|
Aandagessensies vir wetenskaplikheid | Kontradiksies as onwetenskaplikheid |
| Swak gerigtheid op die werkliklikheid gepaard met gebrek aan
entoesiasme. Passiewe, belangstellinglose omgaan met die werklikheid. Traak-my-nieagtigheid teenoor die raaksien en verwoording van werklike betekenisse. |
'n Voorbeeld: Die onderwysernavorser het die volgende
waarnemings neergeskryf ten aansien van sy bestudering van die
werklikheid wat bekend is as leiding tot probleemformulering: 'Leerlinge
aan wie tersaaklike dinkvrae gevra word, soek graag na die essensies van
'n saak'. Dan probeer hy 'stel van dinkvrae' wegdink en kom tot die
gevolgtrekking dat daarmee 'n inkingesteldheid by leerlinge sal verdwyn
wat daartoe lei dat hulle omgaan met die werklikheid (vakinhoud) swak,
passief en traak-my-nieagtig word. Hy kom tot dié gevolgtrekking nie op
'n lukraakwyse nie, maar op grond van psigo-pedagogiekteorie (i.s. dink)
wat hy bestudeer het. Wat is nou eintlik deur die onderwysernavorser
verwyder? Sake wat 'stel van dinkvrae' se verskyning sal belemmer:
Tabel 2 Wegdinkbaarheid
Wegdinkbaar as onwetenskaplik | Onwegdinkbaar omdat dit dui op wetenskaplikheid |
Algemene gepratery
| Tersaaklikheid Paslike woordgebruik vanweë essensiebewustheid (Reduksie tot essensies) |
Tweede middel: die weghandelhandeling. Die onderwysernavorser
handel vervolgens soos volg met die waarnemings wat hy gemaak het, dit
wil sê wat hy as onwegdinkbaar bepaal het. Hy gaan vasstel wat gebeur
daarmee in werklike lesgee-situasies wat doelbewus geskep is om skerp na
hierdie onwegdinkbaarhede te kyk. Wat gebeur werklik as daar tydens
lesgee algemene gepratery beoefen word? Hy skryf noukeurig neer wat
tydens elke lesfase gebeur het.
Byvoorbeeld:
Probleemstelling
(b) Tweede wetenskaplike eis: Afwys van
oppervlakkigheid
Dit beteken dat die onderwysernavorser met 'n
skerp essensiebewustheid en begeerte tot essensie-openbaring betrokke
moet raak by die werklikheid wat hy wil ondersoek. Hy doen dit met die
volgende middele:
Eerste middel: skeiding. Die essensiële word geskei van
die nie-essensiële sodat eg. duidelik kan skyn. Dit wat as
nie-essensieel afgeskei en verwerp moet word,
Tabel 3 Radikaliteit en wetenskaplikheid
Oppervlakkigheid as Onwetenskaplikheid | Kontradiksies as wetenskaplikheid |
| Radikale ingesteldheid as wil soek na die wortel (= radix) van
'n saak. Hunkering na die aan die lig bring van die essensiële (die wesenlike). Verwondering en aandagtige naderbring van die werklikheid. Inspanning vjr die tersaaklike en die essensiële. |
Die onderwyser wat noukeurig neerskryf wat gebeur wanneer
oppervlakkigheid gedy tydens die lesgee-fase 'probleemstelling', lewer
'n bydrae as hy die volgende verwoord:
Probleemstelling
Tabel 4 Skeiding en wetenskaplikheid
Die essensiële | Die nie-essensiële wat verwyder word | Wins behaal vanweë skeiding en verwydering |
Probleemstelling | Oppervlakkigheid |
|
Algemene gepratery |
|
Tweede middel: stel van kontradiksies.Dit wat in teenstelling is met wetenskaplikheid, naamlik die onwetenskaplike, bevorder oppervlakkigheid en moet dus verwyder word, want dit werk verlammend in op die navorsende bemoeienis met die werklikheid wat ondersoek word. Die onderwysernavorser moet dus die eienskappe van wetenskaplikheid ken asook die kontradiksies daarvan sodat hy oppervlakkigheid wat 'n besondere vorm van essensieblindheid is, kan vermy.
Verder sal dit vir hom nodig wees om die waarnemings, wat hy gemaak en neergeskryf het, se teenstellinge neer te skryf en te oorweeg of sy oorspronklike waarneming werklik geldig is en of die kontradiksie daarvan nie miskien nader aan die waarheid is nie. Dié handelswyse dra by tot die suiwering van waarnemings. Die onderwysernavorser wat die waarnemings in Tabel 5 kan maak ten aansien van die uitwerking van kontradiksies op sy lesgee, is met egte navorsende praktykverfyning besig.
