Biografie
Professor W A Landman


Inhoudsopgawe
Opleidingsinrigtings
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 1)
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 2)
Afrikaans Hoër
Seunskool
Normaalkollege
Pretoria
Laerskool
Witfield
(Deel 1)
Laerskool
Witfield
(Deel 2)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 1)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 2)
Hoërskool
Goedehoop
Laerskool
Fleur
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 1)
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 2)
Universiteit van
Port Elizabeth
Die Universiteit van
Suid-Afrika
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 1)
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 2)
Universiteit
Vista
Onderwyskollege vir
Verdere Opleiding
Universiteit van
Pretoria
(Deel 1)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 2)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 3)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 4)


HOOFSTUK 2
Deel 1

VERBINTENIS AAN
LAERSKOOL OLIFANTSFONTEIN

Inleiding

Inhoudsopgawe

  1. OLIFANTSFONTEIN : DIE PLEK
    1.1  Magnificent Clay
    1.2  Twee belangrike opmerkings

  2. MY OUERS
    2.1  49 Jaar langdienstoekenning : (Vader : C J Landman)
    2.2  Ouers : 60 jaar huweliksherdenking
    2.3  Afsterwe van vader

  3. OLIFANTSFONTEIN : DIE LAERSKOOL
    Uit die skooljoernaal

  4. VERDERE VERBINTENISSE MET OLIFANTSFONTEINSKOOL
    4.1  Kultuurlewe
    4.2  Getuigskrif Mnr C A Pienaar
    4.3  Ds C F B Naude

  5. VERJAARSDAGVIERINGE
    5.1  Vyftigjarige bestaan
    5.2  Driekwarteeufees
    5.3  Verdere verloop
    5.4  Tussen stasies

  6. TWEE JONG ONDERWYSERS VERKEN SUID-AFRIKA


  1. OLIFANTSFONTEIN : DIE PLEK

    (16 myl [26 km] Suid van die Pretoriase Kerkplein)
    In die boek : Thomas Major Cullinan. A Biography by Nigel Helme. McGraw-Hill Book Company Johannesburg 1974, word kortliks soos volg verwys na Olifantsfontein waar ek op 27 Junie 1923 gebore is (bls 121- 125):

    1.1  Magnificent Clay

    "THE CLAY PIT has been opened up and presents a face roughly 130 feet long and 50 feet deep, revealing a truly wonderful deposit of magnificent clay." So wrote P E Treeby in November 1903 when he was describing the

    Conrand-fabriek, Olifantsfontein

    clay deposit at Olifantsfontein, which was then little more than a farm on the railway line between Johannesburg and Pretoria. He was writing as managing director in the first annual report of Tom's company, the Consolidated Rand Brick, Pottery and Lime Company, hereafter referred to simply as Conrand. Samples of the clay deposit had just been analysed by two experts in Berlin.

    By September 1902, when Conrand's Prospectus was issued, an excellent deposit of fire clay, covering an area of at least 80 hectares, had been proven to a depth of 16 metres at Olifantsfontein.

    CONRAND, AT ITS INCEPTION, had two operating plants: a brick and pipe making plant at Boksburg and a limeworks at Olifantsfontein, with its head office in Johannesburg. It also had, at Olifantsfontein, a top quality fire clay deposit and a lease, with the right to purchase, over 1 900 hectares of valuable undeveloped land.

    On December 3, 1906, plans went ahead for the establishment of a pottery works at Olifantsfontein, involving the employment of skilled immigrants from Britain.
    Bls 134 - 139.
    From 1909 to the outbreak of the First World War in August 1914, the company continued to struggle slowly and painfully towards profitability.

    A reporter who visited Olifantsfontein at that time, 1910, called it "the bleakest place in Africa". There were then very few trees, and when the Highveld wind blew, as it often did, the dust-laden atmosphere must indeed have presented a depressing picture. The thousands of eucalyptus trees planted by Sir Thomas have since then done much to improve living conditions near the works.

    Motoring, whether to Johannesburg or to Pretoria, was an adventure in avoiding deep potholes, boulders and impressive dolomite outcrops in the middle of the roads.

    There were 27 Europeans in 1919. Products from the works were sold not only in the Union, but also north of the Limpopo, in the Rhodesias and Mozambique.

    By 1931, Cullinan Trust Limited had been formed and in this year it purchased Sir Thomas's 99.4% shareholding in Conrand, at a time when the company was struggling through the years of world economic depression. Profits were affected seriously during the depression, but only for a short while; in 1935 they rose to £27 824 from the previous year's £4 879, and in the following year, 1936, they more than doubled.

