Professor W A Landman | |||||
|
|
Olifantsfontein (Deel 1) |
Olifantsfontein (Deel 2) |
Seunskool |
Pretoria |
Witfield (Deel 1) |
Witfield (Deel 2) |
Louis Leipoldt (Deel 1) |
Louis Leipoldt (Deel 2) |
Goedehoop |
Fleur |
Lyttelton (Deel 1) |
Lyttelton (Deel 2) |
Port Elizabeth |
Suid-Afrika |
Verwoerdburg (Deel 1) |
Verwoerdburg (Deel 2) |
Vista |
Verdere Opleiding |
Pretoria (Deel 1) |
Pretoria (Deel 2) |
Pretoria (Deel 3) |
Pretoria (Deel 4) |
HOOFSTUK 4
(LATER ONDERWYSKOLLEGE, PRETORIA) |
Op die Kraaines se trap
Foto geneem te Olifantsfontein
NKP - 1943
NKP - 1945
|
Ek (W A Landman) slaag die volgende vakke met lof: Beginsels van onderwys, Organisasie en Administrasie, Kindersielkunde en Middelbare Skoolmetodiek, en Biologie, met spesiale vermelding van Drama.
Beginsels van Onderwys wat eintlik die filosofiese-grondslae van onderwys en opvoeding behels het, en Kindersielkunde is doseer deur die befaamde dr C K Oberholzer, die latere prof C K Oberholzer, Professor in Wysbegeerde en Filosofie van die Opvoeding. Hy was 'n besielende dosent wat met sy deeglike vakkennis en entoesiastiese voordrag, diep indrukke op sy studente gelaat het. Dit was my voorreg om hom later (1968) op te volg toe hierdie twee departmente geskei is en hy verkies het om hom uitsluitlik by Wysbegeerte te bepaal. Hy was ten nouste verbonde by my latere B.Ed-, DEd-, BA (Hons)-, MA- en D.Phil-studie. Ten einde toegelaat te word tot BA(Hons)-studie het prof Oberholzer daarin geslaag om die Fakulteitsraad Lettere en Wysbegeerte en die Senaat te oortuig dat ek daartoe by magte sal wees om die beoogde studie te behartig. Toestemming is verleen maar met die voorwaarde dat twee bykomende vraestelle gedoen moes word van die BA (Hons)-studie - twee vraestelle in die Geskiedenis van die Wysbegeerte. Hy was ook leier van my MA-verhandeling en promotor vir die D.Phil-proefskrif: Administrasie en Organisasie. Die dosent was die rektor van die Kollege, Prof J A S van Heerden (toe prinsipaal genoem). Prof van Heerden was die toonbeeld van professionaliteit en toe dit later jare my voorreg was om 'n bydrae te lewer het die professionalisering van Onderwysers deur die Suid-Afrikaanse Onderwysersraad vir Blanke Onderwysers (SAOR), die Federale Onderwysersraad (FOR, en die Hoof- en Dagbestuur van die Transvaalse Onderwysersvereniging, het prof J A S van Heerden se beeld telkens in my bewussyn verskyn.
Middelbare skoolmetodiek in Biologie, was 'n studiestuk wat bevorder is deur mnr Crous (medeskrywer van die bekende skoolhandboek vir Natuur- en Skeikunde deur Crous en Wright). Ek het later aan die Hoërskool Goedehoop ook gebruik gemaak van hierdie boek, saam met die boeke van Hattingh asook van die inhoud van die benoemde studiestuk. Die Biologiehandboeke was dié van die bekende van Dyk-broers.
Die drama wat spesiaal vermeld is, verwys na my deelname aan die opvoering van William Shakespeare se Twelfth Night, as Antonio onder leiding van die baie bekwame Engelse dosent, mev Venter. Dit is deur die beoordelaars as buitegewoon geslaagd, aangeslaan.
Ek het dit ook reggekry om sang te slaag. Vroeër moes onderwysstudente solo's sing en dan is bepaal slaag of druip. In die veertiger jare het prof Gerrit Bonn, befaamde musikus en komponis tussen die singende studente beweeg terwyl hulle met saalopening gesing het. Ek het geslaag met die volgende opmerking van prof Bonn daarby: "Pragtig Landman, jy sing vier note onder lae doh. Net jammer jy bly daar".
Die volgende twee getuigskrifte gee die volledige beeld.
