Basiese begrippe

Werkwyse
Deel 1

Werkwyse
Deel 2

Uitkomste
Deel 1

Uitkomste
Deel 2

Lesstruktuur-
essensies

Fundamentele
Pedagogiek

Pedagogiek

Terug na "Inhoud"

4.  LESSTRUKTUURESSENSIES


LESSTRUKTUURESSENSIES
KORT BESKRYWING
  1. Onderwysdoel

    1. Lesdoel

    2. Leerdoel
Die aandeel van onderrig- en leeraktiwiteite by die behoorlike volwassewording van die kind.

Die aandeel van die onderwyser aan 'n spesifieke les (sy vorm van aanbieding) ten einde 'n besondere doel (ontsluiting van 'n werklikheidsaspek) te bereik.

Die aandeel van die kind met 'n besondere effek as doel, d.w.s. dit wat hy as lerende kind moet bereik.

  1. Aktualisering-van-voorkennis

    1. Bewusword-van-voorkennis

    2. Oproep-van-voorkennis

    3. Verlewendiging-van-voorkennis
Bestaande betekenisvolle ervaringe word betrek.

Die kind word bewus gemaak daarvan dat hy oor betekenisvolle ervaringe beskik.

Aan die lig bring van eerste essensies (as sinvolle aanknopingspunte waarop verder voortgebou word) uit die ervaringswêreld van die kind.

Waardering deur die onderwyser van die reeds bestaande betekenisvolle kennis (ervaringe) van die kind.

  1. Probleemstelling

    1. Leiding-tot-probleem-formulering

    2. Belewing-van-lesprobleem

    3. Belewing-van-ontoereikendheid-van-kennis

    4. Opneem-van-verantwoordelikheid-vir-probleem-oplossing
'n Betekenisvolle vraagstelling aan die kind wat 'n appèl rig tot sy vraende bewussyn.

Die kind word gehelp om die leerdoel (soos bepaal deur die onderwyser) in vraagvorm te stel.

Die genoemde vraagstelling moet deur die lerende kind beleef word as sinvol-vir-my.

'n Besef (aanvoeling + wete) dat die bestaande kennis onvolledig is om die sigbaargeworde probbleem op te los, breek deur.

Daar word besluit dat 'n so groot en aktief moontlike aandeel geneem sal word aan die verwerkliking van alles wat vervolgens moet geskied.

  1. Eksposisie-van-nuwe inhoud

    1. Reduksie-tot-essensies

    2. Insien-van-verbande

    3. Insig-in-begrippe
Ontsluiting van nuwe kennis.

Soek na en openbaring van die belangrikste verdere essensies (kernfeite) van die leerinhoud wat waarde het vir probleemoplossing.

Sinvolle samehange tussen kernfeite word opgespoor.

Voordoen deur die onderwyser en saamdoen van die kind m.b.t. essensies met die oog op begripsvorming.

  1. Aktualisering-van-lesinhoud

    1. Aktiwiteitsbeginsel

    2. Indiwidualiseringsbeginsel

    3. Sosialiseringsbeginsel

    4. Tempodifferensiasiebeginsel
Kontrole van die insigte van die lerende kind t.o.v. die gereduseerde essensies.

Verwerkliking van: oproep om iets te doen, aanbied van inhoude, saamdoen, oproep tot leer, besluit op selfwerksaamheid en verlewendiging van selfdoen.

Verwerkliking van: Oopstelling vir die onderwyser, respek vir die kind se andersheid en uniekheid, aansporing om te presteer, self-iemand-wil-word, verwerwing van 'n eie styl van leeraktiwiteite en deelname aan leerwyses.

Verwerkliking van verhoudingstigting, bemoeienis met die kind se prestasie, belewing van 'n stabiele klasverband en inisiëring van saamdoen. Om deel te neem aan die verwerkliking van les-struktuuressensies en die inhoude wat dit dra met 'n optimale eie werktempo.

  1. Funksionalisering

    1. Inoefening-van-insigte

    2. Integrasie-met-nuwe-kennis

    3. Leefwêreldlike toepassing
Oordrag van verworwe kennis na nuwe situasies waarin dit in-funksie gebring word.

Eie-gemaakte insigte word geoefen en beoefen op sinvolle wyse.

Voorkennis en nuut verworwe kennis word gesintetiseer ten einde 'n bruikbare ecnheid te vorm.

Vasstelling van die betekenis wat die nuut verworwe kennis en insigte het vir die eie wyse van lewe.

  1. Evaluering

    1. Toetsing-as-oriëntering

    2. Differensiëring-van-opdrag

    3. Uitvoer-van-opdrag
Beoordeling in hoeverre die lerende kind tot insig en die toepassing daarvan gekom het.

Verkryging van helderheid aangaande die huidige stand van insigte met die oog op beplanning van wat vervolgens gedoen kan word.

Bepaling van die aandeel van individuele leerlinge se belangstelling, ervaring ens. by die uitvoering van opdragte.

Aansporing om sinvolle opdragte op die mees effektiewe wyse uit te voer.

Na "Fundamentele Pedagogiek"