|
Hoofstuk 2: |    Wesenskenmerke van Onderwysbedrywighede as doelwitte |
Hoofstuk 3: |    Wesenskenmerke van Politieke bedrywighede as doelwitte |
Hoofstuk 4: |    Wesenskenmerke van Ekononuese bedrywighede as doelwitte |
Hoofstuk 5: |    Sinsamehange tussen onderwys-, politieke en ekonomiese bedrywighede as doelwitte |
Hoofstuk 6: |    Praktykverbeteringbetekenis van die sinsamehange tussen onderwys-, politieke en ekonomiese doelwitte. |
Stap  3:  Uitleg van die program wat lei tot verdere metodologiese verantwoording.
Verdere toeligting
Hoofstuk 2 handel oor die wesenskenmerke (essensies) van onderwysbedrywighede as doelwitte.
Dit beteken dat daar helderheid verkry moet word oor welke onderwysbedrywighede se essensies wat as doelwitte opgeneem moet word, in aanmerking geneem sal word. Een wyse om dit te doen, is om aandag te skenk aan daardie onderwysbedrywighede wat as skoolessensies bekend staan. Die skoolessensies wat reeds elders beskryf is sal met die oog op verdere essensie-openbaring fenomenologies bekyk word. Daarby sal vasgestel moet word wat die betekenis daarvan is as die essensies as doelwitte opgeneem word. In die vyfde hoofstuk sal die ekonomiese en politieke implikasies van hierdie doelwitverwerkliking geopenbaar moet word.
In hoofstuk 3 moet politieke-essensies aan die lig gebring word. Die metode wat gevolg gaan word, is om aan die hand van 'n relevante literatuurstudie 'n reeks essensietabelle op te stel wat gesintetiseer gaan word tot 'n geïntegreerde essensietabel en dan weer fenomenologies geverifieer gaan word met as uitkoms 'n gesuiwerde essensietabel.
Hoofstuk 4 handel oor die werklike essensies van ekonomiese bedrywighede. Die metode wat gevolg gaan word, is dieselfde as wat vir die derde hoofstuk gegeld het.
Sodra daar sprake is van sinsamehange (hoofstuk 5) word daar gedink aan 'n besondere wyse waarop werklikheid gestruktureer is: die triadiese struktuur. Politieke, ekonomiese en onderwyswerklikhede kan, synde werklikhede, met mekaar 'n triadiese sinsamehang vertoon.
Elke bedrywigheid verwys na die persone wat dit moontlik maak. Om 'n sinsamehang tussen P, E en S te verseker, is die volgende persone nodig:
Persone met 'n toereikende kennis van politieke-essensies ten einde doeltreffende politieke bedrywighede moontlik te maak;
Persone met 'n deskundige kennis van ekonomie-essensies sodat verantwoordelike ekonomiese bedrywighede in funksie gebring kan word; en
Persone met 'n deskundige kennis van skool-essensies met die oog op die daarstelling van opvoedende onderwys met 'n besondere kwaliteit.
Op dié wyse kan politici, ekonome en onderwyskundiges 'n onverbreekbare triadiese struktuur vorm waarby die samelewing (maatskappy) op besondere wyse kan baat. Daar kan dan 'n onderwyspraktyk tot stand kom wat in landsbelang in funksie kan kom. (Hoofstuk 6): 'n triadiese harmonie tussen P, E en S word dus vereis.
Essensies as doelwitte
Wetenskaplikheid van onderwys (resp. Opvoedkunde), politiek en ekonomie
Verdere stappe:
TWEEDE VARIASIE
Onderwerp: 'n Triadies-hermeneutiese analise van die samewerking tussen ouer, onderwyser en kind
Die volgende is 'n voorbeeld van die gesamentlike ontwikkeling van titel-analise, probleemstelling, hipotesevorming, aanduiding van metodologie en die navorsingsplan.