2.1  J J Mulder
H.D.L. Die ondergetekene ken
Sedert hy 'n aantal jare gelede dosent aan die Onderwyskollege van Pretoria geword het. Hy was veral verantwoordelik vir die Metodiek van Natuurstudie, die Toegepaste Wetenskap in Huishoudkunde, en die Hoërskoolmetodiek van Natuur- en Skeikunde asook van Biologie. Hierdie werk het hy baie netjies en sistematies op 'n baie hoë peil behartig. Deurgaans het sy opvoedkundige geskooldheid geblyk uit die behandeling van die leerstof. Hy is beskeie en aangenaam van aard, daarby 'n harde en lojale werker. Hy bly steeds 'n student wat sy eie kwalifikasies verbeter en die gehalte van werk in sy vakke steeds probeer opskuif. Hy is tuis in die hoogste opvoedkundige kringe en 'n gesiene en waardeerde lid op die kollegepersoneel. Hy sou ewe goed 'n pos in die Departement Opvoedkunde kon behartig. Hy is diep godsdienstig van aard en huldig die tradisionele lewensbeskouing van die Afrikaner. Aan die kollege het hy verskeie buiteaktiwiteite behartig, waarvan sy diens as offisier van die Voortrekkers baie belangrik was. Ek kan hom met die grootste vrymoedigheid vir 'n promosiepos aan 'n Onderwyskollege of ander onderwysinrigting aanbeveel.
Get: J J Mulder
Onderwyskollege, |
2.2  I Hitchcock
Hiermee wens ondergetekende te getuig dat sy
Vir 'n aantal jare reeds ken en sedert 1957 ook as dosent aan hierdie Kollege, waar hy die volgende vakke doseer:
Mnr Landman is 'n hardwerkende dosent en het met welslae nuwe vakke begin doseer en uitgebou. Die standaard van werk wat in sy vakke bereik is, is beslis van hoogstaande gehalte, veral as probleme waarmee hy te doen gekry het met betrekking tot die laboratorium en voorrade in aanmerking geneem word. Deur sy werk openbaar hy inisiatief en pligsgetrouheid. Te alle tye kan op hom staat gemaak word om 'n taak noukeurig uit te voer. Die lojaliteit wat mnr Landman teenoor sy hoofde, kollegas en die Kollege as geheel openbaar, word weerspieël in sy omgang met sy medemens. Administratief staan mnr Landman sterk soos geopenbaar in die werk waarmee hy ondergetekende as departementshoof bygestaan het, in reëlings wat getref is om opknappingskursusse te reël, studente te vergesel na lesings aan ander kolleges en na besienswaardighede. Mnr Landman is ook verantwoordelik vir die opstel van die na-uurse eksamenroosters en is sekretaris van die Opvoedkundige vereniging van die Kollege. Die belangstelling in en entoesiasme wat hy vir sy werk het, sal hom 'n aanwins maak by enige onderwysinrigting. Dit gee ondergetekende genoeë om mnr Landman sterk aan te beveel vir enige verantwoordelike betrekking waarvoor hy mag aansoek doen.
Geteken: I Hitchcock
|
Die stigting van die Normaalskool het op 2 September 1902 plaasgevind toe Maria Elizabeth Bosman, 25 jaar oud en die dogter van ds D F Bosman van Newcastle, haar vir opleiding aangemeld het. Volgens Oberholzer (1977) het sy haar aan mnr Scott voorgestel en gevra: "Sir tell me, when has the Normal College started?" Hierop het hy geantwoord: "The Normal College has started with Miss Bosman. Bring along your books tomorrow morning". Mej Bosman het aanvanklik in 'n tent gewoon totdat permanente woonplek vir haar en die ander studente wat kort daarna gevolg het, verskaf kon word.
Oor die aanmelding van hierdie eerste student het mnr J E Adamson, die eerste permanente hoof van die Normaalskool, die volgende in sy eerste verslag geskryf: "The Pretoria Normal School may be said to date from the 2nd September, 1902, when the first student - a Dutch girl named Bosman it is significant to note - came into residence." (Oberholzer: 1977).
Die datum 2 September 1902 is van groot betekenis vir die Normaalkollege/Onderwyskollege Pretoria en hierdie datum is jaarliks soos 'n verjaarsdag herdenk. Die 25-, 50- en 75ste verjaarsdae is met luisterryke feeste herdenk.
