Professor W A Landman


Terug na titels van publikasies

Terug na Tuisblad

DIE VERHOUDING TUSSEN TEORIE EN PRAKTYK: HEDENDAAGSE PERSPEKTIEWE

W A LANDMAN
INSTITUUT VIR OPVOEDKUNDIGE NAVORSING
UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
Posbus 392
Pretoria 0001

1.  INLEIDEND

Die dispuut oor die verhouding tussen teorie en praktyk is een van die duursame strydvrae wat voortvloei uit die eeu oue polariteit tussen ken en kan of die spanning tussen teoretiese en praktiese wysheid. Om hierdie twee vorme van wysheid in opposisie tot mekaar te sien of om die superioriteit van die een bo die ander te proklameer, is om in 'n oordrewe dualisme te verval en om besig te wees met 'n besonder onproduktiewe aktiwiteit. Rigiede polarisasie tussen teorie en praktyk dien geen doel nie; wel die beklemtoning van vennootskap tussen twee gelykwaardige en ewe waardevolle ondernemings wat kan lei tot 'n integrasie van ken en kan (denke en doen). Daar moet steeds in gedagte gehou word dat teorie sonder praktyk irrelevant kan word en dat praktyk sonder teorie dom en blind kan wees (Brieschke, 1985:131-140).

Elke praktyk bevat implisiet algemene beginsels (d.w.s. teorie) wat nie deur die praktisyn raakgesien word nie. Dit is die taak van die teoretikus om dié teorie (of teorieë) te identifiseer en te beskryf sodat dit aangewend kan word om ander praktyke te verbeter. Die een praktyk as sodanig kan nie 'n ander praktyk verbeter nie (Smith, 1987:307-317).

2.  ANALISE VAN TWEE DEFINISIES VAN DIE BEGRIP "TEORIE"

'n Teorie is

(1) 'n sisteem van prinsipes, definisies, postulate en observasies wat 'n georganiseerde eenheid vorm met die doel om sekere verskynsels te verklaar en/of te begryp (SAX, 19 :7).

(2) 'n Teorie is 'n veralgemening of reeks veralgemenings waardeur 'n mens probeer om sekere verskynsels op 'n sistematiese wyse te verklaar en/of te begryp (Wiersma, 13) (Burgess, 1983:209).

TEORIE

G. theoria - besinning, kontemplasie; theorein - ek sien: kennis wat in bespiegeling bestaan sonder dat dit met enige praktiese oefening verbonde is; leer van die grondbeginsels van 'n wetenskap; wetenskaplike beskouing (verklaring); sisteem van denkbeelde of hipoteses ter verklaring van waargenome feite of verskynsels; stelling; bewering; opvatting. Die denke is 'n saak van rasionele refleksie - met ander woorde, dit is 'n teoretiese saak. Aan die anderkant is dit 'n deurskouing, reflekterend - denkend van die opvoedingspraktyk. Die praktyk is die studieterrein van die teorie, omdat dit deel is van die leefwêreld van die mens waaroor die Pedagogiek besin. Die teorie kan egter ook die praktyk beïnvloed (Van Rensburg en Landman 1988:217).

Uit hierdie twee definisies van teorie kan die volgende essensies aan die lig gebring word:

Essensies Verklarende woordeboek(e) Filosofie-woordeboek(e)

Sisteem Groep feite, idees, stellings Wetenskaplik gerangskik (van

wat 'n logies geordende ge- Rensburg en Landman, 204). heel vorm. Same voeging van 'n aantal Sistematies = volgens 'n sis- bymekaar passende werklik-

teem. hede op so 'n wyse dat dit

'n eenheid vorm waarin elke

deel 'n besondere verhouding

het met die geheel en met

die ander dele (Kröner1967:

602-183).

Essensies Verklarende woordeboek(e) Filosofie-woordeboek(e)

Prinsipes Grondbeginsel: beginsel wat Fundamentele of grondvrae

as reël of rigsnoer dien. (Van Rensburg en Landman,

1988:183). Essensies is dit

wat inherent is van iets.

Kategorieë of postulate

(Runes, 1968:256). Grond-

reëls wat dien as vooronder-

stellings wat 'n uitgangs-

punt bekend maak (Kröner,

1967:488).

Definisie Noukeurige omskrywing. Stelling van die essensie

van 'n saak waardeur die be-

tekenis van die saak duide-

lik word (Runes,1968:74-75).

Verheldering van 'n begrip

deur die spesifisering van

die kenmerke daarvan

(Kröner, 1967:98).

Postulatt Onbewysbare stelling wat Kant: 'n ondemonstreerbare

aanvaar moet word om be- hipotese (Runes, 1968:244).

paalde feite te kan be- 'n Aanname wat noodwendig

gryp. gemaak moet word indien den-

ke gemoboliseer moet word

(Kröner, 1967:485).

Obser- Waarnemings. Bewuswording van werklikheid

vasies wat geïnterpreteer kan word

met die hulp van begrippe

(Runes, 1968:218).

