14:00 tot 17:00. Een prakties (Chemie) was Donderdagoggende. Dit het twee middae se laat kom (18:30 tot 19:00) by die huis beteken. Behalwe die vermoeienis van die treinreis, was die verminderde studietyd 'n probleem wat egter deur harder werk oorkom kon word. Die daaropvolgende jare was ek koshuisinwoner aan die Normaalkollege van Pretoria.

    Tweede studiejaar: Brandwag
    Derde studiejaar : Kamer wat deel vorm van die vise-prinsipaal (dr C K Oberholzer se amptelike woning) met kamermaat mnr N J Mentz afkomstig van Volksrust. 'n Hele aantal jare later sou hy Professor (Honorêr) word aan my Departement Fundamentele Pedagogiek. Ons slaapkamers het 'n kelder gehad met 'n houtdeksel in die kamervloer. In die kelder het ons 'n houer met formaleen eksemplare gehad van disseksies wat gedurende prakties gedoen is. Met eksamentye is die eksemplare opgediep vir hersieningsdoeleindes. Dit was vir die personeel nie aangenaam om die slaapkamer te versorg nie, aangesien van die eksemplare op die studeertafel en soms ook die beddens beland het, gemeng met skedels van allerlei aard en ook 'n embrio wat die naam 'Piet' gehad het (oorsprong onbekend).

    Vierde studiejaar (later meer hieroor).

    Tydens die tweede- en derdestudiejare is daar per trein vanaf Mearstraat na Colleges of Rissik gery. Woede het ontstaan met die perodieke laat kom van die trein. Smiddae is daar per fiets gery .

  2. WAARDERING

    Op hierdie stadium wil ek graag hulde bring aan 'n aantal universiteitsdosente. Ek doen dit deur die volgende kort artikel aan hulle op te dra. Die betrokke dosente is:

    Prof M S B Kritzinger (Afrikaanse Letterkunde)
    Prof S A Louw : Afrikaanse Taalkunde. Destyds mnr SA Louw
    Prof M G Mes (Plantfisiologie en Departementshoof)
    Prof Schweickerd (Sistemiese Plantkunde)
    Prof Fritz Eloff (Vergelykende Dierkunde. Destyds mnr Eloff van rugbyfaam - van die beste dosente wat ek ooit gehad het.

    BSc-OPLEIDING AS VOORBEREIDING VIR FENOMENOLOGIE-BEOEFENING

    W A LANDMAN

    Krugerlaan 88
    Lyttelton
    CENTURION 0157
    Foon : 012-6644200  Sel : 082 673 6514

    Dit gaan om BSc-sensitiwiteite wat tydens die opleiding gewek is, en die betekenis daarvan vir 'n fenomenologiese ingesteldheid.

    Dit is tans (2003) byna sestig jaar gelede dat die Universiteit van Pretoria die BSc-graad aan my toegeken het met die hoofvakke Plantkunde en Dierkunde met ondersteunende vakke Chemie, Geologie en Afrikaans. Die vraag is nie nou welke van die vakinhoude behoue gebly het nie, maar wel dit waarvoor die vakinhoude en die daarmee gepaardgaande metodiek 'n mens sensitief gemaak het en wat besondere waarde gehad het en nog het vir die beoefening en ontwikkeling van wetenskaplike denke.

    AFRIKAANS

    1. Taalkunde: het 'n mens veral sensitief gemaak vir waaksaamheid teen die vervlakkende uitwerking van algemene gepratery, oppervlakkigheid, dubbelsinnigheid, oorvereenvoudiging en 'n gebrek aan intellektuele verheldering. Die dissiplinerende invloed wat taalkunde op die denke het, is onbetwisbaar.1

    2. Letterkunde-studie het 'n mens sensitief gemaak vir die openbarende werking van die paslike woord (of bewoording), die verhelderende (aan die lig bring) invloed van besondere woorde, die beoordelende funksie van kritiese woorde. Letterkunde-studie word gekenmerk deur die aan die lig bring van 'n rykdom van betekenisse van leefwêreldwoorde.