Vanaf hierdie nederige beginjare in 1902 het hierdie Normaalskool oor die jare heen gegroei. Dit was nie net die oudste tersiêre inrigting in Transvaal nie, maar ook die oudste tersiêre inrigting ten noorde van die Oranjerivier.
Die destydse Normal College/Normaalkollege van Pretoria is primêr gestig om in die dringende vraag na goedopgeleide onderwysers te voorsien. Uit hierdie klein begin gedurende die pioniersjare, het 'n sterk onderwyskollege oor die verloop van jare gegroei wat as tersiêre inrigting diep geanker was in die tradisies, geloof en lewenswyse van die Afrikanergemeenskap vir wie hierdie onderwysers voorsien moes word. Onderwys is 'n dinamiese proses wat voortdurend ontwikkel en groei en oor die jare heen, het die Onderwyskollege Pretoria aangepas by die behoeftes in onderwysersopleiding wat deur die gemeenskap gestel is. Verreikende verwikkelinge het op onderwysgebied plaasgevind wat ook die gang van sake op die kampus van die Onderwyskollege Pretoria beïnvloed het. Dit was die plek waar onderwyserwording gestalte gekry het en die kampus was die plek wat die onderwysleiers van gister en vandag opgelewer het, want hier het hulle groeikrag, besieling en daadkrag gekry.
Nadat die erepenning van die Onderwyskollege Pretoria in 1988 aan prof W A Landman toegeken is, het hy in 'n brief, gedateer 8 Desember 1988, sy alma mater en die plek waar hy voorheen as dosent werksaam was, soos volg tipeer: "Die Kollege het oor die jare van sy bestaan tot vandag toe
OPMERKING
Die kort geskiedenis van die Normaal-(Onderwyskollege) Pretoria en my (W A Landman) se verbintenis daarmee as student, onderwyser, dosent en adviseur en werker, het my geïnspireer om te probeer om 'n betekenisvolle bydrae te lewer tot die verwesenliking daarvan wat in die pasvermelde bedankingsbrief van die Erepenning, vermeld is.
7 November 1978
Prof W A Landman
Geagte prof Landman
Dit is vir my 'n voorreg om u van harte geluk te wens met u benoeming as verteenwoordiger van die
Universiteit van Pretoria in die Kollegesenaat van die Onderwyskollege Pretoria.
Ek is oortuig dat die ooreenkoms tussen die Universiteit van Pretoria en die Provinsiale
Administrasie namens die Onderwyskollege Pretoria 'n nuwe era in die opleiding van onderwysers
inlui. Ook sien ek uit na die besondere bydrae wat u sal lewer en vertrou ek dat u ook hierdie
nuwe verbintenis sinvol en verrykend sal vind.
Hierby aangeheg is 'n afskrif van die ooreenkoms asook 'n sakelys van die eerste vergadering. Dit
spyt my dat die vergadering op kort kennisgewing belê word. In oorleg met die Rektor van die
Universiteit van Pretoria is daar besluit dat die Kollegesenaat so vroeg moontlik sal konstitueer
met die oog op die implementering van die ooreenkoms.
Die uwe
Geteken: J D V Terblanche
Universiteit van Pretoria
Hillcrest
PRETORIA
0002
REKTOR
Prof W A Landman, voor derde van links
|
14 Desember 1982
Prof W A Landman
Geagte prof Landman
DIPLOMAPLEGTIGHEID 1982
Ontvang langs hierdie weg die dank en hoogste waardering van die Onderwyskollege Pretoria vir u
vererende teenwoordigheid en inspirerende boodskap aan ons studente tydens die diplomaplegtigheid
op 1 Desember 1982.
U besondere kennis van en insig oor uitdagings wat die toekoms van die aspirant-onderwyser sal
vereis, is op onoortreflike wyse gestel en benadruk.
Dit was 'n groot eer en voorreg vir die studente van die Onderwyskollege Pretoria om na 'n
persoon van u formaat en besielende rede te kon luister.