(c) Derde wetenskaplike eis: Uitskakeling van naïewe
vooroordeel
Dit beteken dat bevooroordeeldheid, onbillike,
irrasionele en negatiewe houdinge teenoor navorsing en die doel daarvan,
naamlik essensie-openbaring en essensieverwerkliking, verwyder moet
word. Hierdie verwydering geskied deur die aanwending van die volgende
middele:
Eerste middel: stel hermeneutiese vrae. Die onderwysernavorser
moet vra 'waartoe dien ... ', dit wil sê, 'wat is die sin (doel)
van ... ' Positiewe antwoorde op hierdie vrae wek 'n positiewe
navorsingsingesteldheid wat gekenmerk word deur onbevooroordeeldheid, 'n
rasionele (verstandelike en verstandige) benadering en 'n wil om deel te
neem. Dit is veral die geval wanneer daar van 'n onderwyser verwag word
om op een of ander wyse deel te neem aan 'n Onderwysdepartement se
navorsingsprogram en hy tevrede is met die antwoord op sy 'waartoe dien'
vraag. So 'n onderwyser (resp. onderwysernavorser) word dan gehelp met
oorwinning oor:
Tabel 5 Waarneming van kontradiksies
Lesverloopessensies | Kontradiksies | Uitwerking van kontradiksie-verwerkliking |
Onderwysdoel | Doelloosheid (van die onderwyser) | Doelgerigtheid ontbreek en 'n gerigwees op 'n blote besigwees volg. Doeltreffendheid verdwyn omdat tydverspilling getref word. |
Aktualisering van voorkennis | Ignorering van voorkennis | Sinvolle samehange met die reeds bekende as vertrekpunt vervaag en die vakuum wat so ontstaan werk verlammend en vertragend. |
Probleemstelling | Probleemloosheid | Die lusprinsipe (aangename ter wille van die aangename) wat 'n patologiese prinsipe is (V. Frank) gedy. Die inspanning wat deur probleemsteliing opgeroep word, word as te vermoeiend afgewys. |
Eksposisie van nuwe inhoud | Essensieblindheid | Die oppervlakkige word as waarheid aangesien en aanvaar en diepgang in die ontsluiting van werklikheid word onmoontlik. |
Aktualisering van lesinhoud | Onttrekking van deelname (deur die kind) | Die onderrigsgebeure word 'n vervelige monoloog. |
Funksionalisering | Passiwiteit | Om nie te wil (of soms te kan) handel nie, verlam die denke en die implementering daarvan by aanwending van insigte. |
Evaluering | Weiering van beoordeling | Lafhartigheid word aangemoedig aangesien egte beoordeling moed vereis om dit te waag met toetsing met orientering en met die toereikende uitvoer van sinvolle opdragte. |
Tabel 6 Hermeneutiese vrae en wetenskaplikheid
Bevooroordeeldheid as onwetenskaplikheid | Kontradiksies as wetenskaplikheid |
| Radikaliteit as vorm van vooroordeelsvryheid wat bevorder word deur eerlike hermeneutiese vrae. |
(d) Vierde wetenskaplike eis: Oorwinning oor denkskuheid,
gebrekkige lig en onvoldoende wakkerheid. (Sien Tabelle 8 en
9).
Middele om wetenskaplikheid in die vorm van wakker,
denkende aan die lig bring van essensies te verseker, is almal wat in
die voorgaande bladsye behandel is. Die onderwysernavorser wat in die
lig van die voorgaande kenmerke van wetenskaplikheid uitsprake kan maak
soos byvoorbeeld die volgende, kan reeds begin aanspraak maak op
professionaliteit:
Probleemstelling
(a) Bepaling van verskyningsplekke
In paragraaf 2.1
is daar gepraat van 'waarneem' en is daar gesuggereer dat die onderwyser
navorsend ingestel is op sy klaskamerpraktyk. Hiermee is 'n
besondere verskyningsplek van die opvoedingswerklikheid geïdentifiseer.
'n Ander betekenisvolle verskyningsplek is tersaaklike
literatuur. Die onderwysernavorser bestudeer dan die waarnemings
waarvan hy verslag doen en ook paslike literatuur. Die
onderwysernavorser maak dus 'n navorsende studie van een of ander
geskrewe verskyning van die opvoedingswerklikheid. Vir hom is die
klaskamerpraktyk die primêre verskyningsplek terwyl
literatuurverskyninge meer sekondêr is. Die onderwysernavorser handel
met sy geskrewe waarnemings en geskikte literatuur in ooreenstemming met
die vereistes wat daar aan 'n wetenskaplik verantwoorde
teksstudie gestel word.