    In July 1936, the company's first dividend was declared.

    1.2  Twee belangrike opmerkings

    1.2.1  Opmerking 1

    Sover ek kon aflei uit gesprekke was my vader heelwaarskynlik een van die 37 blankes in 1919. Hy was vanaf sy sestiende lewensjaar verbonde aan die 'pipe-department' waar hy algaande gespesialiseer het in die manuele (hand)-vervaardiging van S-pype. 'n S-pyp is die eerste pyp in 'n dreineringstelsel, wat nie deur 'n masjien vervaardig kon word nie.

    1.2.2  Opmerking 2

    Pragtige, manjefieke klei was dus die bestaansrede van die Landmans van Olifantsfontein. Mettertyd het daar 'n verwondering oor, bewondering van en dankbaarheid teenoor daardie klei van die aarde ontwikkel wat later geleidelik kon ontwikkel in 'n respek vir die aarde, wat nog later kon gedy tot 'n agting vir werklikheidgetrouheid (in die wyse van wetenskapsbeoefening).

  2. My ouers


2.1

Cullinan Refractories Limited recently presented gold Watches to 26 of its employees who had completed 25 years or more with the company. The combined service of employees so honoured comes to 893 years. Here Mr Douglas Cullinan, Managing Director presents a watch to Mr C J Landman, A clayworker with 49 years' service. Mr Cullinan himself has been 39 years with the firm

2.2

Willem, Ouma, Oupa, Rachel
Met my ouers se 60ste huweliksherdenking

Ek oorhandig 'n Bybel aan my ouers vir hulle 60ste huweliksherdenking

Ek en my moeder (93 jaar oud). Sy is op 7 Julie 2006, drie maande voor haar 102de verjaarsdag oorlede

    2.3  Afsterwe van Vader

    15 Januarie 1978 (82 jaar, 4 maande, 32 dae)

    Uit begrafnisbrief: "Sy lewe was altyd vir ons 'n sieraad en sy voorbeeld het ons na die Here Jesus verwys.

    Ons dank die Here vir 'n vader wat voetstappe nagelaat het, waardig om na te volg."

  1. OLIFANTSFONTEIN : DIE LAERSKOOL

    Die skool is gestig in die jaar 1913. Geen amptelike dokumentasie tussen 1913 en 1925 kon opgespoor word nie. Besondere pogings wat deur een van die skoolhoofde, mnr C N Kruger aangewend is, het niks opgelewer nie.

    Vanaf 1922 het die Skooljoernaal onder andere die volgende noemenswaardighede opgelewer:

    Januarie 27, 1925; "School opened after Christmas holidays. Present M O van Schalkwyk, M Gunning and 39 scholars."

    15 Junie 1925 Rapport van Inspeksie
    Olifantsfonteinskool. Pretoria Distrik Skoolraad

    "Daar is 'n goeie onderwyserswoning en skool. Die speelgrond is ruim. Die toestand hier is grotendeels 'n gevolg van die omstandighede. Die gemengde skoolbevolking was die aanleiding hier, dat ons met al twee die tale gelyk begin het. Vandat die kinders, op 'n enkele uitsondering na almal Afrikaanssprekend is, moet in die toekoms die medium van onderwys Afrikaans wees. As die onderwysers dan ophou gedurende die Engelse les Afrikaans en gedurende die Afrikaanse les Engels te praat, sal die resultate van die Onderwys in altwee die tale beter word. Die onderwysers is ywerig en aktief. (Mej Gunning)."

    "Mev van Schalkwyk het die beoogde klasse standerds II, III en IV. Die werk in hierdie klasse is goed en deeglik - bv die skriftelike werk is buitengewoon mooi en net".

    16 Junie 1925 : Mr Klooster (Inspekteur) has condemned the two seats and desks in one. Dr Leipoldt also condemned them years ago. So I shall put them outside for the children to use."

    November 25, 1926 : "These (noem name) children lie far away, and their parents have asked me to send them home whenever I see we are going to have rain."

    December, 6, 1926 : "The rain came down in torrents from 1:45 p.m."

    "They live at Pinedene Spruyt. They come to school in a little cart drawn by a donkey. Now that the roads are wet and heavy they do not get to school until about 8:45 a.m. So we usually open school as soon as they arrive."

    May, 14, 1927 : "The 2 school desks and seats in one which were condemned by Mr Klooster and Dr Leipoldt, and which were used outside for a few weeks, has been used by me as fire wood."

    July 26, 1927 : "It rained very heavily through the night and also the morning - so I daresay the children dit not come to school on account of the wet weather."

