Basiese begrippe

Werkwyse
Deel 1

Werkwyse
Deel 2

Uitkomste
Deel 1

Uitkomste
Deel 2

Lesstruktuur-
essensies

Fundamentele
Pedagogiek

Pedagogiek

Terug na "Inhoud"

3.  ENKELE UITKOMSTE VAN
DIE PEDAGOGIEKWERKWYSE
Deel 2


FUNDAMENTEEL-PEDAGOGIESE STRUKTURE
KORT UITLEG
3.2.2.4  Pedagogiese Doelstrukture4

  1. Sinvolheid van lewenswyse

    1. Bewuswees-van-lewenseise

    2. Besef-van-bevraagdheid

    3. Voer-van-verantwoordbare-lewe

    4. Rekenskap-van-deelname
Die opvoedingsdoel is behoorlike volwassenheid wat gekenmerk word deur 1-6:

Iemand wat op 'n selfstandige wyse 'n sinvolle bestaan voer, gee in sy wyse van lewe van die hoogs waardevolle, blyke van (a)-(d):

'n Suiwer besef dat dit hoogs waardevol is dat die lewe behoorlikheidseise aan 'n mens stel.

'n Duidelike begrip van die feit dat 'n mens in die eerste plek verpligtinge het en eers daarna voorregte.

'n Heldere wete dat uit 'n mens se wyse van lewe moet blyk dat hy dit wat hoogs waardevol is, beoefen.

'n Skerp bewussyn van die feit dat 'n mens rekenskap moet kan gee van sy aandeel aan die verwerkliking van die hoogs waardevolle.

  1. Selfbeoordeling en selfbegryping van lewenswyse

    1. Uitspreek-van-sedelike-oordeel

    2. Beoordeling-van-afkeurenswaardigheid

    3. Veroordeling-van-afkeurenswaardigheid

    4. Oorgaan-tot-selfingryping
Iemand wat op selfstandige wyse uitspraak kan gee oor die kwaliteit van sy wyse van lewe in die lig van die hoogs waardevolle, doen (a)-(d):

Hy huiwer nie om sy keuses vir en sy handelinge t.o.v. die hoogs waardevolle in terme van goed of sleg, reg of verkeerd met erns te bekyk nie.

Hy beoordeel die kies en die doen van die nie-waardevolle as die mensonwaardige, as verwerplik.

Hy staan afwysend teenoor enige vorm van aantasting van die hoogs waardevolle, deur homself en deur ander.

Hy kritiseer homself ferm en opreg as hy nie op 'n toereikende wyse die hoogs waardevolle bevorder nie.

  1. Menswaardige lewenswyse

    1. Bewuswees-van-menswaardigheid

    2. Beoefening-van-menslikheid

    3. Wete-van-waarde-verwerkliking

    4. Agting-vir-ander-se-menswaardigheid
Iemand wat op selfstandige wyse die hoogs waardevolle verwerklik, se lewenswyse word gekenmerk deur (a)-(d).

Hy besef dat die mens geen ding of dier is nie en daarom die hoogs waardevolle moet ken en leef.

Hy lê hom daarop toe om alles wat eie is aan die mens (d.w.s. waardeverwerkliking) te bevorder.

Hy weet dat om mens te wees beteken om met waardes gemoeid te wees en om waardes as norme (maatstawwe) aan te wend.

Respek vir ander se gelykwaardigheid, d.w.s. wat net so met waardes gemoeid is as hy, word betoon.

  1. Sedelik-selfstandige besluitvormende en verantwoordelik-handelende lewenswyse

    1. Getrouheid-aan-beslissinge

    2. Keuse-in-lig-van-behoorlikheidseise

    3. Handeling-in-die-lig-van-behoorlikheidseise

    4. Selfstandigheid-in-keuse

    5. Selfstandigheid-in-handeling

    6. Verantwoordelikheidsaanvaarding-vir-keuse

    7. Verantwoordelikheidsaanvaarding-vir-handeling

    8. Keuse-vir-behoorlikheidseise

    9. Aanvaarding-van-persoonlike-verantwoordelikheid
Iemand wat op selfstandige wyse in die lig van die hoogs waardevolle besluit (kies) en handel, toon (a)-(i):

Standvastig, toegewyd en met 'n diepe pligsbesef word die hoogs waardevolle waarop besluit is, in handelinge omskep.

Die behoorlikheid van die keuses wat gedoen word, word voortdurend in ag geneem.

Handelinge wat volg na behoorlike keuses word onophoudelik beoordeel (d)-(g):

Die verantwoordelikheid vir die neem van keuses wat die verwerkliking van die hoogs waardevolle moet bevorder en vir die handelinge wat daaruit moet voortvloei, word self opgeneem en dus nie ontduik of op ander afgeskuif nie.

Daar word vir die hoogs waardevolle en teen die mensonwaardige gekies.