Essensies Verklarende woordeboek(e) Filosofie-woordeboek(e)

Georgani- Om 'n sistematiese geheel te Organisasie. 'n Gestruktu-

seerd vorm. reerde geheel vorm 'n siste-

matiese eenheid van dele. 'n

Dinamiese sisteen (Runes,

1968:221). Verbinding van

eenhede (indiwidue) om

'n samehangende geheel te

vorm (Kröner, 1967:442).

Eenheid Een geheel te vorm. 'n Werklikheid waarvan die

dele 'n samehangende geheel

vorm en saam werk (Kröner,

1967:127).

Verklaar/ Betekenis uitlê Om betekenis toe te skryf

Helder maak aan idees: (Runes, 1968:

begryp Met die verstand vat, 109-105). Dit is om die

verstaan. betekenis in iets te ken.

Om die wesenlike van iets te

erken (raak te sien); om te

weet wat dit beteken

Kröner, 1967:641).

Veralge- 'n Algemene gevolgtrekking Daarstelling van algemeen

ning maak. geldige uitsprake (Runes,

(Algemeen 1968:116). Geldigheid van

geldigheid) 'n insig of van kennis son-

der uitsonderings (Kröner,

1967:12).

Essensies Verklarende woordeboek(e) Filosofie-woordeboek(e)

Denkbeelde Voorstelling, idee, gedagte Denke as die aktiewe omgang

wat gedink word. met eie voorstellings, be-

grippe, gevoels- en wilsui-

tinge, herinneringe, ver-

wagtinge ens. met die doel

om bruikbare aanwysings te

bekom vir die bemeestering

van situasies (Kröner,

1967:101)

Hipotese Onbewese stelling wat moet Weloorwoë aanname wat kan

dien as grondslag vir rede- dien as voorlopige verkla-

nering. ring van 'n saak, sonder om

die feite te weerspreek

(Kröner, 1967:264).

Deurskouing Deeglik deurgrond. Volledig deursien; begrippe

deurgrond, peil (Van Rens-

burg en Landman, 1988:33).

Reflekse Bedinking Evaluerende en vergelykende

nadenke oor iets (Kröner,

1967:509).

3. HERDEFINIëRING VAN DIE BEGRIP TEORIE

Die volgende definisie kan nou gemaak word aangaande die begrip teorie:



'n Teorie is



(1) 'n eenheid van aannames (vooronderstellings) wat noodwendig gemaak moet word indien die denke (nadenke, refleksie) geaktiveer moet word;

(2) 'n samevoeging van bruikbare aanwysings vir die begryping van 'n situasie;

(3) die som van middele vir evaluerende en vergelykende nadenke oor iets;

(4) 'n sistematies georganiseerde geheel van grondstellings;

(5) 'n geheel van denkbeelde wat lei tot skerp bewuswording van die werklikheid (byvoorbeeld 'n praktyk) wat geïnterpreteer en waarvan die betekenis raakgesien moet word.



Dit kan insiggewend wees om hierdie vyfpuntige verklaring van die begrip "teorie" te vergelyk met ooreenstemmende beskrywings van die begrip "beligtende denkmiddele" wat kan lei tot 'n gekondenseerde definisie van teorie: 'n Teorie is die verwoording van die geheel van beligtende denkmiddele waaroor 'n denker beskik (voorlopige definisie).



Vyfpuntige definisie Beligtende denkmiddele Geïntegreerde definisie

- beskrywing

(1) Eenheid van aan- (1) 'n Eenheid van be- (1) 'n Eenheid van aan-

names (vooronder- ligtende denkmid- names wat noodwendig

stellings wat dele (denkligte) gemaak moet word in-

noodwendig gemaak vir die bekyking dien situasies (prak-

moet word indien van situasies tyk) waar daar werk-

die denke (naden- (praktyk) waar iets lik iets gebeur, ak-

ke, refleksie) werklik gebeur tief denkend belig

geaktiveer moet (Landman, 1973:3). moet word.

word.

Vyfpuntige definisie Beligtende denkmiddele Geïntegreerde definisie

- beskrywing

(2) 'n Samevoeging van (2) Bygryping is om 'n (2) 'n Samevoeging van

bruikbare aanwy- uitleg te gee en uitlegmiddele (be-

sings vir die be- dit beteken om die ligtende denkmiddele)

gryping van 'n werklikheid denkend waarmee die outentie-

situasie. te belig dat die ke betekenis van 'n

werklike essensia- praktyk in die lig

liteit, dus die ou- gebring kan word.

tentieke betekenis

daarvan in die lig

laat kom.

(3) Die som van midde- (3) Beligtende denkmid- (3) Die som van evalue-

le vir evaluerende dele kan vir eva- ringsmiddele en ver-

en vergelykende luering aangewend gelykingsmiddele om

nadenke oor iets. word, wanneer die te bepaal of 'n prak-

definisies (ver- tyk outentiek is en

woording) daarvan of praktykverwerkli-

in vraagvorm her- king outentiek is.

formuleer word

(Landman, 1971:42).

