Biografie
Professor W A Landman


Inhoudsopgawe
Opleidingsinrigtings
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 1)
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 2)
Afrikaans Hoër
Seunskool
Normaalkollege
Pretoria
Laerskool
Witfield
(Deel 1)
Laerskool
Witfield
(Deel 2)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 1)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 2)
Hoërskool
Goedehoop
Laerskool
Fleur
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 1)
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 2)
Universiteit van
Port Elizabeth
Die Universiteit van
Suid-Afrika
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 1)
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 2)
Universiteit
Vista
Onderwyskollege vir
Verdere Opleiding
Universiteit van
Pretoria
(Deel 1)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 2)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 3)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 4)


HOOFSTUK 12
DEEL 2

VERBINTENIS MET TEGNIESE KOLLEGE
VERWOERDBURG

  1. VOORWOORD : JAARVERSLAG 1995

    Die Jaarverslag 1995 van Tegniese Kollege Verwoerdburg, bevat die Voorwoord van die Prinsipaal, mnr G S Maré wat 'n duidelike oorsig gee :

    In September 1995 word Tegniese Kollege Verwoerdburg die Centurion Kollege. Vanaf die Kollege se ontstaan in 1937 het die naam om verskeie redes met byna vaste reëlmaat verander om by die veranderende missies aan te pas. Waarskynlik was die verandering na Centurion Kollege finaal omdat dit tans 'n eie gevestigde identiteit het en daar geen twyfel meer bestaan oor waarheen daar met die Kollege op pad is nie. Daar kan voorwaar met vrymoedigheid gesê word dat die Kollege dinamies en by die gemeenskap betrokke is. Die aanvang van die akademiese jaar in 1995 is begroet met 'n verrassende groei in studente-inskrywing. Daar moes baie vinnig 'n plan gemaak word om die studente te plaas en danksy die ervare personeel het alles gou en glad verloop.

    Sowel die Ingenieurstudies, die Sakestudies en die werkwinkels kon met dankbaarheid verneem van die oud-studente wat reeds op verskillende gebiede en in senior posisies besig is om hulle merk te maak. Die hoë standaard beroepsonderwys wat aangebied word voldoen aan die vereistes in die sakewêreld en die studente kom al meer in aanvraag.

    Wat die werkwinkelopleiding betref word die aanvraag so hoog dat daar reeds 'n nuwe werkwinkel gebou moet word en is daar hard gewerk om optimale benutting van die beskikbare ruimtes te kry. Die Opleidingsraad van die Metaalnywerheid, die grootste opleidingsraad in die land, het reeds alle opleiding waarby hulle belang het, geakkrediteer. Daar word gewag op die finale beslissing deur die Motor Industrieë Federasie se Opleidingsraad en indien die motoropleiding deur hulle geakkrediteer word sal die studente vir alle praktiese opleiding volle erkenning kry.

    Dit is 'n besondere mylpaal om die eerste Kollege te word om volle akkreditering vir praktiese opleiding te verkry. Met die bouprogram wat aan die gang is word die ou opslagklaskamers vervang met groot permanente klaskamers ooreenkomstig 'n meestersplan en daarmee word die geloof en vertroue in die toekoms van ons land duidelik gedemonstreer. Deur die stigting van enkele komitees is 'n begin gemaak om die gemeenskapsleiers te nooi om met die toekomsbeplanning te help. Hiermee wil die Kollege graag die boodskap oordra dat hy niks anders wil wees nie as 'n Kollege in diens van die gemeenskap van Centurion.

    G S MARé
    PRINSIPAAL

  2. PROF W A LANDMAN
    Voorsitter van Die Kollegeraad sedert 1981

    BOODSKAP

    Persone met toepaslike tegniese opleiding vorm die ruggraat van die land, want sonder hulle sal groot sektore van die nywerheids, verdedigings- en talle ander bedrywighede lam gelê word. Die Tegniese Kollege Verwoerdburg het deur sy hele ontwikkeling oor die afgelope vyftig jaar met trots en besonder groot sukses bouwerk aan hierdie ruggraat gedoen en kan dus met reg daarop aanspraak maak dat voortreflike landsdiens verrig is en steeds in die toekoms die doelwit sal bly.

    Toekomstige ontwikkeling sal hoofsaaklik bestaan uit volgehoue modernisering van leerplanne deur wetenskaplik verantwoorde kurrikulumontwikkeling. Daar sal steeds met entoesiasme voortgegaan word om standaarde te verhoog en om die beroepsgerigtheid van alle kursusse te verskerp. Nog 'n doelwit vir die toekoms is die geleidelike opgradering van nie-formele kursusse om die beroepsbetekenis daarvan te verhoog. Ook sal daar in 'n toenemende mate aandag gegee word aan interne sertifisering wat vir die gebruikers van tegniese kollege-onderwys aanvaarbaar sal wees.