    Jan, 17, 1928 : "School opened after Summer vacation. Present Miss Scott, Mrs van Schalkwyk and 29 scholars."

JUNIOR AFDELING VAN LAERSKOOL OLIFANTSFONTEIN

RAPPORT VAN INSPEKSIE 17 APRIL 1928

"Dis 'n uitstekende gebou en dit word in orde gehou. Daar word ook baie goed gesorg vir die terrein en buitegeboue. Die banke is van die ou soort, maar is van eikehout en baie sterk en geskik vir verdere gebruik."

October 9, 1928 : "Miss H Loubser assumed duty as temporary assistant today."

Jan 17, 1929 : "School opened after Xmas holidays. Present : Mrs van Schalkwyk, Miss Loubser and 25 scholars."

Feb 5, 1929 : "Owning to heavy rains the attendance was very poor."

March 28, 1929 : 24 scholars.

April 9, 1929 : 26 scholars.

JANUARY 1930
(Dit is die jaar wat ek, Willem Landman, ingeskryf het vir Graad i en waarin ek ook Graad ii voltooi het).


1930

Alida en Willem Landman

1931

Willem, Alida en Annie landman

Jan 23, 1930 : School opened after Xmas holidays. Present Mrs van Schalkwyk, Miss Loubser and 27 scholars.

Rapport van Inspeksie, 11 Maart 1930, mnr Stephen

"Dis 'n uitstekende gebou en die hoofgebou sowel as buitegeboue word skoon en netjies gehou." Mej Laubscher (let op spelling) is verantwoordelik vir die laer afdeling wat bestaan uit vyftien leerlinge in die grade en standerd I. Daar word baie goeie vordering in al die vakke gemaak en mej Loubscher moet gefelisiteer word met die resultate wat behaal is."

(Ek het blykbaar baie goeie basiese onderwys ontvang al was dit in 'n groepklas).

"Mev van Schalkwyk is al 'n hele paar jaar verantwoordelik vir hierdie skool en dit sal 'n verlies vir die Departement wees as sy aftree volgens regulasies aan die einde van die jaar."

July 30, 1930

"School opened after June holidays. Present Mrs van Schalkwyk, Miss Loubser (let op spelling!) and 25 scholars."

December 12, 1930

"School closed for December holiday. 31 Scholars".

10 Januarie 1931 : Mnr F J le Roux het vandag hier werksaamhede aanvaar. Mej Laubscher (spelling) was ook op haar pos. Hier was 30 leerlinge."

(Ek is in std I by die bekwame mej Loubser).

Uit Rapport van Inspeksie, 25 Februarie 1931

"Die skoolgebou sien daar netjies uit en die meubels wat al jare dien is goed bewaar."

"Daar is 34 leerlinge waarvan 7 Engelssprekend is."

"Die hoogste klas is std IV maar daar skyn geen rede te wees dat die skool nie standerds 5 en 6 sal insluit nie."

"Mnr le Roux is pas hier aangestel en gee les aan die hoëromvang en alhoewel dit te vroeg is om op resultate te beoordeel, skyn hy 'n flinke vakman te wees."

"Leie moet geleidelik afgeskaf word sodat dit moontlik sal wees om al die skriftelike werk van al die leerlinge te kan nagaan om die vordering wat gemaak is, te kan merk."

"Leerlinge moet aangemoedig word om hulle eie versamelings en proefnemings te maak."

27 Maart 1931

"Die skool sluit vandag met 34 leerlinge. Mnr le Roux is nou permanent as hoof hier aangestel."

30 September 1931

Mnr F J le Roux skryf : "Ek lê hier my pligte neer vir hierdie jaar altans.'n Tydelike hoof sal my pligte hier waarneem, want ek gaan op verlof. Hoewel op verlof sal ek gedurende die tydperk vernaamlik tydens eksamen, die skool besoek om sodoende ekstra werk te verrig!".

9 Oktober 1931 : Mnr van Groningen skryf : "Was vanaf 7 Oct aangestel as waanemende hoof. Het die skool in uitstekende orde gevind."

19 Januarie 1932 (Mnr le Roux terug)

"Daar is nou 42 kinders op die rol."
"Gedurende die afgelope vakansie is elektriese ligte in die skool aangebring. Mnr Cullinan, die bestuurder van die fabriek hier, het ook mild bygedra tot dekking van die koste."

Rapport van Inspeksie : 20 September 1932

"Die gebou is baie netjies gehou. Aantal op register 40."

