Voordragte oor navorsing
Terug na Navorsing
KINDBEELD IN DIE KATEGESE
Die kategeet moet handel met die volgende as lig op sy pad:
Kategese is opvoeding van die kind tot eer van God die Vader, tot
dankbaarheid teenoor Jesus Christus die enigste Verlosser en
Middelaar en tot gehoorsaamheid aan die Heilige Gees.
Die kategeet moet weet wat die uitstaande kenmerke is van die
groep katkisante waarmee hy/sy gaan handel en dan verdere
kenmerke interpreteer teen die agtergrond van die volgende
wesenskenmerke (essensies) van kindwees wat ter wille van die
kind voortdurend in die gedagte gehou moet word met die volgende
as oorkoepelende gedagte: Die kind is iemand met 'n besondere
plek op die voorgrond terwyl die Norm wat spreek uit God se Woord
se plek die middelpunt is.
- Kenmerke wat verwys na die kind self
1.1 Die kind is iemand wat
* uniek is
- noem op die noemnaam
- moenie met ander kinders vergelyk nie
- moedig selfkompetisie aan
* opvoedbaar is tot waardige en fatsoenlike mens
- maak die opvoedende aanwending van kategese moontlik
- om ordentlik mens te wees beteken om gehoorsaam te leef in die lig van God se verordeninge
* vatbaar is vir sedelike vorming
- om te wil leef in ooreenstemming met norme wat
spreek uit die Bybel, moet aangemoedig word
* kenbaar is
- kategeet moet besondere pogings aanwend om elke
katkisant in sy/haar klas en hulle omstandighede
goed te leer ken
* volledig mens is
- kind is nie 'n klein grootmensie nie
- veral die feit dat die kind gevoelens het moet in ag geneem word
- die kind se moontlikhede moet ontwikkel word
* onderhewig is aan sonde en genade en wat bewus gemaak
kan word daarvan
- moet nooit oor God se haat vir sonde praat sonder om Sy liefde vir die sondaar te beklemtoon nie
* vatbaar is vir kennis
- verwag van die kind dat hy/sy sekere feite moet ken
* oor 'n deursettingsvermoë beskik wat ontwikkel moet
word
- gee opdragte om tuis uit te voer en verwag dat
dit goed gedoen sal word
* strewe na selfstandigheid
- gee kans om 'n eie bydrae te maak (en te
beoordeel)
* 'n eie betekeniswêreld opbou
- kategese is om besondere betekenisse te
verduidelik
- verduidelik al die begrippe wat in 'n les gebruik
word
* motiveerbaar is en wat beskik oor 'n opwekbare
belangstelling
- die entoesiasme van die kategeet (wat goed
voorberei is) is aansteeklik en lei daartoe dat
die kind se belangstelling gewek word wat
hom/haar sal motiveer
* vatbaar is vir idealisme wat toekomsperspektiewe open
- praat oor die toekoms wat vir die mens wag wat
Jesus Christus as persoonlike saligmaker
aangeneem het
* oor spontaneïteit beskik
- gee geleentheid om vrae te vra sodra hy/sy
behoefte daarvoor voel (en nie eers aan die einde
van die les nie)
* in staat is tot selfkompetisie
- vergelyk die kind (af en toe) met
homself/haarself
* 'n potensiële draer, bestendiger en verdediger is van
beskaafdheid
- die kind moet in 'n steeds toenemende mate besef
dat hy/sy deel moet wees van die stryd wat ter
wille van Bybelse norme gestry moet word
* beeld van God en verloste mens in Jesus Christus is
- beklemtoon voortdurend die persoonlike Jesus
Christus as persoon
Kenmerke wat verwys na opvoeding en onderwys
2.1 Opvoeding moet die eg menslike in sy verhewendste betekenis
aan die lig laat tree
- die hunkering na God en Sy liefde is eg menslik
2.2 Om die kind as bloot afrigbaar te sien, is om sy menswees
af te takel
- die norme en waardes "agter" die feite (kennis) moet
vir die kind openbaar word
2.3 Die kind is 'n volwaardige mens en sy opvoeding begin reeds
vanaf sy geboortedag
- die kind moet nooit daarvan weerhou word om deel te
neem aan die belewinge van die erediens nie
2.4 Oorbeklemtoning van sukses en 'n resultatejag is nie
essensies van kindwees nie
- hanteer die toetsresultate met ver- en omsigtigheid
2.5 Die kind is 'n wese van wie die waardigheid beskerm moet
word teen kennisinpomping
- "agter" die kennis lê die norme!
2.6 Die kind is 'n wese wat die beste opvoedbaar is deur sy
moedertaal in 'n moedertaalskool
- gebruik die beste moontlike Afrikaans tydens lesse
2.7 Die kind is opvoedbaar tot bewaarder van die hoogs
waardevolle erfenis
- die erfenis is God se Woord en die kind moet opgeroep
word om dit te bewaar (te bestudeer en om in die lig
daarvan te handel)
2.8 Die kind is 'n wese wat denkend kan worstel met werklike
probleme, en dit met toenemende selfstandigheid
- elke les moet 'n probleemstelling hê (dikwels die doel
van die les wat in vraagvorm gestel word)
2.9 Die kind is 'n vraende wese wat sinvolle antwoorde verlang
- die kategeet moet altyd die beste moontlike antwoord
gee wat by die kind se ouderdomsgroep pas
2.10 'n Besondere middel by die opvoeding van die kind is die
wek van 'n sterk identiteitsbewussyn
- die kind moet aangemoedig word om te sê: Ek is 'n
Christen (kind van die Here)
2.11 Identiteitsbewussyn is 'n besondere
opvoedingsaangeleentheid en kan nie as 'n obsessie beskryf
word nie
- Jesus Christus is ons eerste identifikasiefiguur en
ons moet nie skaam wees om dit te bely nie
2.12 Die kind is iemand wat weerbaar gemaak moet word teen
alles wat sy identiteit mag aantas of bedreig
- die kind moet weet wat "onchristelik" beteken en
waarom dit verwerp moet word.
Wat van die kind verwag moet word
3.1 Gehoorsaamheid en pligvervullende gesagsvolging.
3.2 Toenemende wete en belewinge dat hy God meer gehoorsaam
moet wees as mense.
Die kind en sy verhoudinge
4.1 Die kind is 'n wese vir wie die kwaliteit van sy
verhoudinge fundamenteel is
- 'n Vertrouensverhouding: vertrou die goed voorbereide
entoesiastiese kategeet
- 'n Begrypingsverhouding: "Ek hou van daardie kategeet
want hy weet hoe 'n kind is".
- 'n Gesagsverhouding: handhaaf gesag (dissipline)
sonder skree, uitskel en dreig
4.2 Die kind het nood aan weerbare, normatief-sterk nie-neutrale en standpuntvaste kategete
- die kategeet moet nie bang wees om sy/haar persoonlike
geloofsbelydenis aan die katkisante bekend te maak nie
Slot
Opvoeders is gesagsdraers wat weet dat die opvoedingsgesag
waaroor hulle beskik verleende gesag is, en dat die kinders wat
aan hulle toevertrou is moet raaksien dat hulle die gesag van God
en Sy gebod gehoorsaam.
o-0-o
|