    Met dankbaarheid word daar hulde gebring aan kollegerade, prinsipale en personeel wat oor 'n halwe eeu onbaatsugtige deskundige diens gelewer het om die Tegniese Kollege Verwoerdburg tot 'n waardige naskoolse opleidingsinrigting uit te bou.

    Increasing levels of technology at the work-place have led to greater demand for technically trained workers - today's students of the Verwoerdburg Technical College.

    There remains a certain negative stigma attached to vocational-technical education; en academic orientation usually carries more prestige and status as far as students and parents are concerned. The Verwoerdburg Technical College noted progress in this area, however, especially because of a better integration of education and skill training.

    At the Verwoerdburg Technical College positive and direct actions are being taken for the resolution of many problems that technical education faces.
    (Uit : Jaarverslag 1995)

  3. 1989
    TEGNIESE KOLLEGE VERWOERDBURG - SKILD

    Prof W A Landman 23-03-1989
    Eretoekenning vir die bevordering van Tegniese Onderwys

  4. 1993

    Verwoerdburgnuus, September 17, 1993: Geliefde Professor groet na 12 jaar

    Prof W A Landman (70), die afgelope twaalf jaar Voorsitter van die Verwoerdburg Kollegeraad en 'n kampvegter vir beroepsonderwys, lê einde vandeesmaand die tuig as voorsitter neer.

    Mnr Gerhard Lourens, bekende Verwoerdburger wat onder andere ook voorsitter van die Gemeenskapskas is, gaan sy rol oorneem.

    Prof Landman moet aftree weens 'n klousule in die Wet op Tegniese Kolleges (Wet 104 van 1989) wat bepaal dat niemand ouer as 70 op 'n Kollegeraad mag dien nie.

    Mnr Gawie Maré, prinsipaal van die Tegniese Kollege, sê prof Landman is 'n geliefde man wat 'n groot indruk maak op almal met wie hy in aanraking kom.

    "In die twaalf jaar wat hy voorsitter was, het hy ook nooit 'n raadsvergadering misgeloop nie."

    Prof Landman, tans navorser, Fakulteit Opvoedkunde aan UNISA, was ook 26 jaar lank voorsitter van Hoërskool Verwoerdburg se Beheerraad.

    Hy sê hy het gesien hoe die Kollege die afgelope twaalf jaar gegroei het. "Die verhouding van siviele- en weermagstudente in Ingenieurstudies het ook van 20% na 80% sivielestudente omgeswaai."

    Mnr Lourens, wat al vyf jaar aan die Kollege verbonde is, hoop om op prof Landman se voorbeeld voort te bou.

    "Ons gaan poog om nouer samewerking tussen die kollege, gemeenskap en sakesektor van Verwoerdburg te bewerkstellig" sê hy.

    Volgens hom is nog 'n voorbeeld van die Kollege se groei die feit dat hulle in 'n Internasionale beroepsonderwyspublikasie genoem word.

    'n Meesterplan vir die skepping van 'n eie kampusidentiteit is reeds ontwikkel. Volgens mnr Lourens sal die geriewe by die Kollege ook opgegradeer word.

  5. GELEENTHEIDSPREKER : MERIETEPLEGTIGHEID

    Tegniese Kollege Verwoerdburg

    25 Maart 1994

    Prof W A Landman
    Krugerlaan 88
    LYTTELTON MANOR 0157

    GELEENTHEIDSPREKER : MERIETEPLEGTIGHEI 1994

    Namens die Kollegeraad, Prinsipaal en personeel van die Kollege wil ek u weer eens van harte bedank dat u, desondanks u druk werkprogram, as geleentheidspreker opgetree het tydens die Kollege se jaarlikse merieteplegtigheid gehou op 18 Maart 1994.

    U gepaste en relevante rede het in duidelike terme die realiteite en die eise van die huidige situasie asook die veranderende realiteite en eise van die toekoms uitgespel ten aansien van die versoening van formele met informele opleiding en om vir alle landsburgers beroepsonderwys beskikbaar te stel met die doel om verworwe kennis en vaardighede tot die land se voordeel aan te wend. U begripsverhelderende toespraak en die toespitsing op die essensiële ten aansien van die uitdagings van die toekoms het beslis baie stof tot nadenke gelaat. Wees ook verseker dat u en mev Landman se teenwoordigheid tot die luister van die geleentheid bygedra het.

    Nogmaals ons dank en waardering.