1.  Titelanalise
Uit die betiteling blyk dit dat die volgende begrippe as sleutelbegrippe kwalifiseer, dit wil sê betekenisvolle veranderlikes vir wetenskaplike ondersoek is:
1.1  Triadies
1.1.1  Hoe lyk die triadiese harmonie tussen ouer, onderwyser en kind?
1.1.2  Waar word die triadiese harmonie voltrek?
1.1.3  Wat is die moontlikheidsvoorwaardes vir sodanige voltrekking?
Hierdie drie vrae kan dien as eerste probleemstelling vir die navorsing wat skrywer hiervan wil onderneem.
Die wetenskaplik-logiese vraag wat vervolgens gevra moet word is welke hipoteses nou gestel kan word. Die eerste hipotesevorming kan moontlik soos volg daaruit sien:
1.1.1a  Die triadiese (resp. dialektiese) metode kan aangewend word om triadiese harmonie
uit te lê.
1.1.2a  Triadiese harmonie waarby ouer, onderwyser en kind betrokke is, word voltrek in die
skool.
1.1.3a  Die moontlikheidsvoorwaardes vir triadiese voltrekking in hierdie opset is kennis
van die wesenskenmerke van ouerwees, onderwyser wees en kindwees.
Uit hierdie drie hipoteses wat samehange tussen veranderlikes aandui, kan nou afleidings gemaak word aangaande die daarmee samehangende navorsingsplan:
1.1.1b  Die triadiese metode sal behoorlik beskryf moet word;
1.1.2b  'n Wesensanalise van die skool sal onderneem moet word;
1.1.3b  'n Wesensanalise van ouerwees, onderwyserwees en kindwees sal voltrek moet word.
Die navorsingsplan word aan die hand van fenomenologiesverantwoorde literatuurstudie afgehandel. .
1.2  Hermeneutiese
Die woordeboekbetekenis van hermeneutiek is "verklarend", "vertolkend". 'n Vakwoordeboekbetekenis lui soos volg: . . . ondersoek volgens watter beginsels en met watter hulpmiddels betekenisse verklaar en uitgelê moet word.
Die volgende vrae wag nou op beantwoording:
1.2.1  Langs welke weg word die betekenis van die ouer-onderwyser-kindverhouding verklaar en
uitgelê?
1.2.2  Wat is die implikasies van die verbinding van hermeneuties met triadies in hierdie
verband?
Hierdie twee metodologies betekenisvolle vrae vorm die tweede probleemstelling vir die navorsing wat onderneem moet word.
Die volgende twee subhipoteses geld as tweede hipotesevorming:
1.2.1a  Die relevante uitlegweg bestaan uit die beantwoording van die hermeneutiese vraag.
1.2.2b  Fenomenologiese beskrywing van die komponente van 'n triade
(hier: ouer-onderwyser-kind, het'n uitlegbetekenis.
Die verdere navorsingsplan wat voortvloei uit hierdie hipoteses is:
1.2.1c  Daar moet verduidelik word wat die betekenis is van die begrip "hermeneutiese vraag".
1.2.2c Dat die beantwoording van die hermeneutiese vraag beantwoord aan die kriterium
"uitlegbetekenis" sal aangedui moet word.
1.3  Analise
1.4  Samewerking
Daar moet dus gewerk word - ouerwerk, onderwyserwerk en kinderwerk moet geskied en in verband hiermee word 'n aantal pertinente vrae sigbaar:
1.4.1  Aan welke moontlikheidsvoorwaardes moat daar voldoen word sodat ouerwerk sinvol kan
geskied?
1.4.2  Welke vereistes word gestel aan effektiewe onderwyserwerk?
1.4.3  Waarin is die sin van kinderwerk geleë?
Die hipoteses wat voortvloei uit hierdie derde probleemstelling is:
1.4.1a  Aan die hand van ouerleiding sal die ouers se verpligtinge teenoor onderwysers
en hulle kinders verduidelik moet word.
1.4.2a  Deur middel van effektiewe onderwysersopleiding sal gesorg moet word dat
professionele verantwoordelikheid teenoor ouers en hulle kinders nagekom kan word.
1.4.3a  In die lig van 1.4.1a en 1.4.2a sal "kinderwerk" beteken om deur lyflike
teenwoordigheid te toon dat ouer-onderwysersamewerking essensieel is vir sy behoorlike
volwassewording.
