Biografie
Professor W A Landman


Inhoudsopgawe
Opleidingsinrigtings
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 1)
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 2)
Afrikaans Hoër
Seunskool
Normaalkollege
Pretoria
Laerskool
Witfield
(Deel 1)
Laerskool
Witfield
(Deel 2)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 1)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 2)
Hoërskool
Goedehoop
Laerskool
Fleur
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 1)
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 2)
Universiteit van
Port Elizabeth
Die Universiteit van
Suid-Afrika
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 1)
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 2)
Universiteit
Vista
Onderwyskollege vir
Verdere Opleiding
Universiteit van
Pretoria
(Deel 1)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 2)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 3)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 4)


HOOFSTUK 5
DEEL 2

VERBINTENIS MET
LAERSKOOL WITFIELD

    23 Januarie 1940: Ons eerste projektor vertoning.

    6 Mei 1941: Uit : Geneeskundige ondersoek : "Die skoolgebou word op die oomblik skoon en reg gemaak, maar dit bly 'n Knapp-gebou en is as sulks onwenslik."

    10 Mei 1941: Vandag is die telefoon in die skool geïnstalleer.

    8 September 1941: Uit: Rapport van Inspeksie: "Hierdie skool het 'n inskrywing van 235 - Die klasse 'rangeer' vanaf Graad 1 tot standerd VI. Die skoolgebou (Knapp) is onlangs opgeknap en sien daar bevredigend uit. Die terrein is nou omheim en sierlik verfraai met bome, blom- en rotstuine en klastuintjies."

    Die hoof wat voor 'n klas staan, oefen genoegsame toesig en kontrole uit. Hy en sy staf het eer van hul werk. Die toon en dissipline is goed."

    20 Januarie 1942: "Daar is 40 nuwe leerlinge toegelaat. Aantal op register 250."

    6 Augustus 1943: "Inspekteur Lighton bring 'n vlugtige besoek aan die skool om die nuwe hoof te verwelkom. Die Skoolkommissie is ook hier om die nuwe hoof te ontmoet."

    8 Mei 1945: "Op instruksies van die Skoolraad het ons vandag om 10 uur vm gesluit; die rede vir hierdie vakansiedag is, omdat die oorlog in Europa beëindig is. More 9 Mei 1945 is die offisiële vakansiedag vir die vrede."

    6 Augustus 1945: "Vir die eerste maal in die geskiedenis van die Witfieldskool het ons die 300 merk oorskry. Ons getalle staan op 304 leerlinge."

    27 September 1945: "Na 'n beroep op die kinders om geld in te samel vir die TO-Hollard-Noodhulpfonds, het hulle, saam met die staf die aansienlike sommetjie van £52-4-8 byeengebring. Die TO se hoofsekretaris mnr Hattingh, was persoonlik hier om die geld te ontvang. Hy het ook die kinders toegespreek."

    13/14 Maart 1945: Uit : Rapport van Inspeksie: "Die hoof maak deur sy bekwame optree binne sowel as buite die skool 'n baie gunstige indruk. Hy geniet die hartelike en lojale samewerking van elke lid van die staf, van wie hy dan ook die beste gebruik maak en aan wie hy besliste leiding gee." "Deur die hou van gereelde oueraande streef hy daarna om die bande tussen skool en huis nouer toe te haal. "Algemeen: Dis 'n inrigting waar opvoeding en onderwys, gesteun deur 'n vriendelike toon en voorbeeldige orde hand aan hand gaan. Getal op rol 285."

    31 Januarie 1946: "Ons getalle vandag 316."

    4 Februarie 1946: "Mnr Landman vandag hier om addisionele pos tydelik te vul".

    21 Januarie 1947: "Sover is 62 leerlinge ingeskryf wat ons getal nou op 336 bring."

    25 Maart 1947: "Die Burgemeester en Burgemeesteres vandag hier om medaljes in verband met koninklike besoek aan die kinders te oorhandig."