Substanders en standerd I. "Die Engelse leesboek van standerd I gee nie veel nie, die kinders ken dit al van buite. Die hoof en die hulponderwyseres (mej Fairsh tydelik in die plek van mej Loubser) stel belang in hulle werk."

(Ek, W A Landman, is in std II en die onderrig, behalwe Engels lees, is bevredigend).

9 November 1932

"Vandag het die kinders hulle blombeddings besaai. Ons moes so lank wag vanweë die reën wat vanjaar so lank wegbly."

19 Januarie 1933

(Ek is nou in Std II). Die hoof is verantwoordelik vir Standerds 2,3,4,5 en 6). Dit is bykans onmoontlik om in so 'n groepklas behoorlike onderrig te gee!).

30 Junie 1933

Die skool sluit vandag met 48 kinders.

4 Augustus 1933

Mnr van Groningen neem weer waar as hoof. Die rede is nie duidelik nie. Op 15 Oktober 1933 skryf mnr F J le Roux: "Gedurende die tyd wat 'n sekere van Groningen hier tydelik in my plek skoolgehou het, moet dit seker baie of uiters rojaal hier in die skool aangegaan het. Omtrent 30 dosyn oefeningboeke is opgebruik. Onder gewone omstandighede gebruik ons 40 deur die jaar. Baie boeke en ook van my privaat besittinge wat hier in die skool was, is vermis."

Rapport van Inspeksie, 20 September 1933

"Mej Loubser (Grade tot Std I) doen steeds uitstekende werk. Standerds Twee tot Ses. Die 'gewenste peil' word nie gehandhaaf nie. Engelse uitspraak (Mnr van Groningen is Hollandssprekend) laat veel te wense oor. Getal op rol 44. ('n Gedeelte van my Std 2 opleiding is benede peil).

30 November 1933 : Mnr le Roux is terug

14 Desember 1933 : Skool sluit met 43 leerlinge

9 Februarie 1934 : "Die inskrywing het nou die merk 44 bereik."

20 Februarie 1934

"Vandag ontvang twee stowe wat moet dien tot verwarming van die skoolgebou gedurende die wintermaande."

29 Junie 1934

"Skool sluit vandag met 36 leerlinge op die rol."

25 September 1934

"Die doelpale van die voetbal- en korfbalvelde is eindelik gereed en in posisie. Ons moes vreeslik lank wag op die stoomketelpype wat by die spoorwegdepartement bestel was, April 11."

(Voetbal beteken hier sokker. Selfs die hoërskoolseuns het vir 'n jaar of wat deel van die skoolspan gebly. Een maal per week is daar saam met die volwasse mans geoefen).

14 Desember 1934

"Skool sluit vandag met 42 leerlinge op die rol. (My std IV jaar het blykbaar gelykmatig verloop, gekortwiek deur die groepklas).

16 Januarie 1935

"Skool open vandag met 37 leerlinge op die rol. Agitasie teen die skool deur 'n sekere persoon (genoem in die Joernaal) en snobisme word as redes vir die lae getal aangegee."

12 April 1935

"Die skool sluit vandag met 33 leerlinge op die rol. Mej H Loubser (die korrekte spelling!) tree af daar sy gaan trou op die 23e deser."

28 Junie 1935

Mnr F J le Roux skryf : "Skool sluit vandag met 33 leerlinge op die rol. Ek het gister tyding ontvang dat ek verplaas sal word na Donkerhoek, ook in hierdie distrik! (Geen rede word in die Joernaal aangeteken nie).

Opmerking:
Tot met sy mondigwording is die uitstekende skoolgebou telkens aangeprys om sy stewigheid en die onderwysers (en leerders!) vir die geslaagde instandhouding daarvan. Die meubels word ook goed opgepas en onderwysmateriaal word met verantwoordelikheid hanteer. Onderwysers beoefen professionaliteit in die sin van ywerige, aktiewe deeglikheid gepaard met 'n bereidheid om ekstra werk te verrig. Leerling veiligheid en pedagogiese versorging is 'n prioriteit en moedertaalonderrig word as besondere prestasie-voorwaarde ervaar.

13 Desember 1935 : Rapport

"Op 30 Julie 1935 het die hoof (verwys na mnr C A Pienaar) diens aanvaar". Van die leerlinge van Olifantsfontein wat Ireneskool op die oomblik besoek kom volgende jaar terug. Die skool sluit met 45 leerlinge op die rol. Ons hoop om binnekort 3 onderwysers op ons staf te kan hê." (Daar is 'n afwagting by beide leerlinge en ouers oor wat mnr Pienaar gaan lewer. 'n Boekrakkie met boeke, op sy lessenaar beïndruk. Entoesiasme vir Std IV behoort te gedy).