Wanneer hierdie hipoteses nou geoperasionaliseer word in terme van 'n navorsingsplan, doen die volgende moontlikhede hulle voor:
1.4.1b  Daar sal op 'n duidelike wyse aan die ouergemeenskap verduidelik moet word.
1.4.2b  Daar sal besondere helderheid moet kom oor presies watter wyse van
onderwysersopleiding die beste daarin sal slaag om outentieke professionele diens aan
ouers en hulle kinders te lewer.
1.4.3b  Daar sal 'n fenomenologiese analise gemaak moet word van "redes waarom die kind mag
verwag dat sy ouers en onderwysers sal saam werk".
Samevattend kan daar vervolgens uit die voorgaande puntsgewys aangestip word op watter probleemstelling, hipotesevorming en navorsingsplan die onderhawige proefskrif geskoei sal word. 'n Verfynde probleemstelling, hipotesevorming en navorsingsplan sal as inleiding tot elke hoofstuk aandag geniet.
2.  Probleemstelling.
3.  Hipotesevorming.
4.  Navorsingsplan en hoofstukindeling.
5.  Afsluitend sal praktykverberingbetekenis uitgelê word.
Samevattend
DERDE VARIASIE
Onderwerp: Die verskyning van fundamentele pedagogiese essensies in outobiografieë van 'n aantal jeugdiges.
DIE VOLGENDE IS 'N VOORBEELD VAN 'N HISTORIESE AANLOOP AS EERSTE INLEIDING, GEVOLG DEUR REGVERDIGING VAN DIE NAVORSING AS TWEEDE INLEIDING, DAN PROBLEEMSTELLING, HIPOTESEVORMING EN 'N PROGRAMAANKONDIGING
1.   EERSTE INLEIDING: HISTORIESE AANLOOP
Telkens het die vraag ontstaan of die fundamenteel-pedagogiese essensies (wat in 1977 in essensie-tabelle georden is) werklik essensiestatus het. Dit het nodig geword om die verifikasie van essensiestatus sterk op die voorgrond te plaas. Verskeie verfikasie-studies is onderneem waarvan vervolgens 'n aantal bespreek sal word.
1.1
Die betiteling van hoofstuk vier van hierdie publikasie: Verifikasie van essensiestatus en die lesstruktuur. Betekenisvol is die opskrif "van raaksien tot verifikasie" waarin verduidelik word wat met verifikasie bedoel word en uitgelê word waarom die fenomenologiese denkstappe as verifikasiestappe kwalifiseer. Vervolgens word 'n demonstrasie gegee van die verifikasiefunksie van die fenomenologiese denkstappe. 'n Eerste verifikasiehandeling wat uitgevoer is, kan dan bekend staan as verifikasie van essensiestatus deur die aanwending van fenomenologiese denkstappe, d w s van 'n sistematiese aflê van die fenomenologiese denkweg.
1.2
Om tot die verifikasie van die essensiestatus van die gestelde Fundamenteel-pedagogiese essensies oor te gaan, onderneem Barnard 'n essensie-analise van moeders (as oorspronklike opvoeders) se briewe. Die essensies wat in die briewe verskyn word in tabelvorm neergeskryf waarin 'n uitleg daarvan aangebied word. Barnard stel verder soos volg (p 309). "Dit is insiggewend dat essensies soos in Landman se tabel dikwels net so voorkom ..."
Hier het 'n mens te make met 'n verifikasiehandeling wat bekend staan as verifikasie van essensiestatus deur fenomenologies verantwoorde leefwêreldanalise.
1.3
1.4
Beide Swanepoel en Jubelius kom tot dieselfde gevolgtrekking, naamlik dat die fundamentele pedagogiese essensies nie rasionele konstruksies is nie maar werklikhede is waarsonder opvoeding nie bedryf kan word nie. Hierdie wyse van verifikasiehandeling kan bekend staan as verifikasie van essensiestatus deur 'n analise van situasiebeskrywing deur nie-pedagogiekers.
1.5
Hierdie wyse van verifikasie-handeling kan bekend staan as verifikasie van essensiestatus deur vasstelling van navorsingswaardigheid.
1.6