    2 April 1947: "Vanaf 10:15 is die skool na Boksburg om die Koninklike optog te besigtig. Terug om een uur.

    Aantekening : Ek (W A Landman) vra en kry toestemming van die hoof om nie die uitstappie mee te maak nie, aangesien daardie persoon nie my koning is nie! Pas die leerlinge op wat nie deur hulle ouers toegelaat is om die optog te besigtig nie.

    27 Mei 1947: Uit: Rapport van Inspeksie. "Goeie metodes word dwarsdeur die skool toegepas en die hoof gee die nodige leiding deur gereeld die klasse te besoek. In die hoër omvang word daar met 'n groot mate van ywer en belangstelling gewerk, alhoewel dit soms, en dit geld veral vir die jong onervare leerkragte betref, aan oorleg ontbreek."

    "Algemeen: Die personeel gee bewys van belang en ywer in hul optrede en die samewerking tussen hulle en die hoof is dan ook van die beste. Die leerlinge is beleefd en gee die indruk dat hulle trots op hul skool is. Die algemene indruk van hierdie inrigting is baie gunstig. Getal op rol 330."

    5 Augustus 1947: "Inspekteur Griffith en Jandrell vanoggend hier in verband met mnr W A Landman se kontrak."

    21 Januarie 1948: "Die std 6 leerlinge word vanjaar verwyder en std V is nou die hoogste klas."

    27 April 1948: "Die skool heropen vandag op instruksies van die Departement. Die skole moes op 6 April begin, maar weens die kinderverlammingepidemie was die skole gesluit tot 27 April."

    25 - 29 April 1949: Uit Rapport van Inspeksie. "Tans is daar 376 leerlinge. Die gebou het te klein geword en daar is onlangs 'n ruim kunsvlytklaskamer aangebou wat as klaskamer gebruik word. (Aantekening deur mnr Landman). "Die personeel is 'n gebalanseerde span en daar word doelbewus tewerk gegaan. Die onderwysers weet wat hulle wil hê en doen hulle bes om dit te verkry ... Die kinders is skoon, net en baie beleefd. Hulle skoolbesoek is goed en die aanduidings is dat daar 'n groot mate van belangstelling in hul werk is. Die gees wat hier heers is baie aangenaam. Getal op rol 376."

    14 Desember 1950: "Die skool sluit vandag vir die Kersvakansie. Waar die Hoof na elders vertrek neem die vise-hoof, mnr Viljoen oor. Mnre Puth en Landman, asook mev Spruyt, sal ook nie weer aanstaande jaar hier wees nie. Alle offisiële stukke is aan mnr Viljoen oorhandig."
    Geteken C F J Botha 14 Desember 1950.

    OPMERKING

    Mnr C F J Botha is 'n professionele leier wat veral blyke gegee het van:

    1. Pedagogies en didaktiese leiding aan sy personeel op 'n wyse wat lei tot effektiewe onderrig terwyl die personeel lojaal aan hom bly.

    2. Bestuursvernuf waarby die Onderwysdepartement baat en hulle hom vertrou om die belange van die Departement te behartig.

    3. Sensitiwiteit vir kulturele aangeleenthede wat bygedra het tot verfyning van die skoolaktiwiteit.

    4. Mobilisering van aktiwiteite wat kinderwelsyn en kinderbelange bevorder.

  1. 'N GETUIGSKRIF

    Die volgende getuigskrif bevat 'n samevatting van die aktiwiteite waarmee ek (W A Landman) my besig gehou het tydens my arbeidstydperk aan Witfieldskool:

    Getuigskrif 14 Junie 1950 : Mnr C F J Botha

    Mnr W A Landman is personeellid van hierdie skool. Ek kan met vrymoedigheid konstateer dat gedurende sy dienstyd alhier, hy die volgende aangeleenthede aan die dag gelê het:

    Hy is 'n persoon by wie sy taak 'n saak van erns en pligsgetrouheid is. Degelikheid en entoesiasme daarby, maak dit vir my aangenaam om hom te bestempel as een van my beste leerkragte.