Vir (a)-(h) word self aanspreeklikheid en rekenskap aanvaar.

  1. Normidentifiserende lewenswyse

    1. Behoorlikheids-beoefening-uit-eie-keuse

    2. Vereenselwiging-met-besondere-norme

    3. Toereikende normkennis
Iemand wat hom op selfstandige wyse verbind aan die hoogs waardevolle, bly betrokke by beoefening van (a)-(c):

Sonder dwang van buite maar uit innerlike oortuiging word daar gekies vir die hoogs waardevolle.

'n Onverbreekbare eenheid met besondere norme (lewensopvatting) word beleef en beoefen.

Voldoende lewensopvattingstudie word onderneem.

  1. Lewensopvatlik-verantwoorde lewenswyse

    1. Aanvaarding-van-besondersheid-van-lewensopvatting

    2. Bewuswees-van-lewensopvatlike-eise

    3. Kennis-van-lewensopvatting

    4. Bestendiging-van-lewensopvatting
Iemand wat op selfstandige wyse die hoogs waardevolle op geordende wyse huldig en wi] lewe, werk voortdurend aan (a)-(d):

Instemming daarmee dat die eie opvatting aangaande wat hoogs waardevol is, geen -isme is nie, maar onwegdinkbare en onweghandelbare werklikheid.

Kennis en aanvaarding daarvan dat die hoogs waardevolle wat in die lewensopvatting georden is, 'n besondere rangorde van behoorlikheidseise is.

Standhoudende lewensopvattingstudie word onderneem en die geroepenheid tot sodanige studie word aanvaar.

Die lewensopvatting wat 'n mens vat (gryp) word as verwoording van die hoogs waardevolle gevat (aangegryp), uitgebou en verdedig teen -ismes en ander vorme van bedreiging. Om aangegryp te word deur die hoogs waardevolle is dan geen blote beskouing of aanskouing daarvan nie, maar om daardeur gevat te word. Die volwassene het geen lewensbeskouing nie, maar 'n lewensopvatting.

4Vir volledige beskrywing, kyk:

  1. Landman, W. A.: 'n Antropologies-pedagogiese beskouing van beroepsoriëntering, HAUM, Kaapstad, 1961, hfst. 5.
  2. Landman, W. A., S. G. Roos, C. R. Liebenberg, a.w., hfst. 2 en 89-91.
  3. Landman, W. A.: Leesboek vir die Christen-opvoeder, a.w., hfste. 4 en 5, en 25-30.
  4. Sonnekus, M. C. H., a.w., 61-65.
  5. Viljoen, T. A. en J. J. Pienaar, a.w., 70-74.
  6. Kilian, C. J. G. en T. A. Viljoen, a.w., 230-238.

3.2.2.5  Opmerking

In terme van die essensies wat in hierdie tabel opgeneem is, kan behoorlike volwassenheid raakgesien word as:

  1. SINVOLHEID VAN BESTAAN

    1. Dat dit sinvol is om die volgende te doen; of
    2. Wanneer die volgende gedoen word, word sinvol gelewe:-
      Lewe deur vertroue, gesagserkenning, begryping, betekening, inspanning, genormeerdheid, waag, dankbaarheid, aanspreeklikheid, hoop, ontwerp, vervulling, agting, selfbegryping, vryheid op 'n volwasse wyse.

  2. SELFBEOORDELING EN SELFBEGRIP

    1. Selfstandige begryping van die betekenis van die volgende vir die persoonlike lewe; of
    2. Selfstandige beoordeling of die volgende behoorlik gedoen word:-
      Lewe met 'n volwasse vertroue, gesagserkenning, begryping, betekening, inspanning, ens.

  3. MENSWAARDIGHEID

    1. Besef dat die volgende waardes is wat verwerklik moet word; of
    2. Besef dat om te lewe in ooreenstemming met die volgende, is om op 'n menswaardige wyse te lewe:-
      Volwasse vertroue, gesagserkenning, begryping, betekening, ens.

  4. SEDELIK-SELFSTANDIGE BESLUITVORMING EN HANDELING

    1. Op sedelik-selfstandige wyse, d.w.s. sonder dwang van buite, moet besluit word op die volgende; of
    2. Op sedelik-selfstandige wyse moet in die lig van die volgende gehandel word:-
      Volwasse vertroue, gesagserkenning, ens.

  5. NORMIDENTIFIKASIE

    Besef dat die volgende norme (maatstawwe, behoorlikheidseise) is waarmee onvoorwaardelik vereenselwig moet word: 'n Volwasse vertroue, gesagserkenning, ens.

  6. LEWENSOPVATTING

    Besef dat die volgende, gevul met die besondere lewensopvatlike inhoude, 'n integrale deel van die lewensopvatting uitmaak: Volwasse vertroue, ens.

Na "Lesstruktuuressensies"