    CHEMIE

    'n Buitengewone aspek van die Chemiese werklikheid, is die Periodieke Tabel van Elemente wat 'n klassifikasie van eienskappe van elemente is. Die klassifikasie is van so 'n aard en gehalte dat dit as spesiale kennisbron as inspirasie kan dien vir enigiemand wat wil klassifiseer,2 soos byvoorbeeld die Opvoedkundige wat opvoedingsessensies sistematies wil indeel in die vorm van strukture. (Alhoewel dit duidelik en baie beslis gestel moet word dat die essensies geensins elemente is of kan wees nie, omdat opvoedingsessensies besondere wyses van lewe is). Die Periodieke Tabel kan wel 'n bydrae maak tot essensie-bewustheid, veral wanneer elemente as chemiese 'essensies' raakgesien word.

    BIOLOGIESE WETENSKAPPE (PLANTKUNDE EN DIERKUNDE)

    Biologie is die wetenskaplike studie van lewe. Opvoedkunde is die wetenskaplike studie van opvoedende lewe. Dit beteken dat daar 'n moontlikheid bestaan dat die Opvoedkunde baat kan vind by die biologiese interpretasie van wetenskaplikheid. Dit kan geskied sonder om in 'n biologisme te verval. Biologisme is die leer dat biologie-metodes bruikbaar en toepaslik is op die totale veld van menslike ervaring en dat die daaruit voortvloeiende verklarings van die begryping van menswees, wetenskaplike waarde besit.3 Dit sluit nie die moontlikheid uit dat die Biologiese Wetenskappe die Opvoedkundige sensitief kan maak vir sekere aangeleenthede nie. Hier word onder andere gedink aan:

    1. die betekenisvolheid van skerp waarneming wat oorskryding van die bloot waarneembare moontlik maak. Die gehalte van die direkte waarneming het invloed op die diepere interpretasie daarvan;

    2. bioloë is skerp daarop ingestel om die beste (gepaste) moontlike benaming (benoeming) toe te ken aan byvoorbeeld 'n species, 'n proses, 'n orgaan of deel daarvan, ens. 'n Sensitiwiteit vir noukeurige en presiese benoeming kan daartoe lei dat die opvoedkundige 'n spesifieke benaming wat hy kies as wesenlik beskou. Dit beteken dat hy deur sodanige benaming te kenne wil gee dat hy daardeur iets wesenlik uitdruk, dat die naam (bv vertrouensverhouding) die beste spraak of taalvormige greep is wat hy op 'n besondere saak kan verkry;4

    3. 'n spesiale behandeling wat die Bioloë uitvoer, is om te klassifiseer. Organismes wat ooreenstemmende kenmerke besit, word saam gegroepeer.5 Die opvoedkundige wat sensitief is vir klassifikasie (groepering) sal opvoedingsessensies wat bymekaar hoort saam groepeer om strukture te vorm. Op die wyse word die saak van begryping aansienlik en op 'n betekenisvolle wyse bevorder.

    GEOLOGIE6

    Geologie is die wetenskap van die aarde. Dit is 'n sistematiese studie van die aardse werklikheid. Bestudering van geologie lei tot 'n sensitiwiteit vir die aardse werklikheid wat kan lei tot 'n agting (respek) vir die werklikheid-as-sodanig, veral wanneer daar opgemerk word dat die mens nie aards is nie, maar wel 'n wyse van in-die-wêreldwees. Respek vir die werklikheid lei tot inagnaming van werklikheidsgetrouheid as maatstaf vir die beoordeling van wetenskaplike handelinge.