    Offervaardigheid, gewilligheid en aangenaamheid van persoon het ons samewerking besonder intiem en aangenaam gemaak.

    Hy het met pligsgetrouheid en degelikheid die Spaarbank by ons skool waargeneem, asook die kontrole en uitgee van tydskrifte behartig.

    Hy is my staatmaker wat voorraad en rekwisisies betref.

    Sy biblioteek-kontrole en metodes om die moeilike aspek te behartig is prysenswaardig. Onder sy belangstellingde medewerking ressorteer die volgende:

    Projektorwerk, toesig oor buskinders na skool, notuleerder van stafvergaderings, beampte by die jaarlikse sportbyeenkkomste.

    Hy het 'n pragtige museumversameling opgebou in sy klas.

    Sy algemene klaswerk is puik en hierby moet gemeld word dat hy deur ywerige navorsingswerk 'n verhandeling oor musiekteorie opgestel het wat ons dwarsdeur die skool met goeie gevolg gebruik.

    Hy stel baie belang in afrigting van sport, afrigting vir Kunswedstryde en dramatiek.

    Hy is 'n veelsydige en degelike persoon en bepaald 'n aanwins vir enige skool.

    WITFIELDSKOOL
    C F J BOTHA
    14 Junie 1950

  2. HANDBOEK : SKOOLMUSIEK

    Die volgende brief van 'n musiekonderwyseres sê alles:

    Goedehoop Hoërskool
    GERMISTON
    30 Januarie 1950

    Beste mnr Landman,

    Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om u baie hartelik te bedank vir die boek oor musiekonderrig in skole, wat u aan my gestuur het.

    Ek het baie van u boek gebruik gemaak as handleiding, veral vir teorie- en musiekwaardering periodes. Dit verryk ongetwyfeld die kennis oor musiekinstrumente, slagorkes, begeleidende musiekplate, ens.

    So baie keer het ek al 'n orkes hoor optree, maar as ek self dit moes afrig, sou ek sonder u handleiding verlore gewees het.

    Wat ek veral baie nuttig gevind het, was u verwysings na geskikte musiekplate.

    Nogmaals baie dankie vir die waardevolle geskenk, wat ek persoonlik altyd sal van gebruik maak by musiekonderrig.

    Met beste wense
    P J MARASAS

  3. ROBIN HOOD

    Die St 4-klas voer ROBIN HOOD op
    Mnr Landman agter in die middel

    Robin Hood se mense
    kruis swaarde

    Robin Hood span sy boog

  4. 1997 : 75-JAAR REUNIE : UITNODIGING

    LAERSKOOL WITFIELD

    22 April 1922 - 22 April 1997
    75 jaar Reunie

    Prof W A Landman en gade

    Op 7 Maart van hierdie jaar
    Wil ons hê u moet u by ons skaar
    Om 7 uur die aand in DIE SKOOL SE SAAL
    Gaan ons al die verlore tyd inhaal

    Die geleentheid is 'n FORMELE ETE
    U is vir ons nog nooit vergete
    Al die PERSONEELLEDE van TOEKA tot NOU
    U het tog almal aan ons skool help BOU

    Kom kuier, gesels en deel in jolyt
    Bly u weg is u later dalk spyt
    Ons sien uit daarna om weer te ontmoet
    Die vreugde van weersiens, doen tog net goed

    OPMERKING : Ek (W A Landman) kry geleentheid om as oud-personeellid waardering vir dit wat in die verlede gedoen is, en ook goeie wense vir 'n sinvolle toekoms uit te spreek.

    BESONDERE HERINNERING : Ek vra die vraag:
    Wat is die mooiste musiek op aarde?
    Antwoord : Daardie besondere geluid wat die handvatsel van 'n melkkan maak, veral as jy honger is en jy weet dat daardie melkkanne heerlike, voedsame sop bevat wat met moeite en entoesiasme deur Dawid, die Skoolkok, voorberei is.