(b) Vasstelling van ooreenkomste en verskille
Vir
elke reeks waarnemings wat die onderwysernavorser maak en
literatuurstudie wat ter sake is, stel hy 'n essensietabel op. So
'n tabel bestaan uit benoemde essensies met die definisies daarvan wat
voldoen aan die vereistes wat daar aan definisies gestel word. Sien
Tabel 10 vir voorbeelde.
Die onderwysernavorser moet die verskillende
essensie-tabelle met mekaar vergelyk en
(c) Essensieverifikasie
Die ideaal is dat die
onderwysernavorser uiteindelik al sy gegewens (waarnemings in die
opvoedingswerklikheid self en deur literatuurstudie) sal saamvat in een
essensietabel. Daar kan aanbeveel word dat hy dan die essensies in
daardie tabel se essensiestatus kan toets (verifieer) deur die middele
aan te wend wat in paragraaf 2.1 beskryf is. As hy min tyd het, kan die
stel van kontradiksies (die kontradiktoriese metode) waardevol wees. Uit
die finale essensietabel kan hy dan ook probeer om afleidings te maak
aangaande praktykbetekenis en praktykverbetering.
3. Wetenskaplikheid as kritiese
metode-aanwending
Metodologie is die wyse waarop 'n navorser horn
wetenskaplik gedra. Tabel 11 verduidelik die kenmerke van
wetenskaplikheid in terme van kritiese metode-aanwending wat
verwag kan word van 'n praktiserende onderwyser wat ingestel is op eie
praktykverbetering en doeltreffende deelname aan navorsingsprojekte:
Tabel 10 Definiëring en wetenskaplikheid
Waarnemings deur moeders gedoen | Essensie | Definisie |
'Praat van verskillende geaardhede! Selfs die identiese tweeling verskil. Dit is moeilik om te glo dat mense uit een gesin so kan verskil'. | Begryping van andersheid | Elke kind is iemand wat self iemand wil wees; 'n mens moet dus probeer om elke individuele kind te leer ken. |
'Terwyl 'n mens met jou kinders gesels, kom verkeerde iniigting aan die lig en dit gee 'n ouer kans om verkeerde informasie te korrigeer'. | Aanwysinge vir bemoeienis | Aanduidings dat dit nodig sai wees vir die volwassene om hom in te laat met die kind se keuses en handelinge kan verskyn. |
Literatuurbeskrywing | Essensie | Definisie |
In die kind se belewing van sy eie steunbehoewendheid word 'n gevoel van onveiligheid gewek wat sy self-iemand-wil-word betref. Hy is dus diep afhanklik van die gesagsdraende opvoeder se nabyheid wal vir hom 'n veilige leefruimte skep en waarborg. Die kinderlike bestaan word beveilig omdat hy in sy kinderlike onbeholpenheid aanvaar word vir wat hy is. Vanaf hierdie beskermde staanplek kan die kind waag op die weg na behoorlike volwassenheid en hy is dankbaar dat hy mede-ondernemend met 'n volwassene kan wees. Vanweë die liefdevolle teenwoordigheid van die opvoeder skroom die kind nie om persoonlike inisiatief aan die dag te lê nie. Hy het gemoedsekerheid omdat hy weet dat wordingshulp altyd binne sy bereik is. Hy betoon sy dankbaarheid vir geborgenheid deur agting en respek in die daaglikse omgang met die volwassene(s). | Dankbaarheid vir geborgenheid | Die kind moet telkens wanneer hy dit nodig het, kans kry om eers weer veilig te voel voordat hy dit weer met die werklikheid waag; en dan sal hy erkemiik wees teenoor diegene wat dit moontlik maak. |
Tabel 11 Metodologie en wetenskaplikheid
Kenmerke van wetenskaplikheid | Betekenis |
3.1 Krities verantwoordbare optrede | kriteria (maatstawwe) vir wetenskaplikheid handel (bv. die in par. 2 1). |
(a) Vergissingsvrye waarnemings en uitsprake | Uitskakeling van denkfoute bv. deur
|
(c) Verifieerbare waarnemings en uitsprake | Vasstelling of die essensies van eie waarneminge en literatuurstudie werklik essensies is, deur aanwending van die middele beskryf in par. 2.1. |
(c) Voorveronderstellingverheldering | Sê duidelik welke sake vooraf d.w.s. voordat die waarneminge begin, as noodsaaklik aangeneem word Byvoorbeeld: Wetenskapsbeoefening is essensie-openbaring. Essensie-openbaring is moontlik omdat essensies bestaan en aan die lig gebring kan word. Daar bestaan middele om te bepaal of essensies werklik essensies is. Om iets te begryp beteken om die essensies daarvan te ken. Essensies kan verskyn in die onderwyspraktyk (as opvoedingswerklikheid en in literatuur, ens.) |