    SAMEVATTEND

    Uit die voorafgaande uiteensetting blyk dit dat die bestudering van Plantkunde, Dierkunde, Geologie, Chemie en ondersteunende Afrikaans, as uitwerking het dat daar 'n fenomenologies-waardevolle sensitiwiteit gewek word. Dit is 'n sensitiwiteit vir:

    1. denkdissipline as wapenrusting teen algemene gepratery, oppervlakkigheid, dubbelsinnigheid, ooreenvoudiging en 'n vrees vir intellektuele verheldering;

    2. die openbarende uitwerking van paslike (passende) woorde;

    3. die verhelderende invloed van besondere (spesiale) woorde;

    4. die beoordelende funksie van kritiese woorde;

    5. die rykdom van betekenisse van leefwêreldwoorde;

    6. skerp waarneming van die werklikheid self;

    7. die beste moontlike benoeming (benaming);

    8. werklikheidsgetroue klassifikasie wat denkdissipline vereis;

    9. agting vir werklikheidsgetrouheid;

    10. afwys van -ismes se invloed op wetenskapbeoefening.

    Hierdie sensitiwiteite is bevorderlik vir 'n affinitiet (aangetrokke voel tot) vir die volgende fenomenologiese handelinge:

    1. 'n denkende roep na die opvoedingswerklikheid self wat voorafgegaan word deur skerp waarneming;

    2. 'n denkende soeke na dit wat opvoeding maak dat dit is soos dit is en nie iets anders nie en dit vereis denkdissipline en die beste moontlike benamings;

    3. essensie-openbarende denke deur die aanwending van paslike, besondere, kritiese woorde en betekenisse;

    4. essensie-blindheid vernietigende denke deur die beoefening van denkdissipline wat algemene gepratery, oppervlakkigheid, dubbelsinnigheid, en oorvereenvoudiging lam lê en wat 'n vrees vir intellektuele verheldering (deurdink) oorwin;

    5. refleksie (oordenking, oorweging, oorpeinsing) in die vorm van radikale (wesenlike denke tot by die essensiële) denke deur die benutting van openbarende woorde (beligtende woorde) wat gefokus word op die sigbaarwording van essensies (wyses van lewe), met hulle onderlinge verbande;

    6. identifisering en uitwissing van valse redenering wat kan lei tot 'n vervalsing van diegene waaroor daar geredeneer word. Valse redenering is die uitvloeisel van 'n weerstand teen essensies en die voorkeur aan non-sens.7

    VERWYSINGS

    1. J.P. Botha, J.M.H. van Aardt
      Afrikaans vir die Praktyk.
      Lexikon-uitgewers. 1987.

    2. J.C. Kotz, P. Treichel
      Chemistry and Chemical Reactivity
      Saunders College Publishing. Third Edition 1996.

    3. C.J.J. van Rensburg, W.A. Landman, H.C.A. Bodenstein
      Basiese begrippe in die Opvoedkunde, 27.
      Orion Uitgewers. 1994.

    4. Landman, W.A
      Aanwending van die pedagogiese kategorieë in die Fundamentele Pedagogiek
      Pedagogiekstudies met betrekking tot Universiteit van Pretoria, 1971, 20 - 24.

    5. Encyclopedia Britannica, Volume 10. London 1963,153.

    6. S.S. Mader
      Biology
      Mc Graw-Hill. Boston. Seventh Edition. 2001.

    7. W.A. Landman, C.P. Jansen
      Argumentasie en valse redenering in 'n navorsingsverslag.
      Universiteit van Suid-Afrika Publikasies 1993.

  3. PROF M G MES
    Departement Plantkunde
    Universiteit van Pretoria

    3 Oktober 1945

    L.S.

    Mnr W Landman was vir drie jaar student in die Plantkunde Departement aan die Universiteit van Pretoria en het aan die einde van 1944 met sukses die B.Sc.graad behaal met plantkunde en dierkunde as hoofvakke.

    Gedurende 1945 het hy opgetree as demonstrateur by die praktiese klasse in eerste jaar plantkunde. Daarby het hy bevredigende werk gelewer.

    Mnr Landman is stil van geaardheid maar hy is hardwerkend, pliggetrou en eerlik van karakter. In sy studies en as demonstrateur kon ons altyd op hom staatmaak.

    Ek is oortuig dat hy as onderwyser in alle opsigte sal voldoen aan die eise wat aan hom gestel mag word.
    M G MES

Na Universiteit Pretoria, Deel 2