Hoogagtend die uwe
Waarnemende Dekaan Fakulteit Opvoedkunde
Universiteit van Pretoria
HILLCREST
0083
Geteken: H O Maree
REKTOR
Diplomaplegtigheid - Nov 1982
|
6 DESEMBER 1988 In die geledere van georganiseerde onderwys is hy 'n geliefde mens - 'n persoon wie se fyn humorsin en inspirerende geaardheid kenmerkend is. Hy is daarom altyd 'n bouer van 'n gees van samewerking - 'n ware brugbouer en verhoudingstigter. As kundige onderwyser, onderwyskundige, opvoedkundige van faam en toegewyde opvoeder het WILLEM ADOLF LANDMAN 'n onuitwisbare stempel op die onderwys geplaas - daarom is dit 'n besondere eer en voorreg om die hoogste toekenning van die Onderwyskollege Pretoria, die Erepenning nou aan hom te oorhandig : Pretoria Onderwyskollege, Uit: Rektor se Jaarverslag 1988:
PROF W A LANDMAN Prof W A Landman, oud-personeellid van die Onderwyskollege en tans Adjunk-dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria, is op 6 Desember 1988 tydens die Onderwyskollege se Promosieplegtigheid in die Grootsaal op die nuwe kampus met die Onderwyskollege se hoogste toekenning, te wete die EREPENNING bekroon. Prof Landman het hom veral as 'n voortreflike akademikus, wetenskaplike, denker en opvoedkundige onderskei. As gevolg van sy bydraes op vakkundige gebied word hy hier te lande asook oorsee as 'n outoriteit gehuldig. Sy uitmuntende akademiese loopbaan, intense en opregte belangstelling in tersiêre onderwys, selflose betrokkenheid by die georganiseerde onderwys en sy besielende invloed op kollegas en studente - gerugsteun deur 'n onversadigde werksywer, 'n buitengewone roepingsbewustheid en 'n nederige dog opgeruimde persoonlikheid - het die grondslag vir sy voortreflike onderwysloopbaan gevorm. Dit alles het daartoe bygedra dat die Onderwyskollege die EREPENNING aan hom toegeken het.
|
Die Goedehoop ervaring het my in staat gestel om die volgende te doen:
Die handleiding begin met 12 voorskrifte. Interessant is onder andere (3). Ten einde in die vak te kon slaag met die praktiese werk op bevredigende wyse afgehandel word. (7) Beplan altyd 'n hele aantal eksperimente vooruit, aangesien daar dikwels gewag moet word alvorens genoeg apparaat beskikbaar is.
Twee interessante ervarings: - Dit het maklik gebeur dat 'n student 'n gaskraan oopdraai en dat die vuurhoutjie oor die verkeerde brande hou! - 'n Mens kan dit byna nie glo dat daar studente was wat hulle hele hoërskoolloopbaan deurloop het sonder om byvoorbeeld te weet hoe 'n proefbuis lyk, nog minder hoe 'n proefbuis hanteer word! So was dit vir sommige studente nie duidelik dat 'n proefbuis deurskynend is sodat dit nie nodig is om by sy bek in te kyk, soos in die geval met kospotte nie.
'n Aantal van hierdie studente het later nie Huishoudkunde-onderwyseresse geword nie, maar wel onderwyseresse in Algemene Wetenskap. Ek het van heelwat suksesse verneem. Ek glo dat die "praktikums" hiertoe 'n betekenisvolle bydrae gemaak het.
Die Onderwysdepartement het besluit dat 'n aantal inspekteurs van onderwys die Onderwyskollege sal besoek. Alhoewel dit nie so genoem is nie (weens die status van die Onderwyskollege) was dit eintlik maar 'n inspeksie. Mnr H C Bredell wat op Afrikaanse Hoër Seunskool my Biologie-onderwyser was, het my besoek - sonder om my te herken. Ek het daardie dag 'n les oor die yskas gegee en ook aan hom die twee handleidings oorhandig. Volgens die "inspeksieversle" was hy tevrede.
'n Groot geluk het my (en dus ook die studente) toe getref. Gesogte dokumente was die matrikulasie-eksamenmemorandums (wat eintlik konfidensiële dokumente was. 'n Vriend wat vir baie jare lank eksaminator (nasiener) was, het sy kopieë tot my beskikking gestel. Ek het dit toe onder verskillende hoofde (opskrifte) gerangskik sodat die vrae en antwoorde van dieselfde onderwerp bymekaar geplaas is met die puntetoekenning daarby. Die studente het dit as besonder waardevol ervaar en ek is seker dat dit 'n komponent was vir latere suksesse.
Die Transvaalse Onderwysdepartement was so vriendelik om die volle aanvangstoerusting wat vir skole voorsien word, ook aan die Kollege beskikbaar te stel. Twee lokale in die nuwe "skoolvakgebou" is as laboratoria ingerig en gas is voorsien.