(d) Algemeen geldigheid (universaliteit) | Dit sal interessant wees vir die onderwysernavorser om vas te stel of die gevolgtrekkings wat hy maak uit sy waarnemings (en literatuur) geldig sal wees vir alle onderwyspraktyk. |
3.2 Metodies verkreë kennis (essensies) | Die werklikheid wat ondersoek word, word toeganklik gemaak met die hulp van sekere metodes, prosedures en tegnieke. |
(a) Metodestelling | Sê pertinent watter metodes, prosedures en tegnieke aangewend gaan word. |
(b) Metode-uitleg | Gee 'n puntsgewyse (tabelvormige) beskrywing van 3(a). |
(c) Metode-verantwoording | Motiveer waarom 3(a) gedoen gaan word. |
3.3 Metode-regverdiging | Slegs metodes (insluitende prosedures en tegnieke) mag aangewend word wat aan sekere vereistes voldoen: |
(a) Wetenskaplike noodwendigheid | 'n Wetenskapsbeoefeningmiddel (Kyk par. 2.1) is wetenskaplik noodwendig as die aanwending daarvan lei tot: essensie-openbaring, en verifikasie (bevestiging) van essensiestatus. |
(b) Lewensopvatlike-toelaatbaarheid | Die onderwyser wil nie op lewensopvatlike dwaalweë beland en daardeur ontrou aan homself word nie. Dit beteken dat voordat 'n denkstap deur hom uitgevoer word, hy eers seker moet maak dat dit nie in botsing is met sy lewensopvatting nie. Indien hy gerus gestel kan word dat die wetenskaplik noodwendige denkmiddele ook vir hom lewensopvatlik toelaatbaar is, sal dit daartoe lei dat hy die middele met groter gemoedsekerheid, oortuiging en ook verantwoordelikheid sal uitvoer. Hy kan dan ook met groter intensiteit, helderder besef van die juistheid van sy optrede, met 'n onwrikbare gevoel dat essensie-openbaring geoorloof is, rekenskap gee van dit waarmee hy besig is. |
Vir die Christen onderwysernavorser sal die Bybelse verskyninge van handelinge wat in diens van wetenskap aangewend word, soos aangedui in Tabel 12, insiggewend wees.
4. Wetenskaplikheid as skerp kennisinsameling
Tabel
13 bevat 'n beskrywing van die betekenis van daardie kenmerke van
wetenskaplikheid wat spesifiek te make het met die versameling en
ordening van gegewens en uitsprake oor die ingesamelde gegewens (kennis,
essensies) wat skering en inslag vorm van 'n praktiserende onderwyser se
arbeid aan sy eie praktykverbetering en doeltreffende deelname aan
navorsingsprojekte.
Tabel 12 Lewensopvatting en wetenskaplikheid
Handeling | Bybelse verwysing |
1. Gerigtheid op die werklikheid self | Job 28:3a en 11b: 'n Einde maak die mens aan die duisternis en tot die interne grense deursoek hy . . . en wat verborge is bring hy aan die lig. |
2. Dink | Markus 12:30: Jy moet die Here Jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. |
3. Skeiding | Matteus 3:12: Hy het sy skopgraaf in sy hand en hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met 'n onblusbare vuur verbrand. |
4. Kontradiksies | Joh. 12:35b, c: Wandel in die lig terwyl julle dit het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan uitkom nie. |
5. Hermeneutiese vrae (waartoe dien? = wat is die betekenis daarvan?) | Deut. 6:20: As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge wat die Here ons God julle beveel het. |
6. Paslike woordgebruik | Spreuke 25:11 Engels: A word fitly spoken is like apples of
gold in pictures of silver. Nederiands: Eene rede, op zijn pasgesproken is als gouden appelen in silveren gebeelde schalen. |
7. Algemene gepratery | Prediker 10:14a: En die dwaas gebruik baie woorde. |
8. Oppervlakkigheid | Matteus 13:5,6: 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. |
9. Vooroordeel | 1 Timoteus 5:21: Ek beveel jou voor God en voor Jesus Christus en die uitverkore engele om jou aan hierdie voorskrifte te hou sonder vooroordeel of partydigheid. |
10. Onvoldoende wakkerheid | Spreuke 6:10,11: Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande vou om uit te rus! So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man. |