    Met agting
    G M LOURENS
    VOORSITTER : KOLLEGERAAD

  6. KOLLEGE OPEN SAAL

    Tydens die onlangse Merieteplegtigheid van die Verwoerdburg Tegniese Kollege, het die geleentheidspreker, prof W A Landman, gesê dat die ruggraat van die land uit tegnies- en sake-opgeleides bestaan.

    Volgens prof Landman sal Suid-Afrika in 'n moeras van middelmatigheid vasval indien hierdie ruggraat op een of ander wyse verswak word. Hy het ook gesê: "In dié verband sal dit goed wees as daar in die toekoms na die volgende sake indringend gekyk word.

    "Die naam 'tegnies' in die Kollegebenaminge. Daar is nog te veel mense (in alle bevolkingsgroepe) wat tegniese sien as blote 'tek'. Meer klem moet gelê word op die feit dat die tegniese kollege 'n besondere plek vir suksesvolle beroepsopleiding, en dus vir die opleiding van intelligente beroepsbeoefenaars is."

    Prof Landman het ook gevra of die toelating tot tegniese (beroeps-) kolleges, nie eerder van st 7 tot st 4 verlaag moet word nie.

    Volgens prof Landman moet die studente mobiliseer om die beroepskolleges te bemark. Afgestudeerde studente, veral die wat meriete-toekennings ontvang het, is die beste bemarkers wat 'n kollege kan hê. Die studente moet in die verskillende gemeenskappe waarin hulle woon en werk, die betekenis en waarde van beroepsopleiding bekend stel.

    Daar moet ook aanmoediging aan dogters gegee word om tegnies opgelei te word.

    In hierdie verband is die grootste struikelblok baie meisies se opvatting oor Wiskunde wat reggestel moet word. Dogters moet ondersteun word om die wiskundige talente wat hulle besit besonders te waardeer en te ontwikkel."

    Laastens het prof Landman sy begeerte uitgespreek dat die Tegniese Kollege Verwoerdburg van krag tot krag sal gaan en sy onmisbaarheid vir die nuwe Suid-Afrika sal toon.

  7. DANKIE-SÊ

    Centurion Kollege

    28 Junie 1999

    Prof W A Landman

    Professor

    GELEENTHEID : OM NA 35 JAAR EN SES MAANDE DANKIE TE SÊ

    Dit is vir my 'n baie besondere voorreg om u en tannie Rachel na 'n geleentheid in die kollegesaal, op 30 Julie om 18:30 vir 19:00 te nooi.

    U het nie net aan die gemeenskappe waarby u betrokke was 'n onmeetbare diens gelewer nie, maar baie indiwidue getuig ook oor hoe hulle deur hulle kontak met u verryk is. Op die 30ste Julie wil ek graag aan u en tannie Rachel dankie sê vir u bydrae om ook ons gesin se lewens te verryk. U was altyd vir my persoonlik die uitstaande rolmodel en u het die gawe om my te laat voel dat ek meer kan en behoort te doen.

    U bydrae tot die funksionering van die Kollege het op 'n tyd gekom toe kundige leiding 'n absolute vereiste was. Die wyse waarop u die Raad gelei het was die rede waarom die Kollege tydens u termyn van krag tot krag kon gaan. Ek is dankbaar om te getuig dat dit vorentoe, danksy die fondament wat gelê is, 'n onskatbare bydrae gaan lewer in die gereedmaking van ons jong mense vir hulle beroepslewe en ook tot hulle totale menswees.

    Groete

    G S MARÉ
    REKTOR

  8. JUBILEUMBLAD : TEGNIESE KOLLEGE VERWOERDBURG
    SAVTBO Junie 1988

    PERSONALIA : SAVTBO, JUNIE 1988

    Prof W A Landman, Voorsitter van die Kollegeraad, links op die foto, ontvang 'n spesiale hardebanduitgawe van die Kollege se Jubileumblad ter viering van die Kollege se vyftigjarige bestaan In 1987 van mnr J Smit, Prinsipaal van die Kollege


  9. REKENAARSENTRUM

    Die Tegniese Kollege Verwoerdburg beskik oor 'n moderne rekenaarsentrum waar studente opleiding van hoogstaande gehalte ontvang.

    Die Rekenaarsentrum

    Van links is mnr G M Lourens, bekende sakeman en raadslid, Prof W A Landman, bekende opvoedkundige en voorsitter van die Kollegeraad, mnr R M Coode, senior adjunk-prinsipaal en mnr G S Maré, waarnemende prinsipaal


  10. CENTURION KOLLEGE: REKTORSTROFEE

    Die Rektor, mnr G Maré, oorhandig die Rektorstrofee aan prof W A Landman
    April 1999