20 Januarie 1936

"Die skool is vandag heropen met 51 leerlinge op die rol."

3 April 1936

"Die skool sluit met 55 leerlinge op die rol."

14 April 1936

"56 leerlinge op die rol."
(Daar is groei. Mnr Pienaar het minder om in die Skooljoernaal mee te deel.)

22 Mei 1936

"Daar is vandag 4 nuwe leerlinge toegelaat."

26 Junie 1936

"Die skool sluit vandag met 62 leerlinge op die rol."

27 Julie 1936

"Die skool is vandag heropen met 68 op die rol."

11 Sept 1936

"Weens die hewige sneeuval is die skool vandag 'n anderhalf uur vroeër gesluit om die leerlinge in staat te stel om hul huise te bereik voordat dit ondraaglik koud word. Etlike van die leerlinge was so verkluim dat hulle per motor na huise moes vervoer word."

6 Nov 1936

"Mnr van Groningen het vandag opgedaag." (Dit lyk of die skool net 3 onderwysers het - geen nuwe klasindeling word aangedui nie.)

11 Nov 1936

"Die volgende leerlinge het met goeie gevolg die standerd VI eksamen afgelê: Phillipus Nel, Willem Landman, Guillaume Vermeulen, Willem Smal.

(Die volgende word nie vermeld nie, maar is meegedeel (mnr Pienaar, my moeder en die betrokke leerlinge):

  1. Hierdie name is in volgorde van prestasie in die Std VI-eksamen.

  2. Willem Landman was vir die laaste kwartaal van die jaar na Std VI oorgeplaas.

Kommentaar: Dit was opvoedkundig gesien 'n fout. Om 'n leerling wat reeds vanweë groepklasse benadeel is, nog verder te benadeel deur hom genoeg Std VI-ervaring te laat ontbeer, was strelend vir die ego, maar opvoedkundig onverantwoordelik!).

DERTIGERJARE SE DEPRESSIE

Joyce, Peter : Suid-Afrika in die 20ste Eeu. Een honderd jaar in oënskou.
Struik Uitgewers (Edms) Beperk. Kaapstad 2000.

Bls 77 gee die volgende treffende beskrywing: "Die Groot Depressie - en in Suid-Afrika, 'n reeks droogtes - verwoes die wêreld van die dertigerjare. Myne, fabrieke, winkels sluit, mielie-uitvoer daal met meer as 80%, eens produktiewe plase lê braak, die leërskare werkloses word al groter en die wat nog werk het, se lone tuimel. Honger lê op die loer." Watter plan maak die Cullinans van Conrand, Olifantsfontein? Die uitgangspunt is dat geen werkers afgedank moet word nie. Elke werker moet in staat gestel word om sy gesin te versorg, veral moet daar nie honger gely word nie. Die resultaat? Die driedaagse werkweek word tydelik ingestel. Dit blyk mettertyd 'n reusesukses te wees. Die Landmans bewoon 'n gerieflike fabriekshuis en daar word sonder elektrisiteit gewerk en studeer. Ek kon eers in my studentejare die nut van 'n ordentlike elektriese beligting ervaar.

AMPER 'N FABRIEKSWERKER

Conrand Olifantsfontein het 'n verdere interessante opvatting gehad: Verdienstelike werkers se kinders sal sover dienlik, aangestel word op die personeelkorps van die fabriek waar hulle na verdienste vordering kon maak. Dit het later byna vanselfsprekend geword dat daar na aflegging van die Std VI-eksamen (soms Std VI-leaving genoem) aangesluit sal word by die fabriekspersoneel. So 'n toedrag van sake is egter nooit vir my in die vooruitsig gestel nie. Vir my moeder was dit vanaf Gr i duidelik dat ek eendag onderwyser sal word. Sy het dan ook op gepaste tye aangekondig: "Hy gaan 'n onderwyser word." My vader het egter bruikbare mensekennis openbaar met sy stelling (dikwels op gepaste wyse herhaal): "Jy is te lui om te werk. Jy moet gaan leer". Luiheid om te werk is as oersonde beskou, maar wil leer is as gepaste plaasvervanger aanvaar. Vandag is een van my kosbare besittings 'n Registrasiesertifikaat, uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Onderwysersraad vir Blankes. "....dat genoemde persoon aldus ooreenkomstig Artikel 15(1) van die Wet as 'n ONDERWYSER by die Raad geregistreer. Registrasiedatum 1978-04-01.

Na Olifantsfontein, Deel 2