(4) 'n Sistematies ge- (4) Daar word met be- (4) 'n Sistematies ge-

organiseerde geheel hulp van beligten- organiseerde geheel

van grondstellings. de denkmiddele van verwoordinge in

gronduitsprake ge- terme waarvan oor

maak, d.w.s. werk- praktykgebeure uit-

like essensies word sprake gemaak kan

verwoord (uitge- word.

spreek (Landman,

1973:3).

Vyfpuntige definisie Beligtende denkmiddele Geïntegreerde definisie

- beskrywing

(5) 'n Geheel van (5) Beligtende denk- (5) 'n Geheel van belig-

denkbeelde wat lei middele maak 'n tende denkmiddele

tot skerp bewus- praktyk toeganklik waardeur 'n praktyk

wording van die sodat die werklike begrypbaar gemaak

moontlikheid essensialiteit (ou- word omdat die ou-

(praktyk) wat ge- tentieke betekenis) tentieke betekenis

ïnterpreteer en daarvan sigbaar ge- daarvan aan die lig

waarvan die be- maak kan word deur gebring word (sig-

tekenis raakge- toereikende ver- baar gemaak word).

sien moet word. woording (Landman,

1973:3-4).

NOTA: (2) en (5) gaan oor dieselfde saak en kan dus saamgevoeg word.

4. UITWERKING VAN DIE AFWESIGHEID VAN 'N TEORIE

Vervolgens kan daar bepaal word wat die geïntegreerde definisies (kolom 3) van teorie se implikasies is vir 'n praktyk. Dit sal gedoen word deur die uitwerking wat die afwesigheid van die essensies wat in die geïntegreerde definisie verskyn, in die praktyk aan te dui.

Geïntegreerde definisie Implikasies vir 'n geïsoleerde prak-

tyk

(1) 'n Teorie is 'n eenheid van Afwesigheid van 'n teorie lei tot

aannames wat noodwendig gemaak

moet word indien situasies 1. Denkskuheid

(praktyk) waar daar werklik 2. Naïewe vooroordeel

iets gebeur, aktief denkend

belig moet word.

Geïntegreerde definisie Implikasies vir 'n geïsoleerde prak-

tyk

(2) 'n Teorie is 'n samevoeging ('n Afwesigheid van 'n teorie lei tot

geheel) van uitlegmiddele (be-

ligtende denkmiddele) waarmee 1. Gebrek aan lig

die outentieke betekenis van 'n 2. Algemene gepratery

praktyk in die lig gebring kan 3. Oppervlakkigheid

word (sigbaar gemaak word).

(3) 'n Teorie is die som van eva- Afwesigheid van 'n teorie lei tot

lueringsmiddele en vergely-

kingsmiddele om te bepaal of 1. Alledaagsheid

'n praktyk outentiek is en of 2. Negatiwiteit

praktykverwerkliking outentiek

is.

(4) 'n Teorie is 'n sistematies ge- Afwesigheid van 'n teorie lei tot

organiseerde geheel van ver-

woordinge in terme waarvan oor 1. Dubbelsinnigheid

praktykgebeure uitsprake ge- 2. Gebrek aan wakkerheid

maak kan word. 3. Naïewe vooroordeel

Kort begripsverklaring ten aansien van die kenmerke van 'n praktyk wat geïsoleer word van 'n teorie (Landman, W.A. 1977:hoofstuk 3).

(1) Gebrek aan lig

Gebrek aan lig of gebrekkige lig moet vermy word omdat lig nodig is:

(a) om iets (essensies van 'n praktyk) aan die lig te bring met die oog op begryping;

(b) om essensies (ook praktykessensies) te bereik;

(c) om essensies te versamel en te orden; en

(d) om die praktyk te open vir die teenwoordigstelling van essensies sodat daardie praktyk en die beste wyse van verwerkliking daarvan begryp kan word.

Vermyding van gebrekkige lig word bewerkstellig deur helderheid te hê aangaande die beligtende denkmiddele (teorie) wat aangewend moet word ten einde essensies te openbaar, te verwerklik en te evalueer.

(2) Algemene gepratery

Algemene gepratery moet vermy word omdat:

(a) dit vanweë 'n woordevloed nie lei tot egte begryping nie;

(b) dit essensies van 'n praktyk laat verdwyn onder 'n woordekleed;

(c) daardeur maklike verstaanbaarheid aangesien kan word vir egte begryping; en

(d) dit vrystelling gee van egte denke en lei tot die soek van die maklikste weë.

Hierdie vermyding word bewerkstellig deur o.a. 'n keuse in die lig van 'n teorie vir die betekenisvolste woorde en vir woord-ekonomie.

(3) Oppervlakkigheid

Oppervlakkigheid moet vermy word omdat:

(a) daardeur slegs 'n oppervlakkige sien van 'n praktyk en nie 'n radikale begryping deur kyk en skou bevorder word;

(b) dit 'n soeke en hunkering na die nie-essensiële aanmoedig; en

(c) dit nie genoeë neem met 'n rustige, denkende verwyl by (vertoef by) die praktyk nie.

Vermyding van oppervlakkigheid word bewerkstellig deur aan te dring daarop dat in die denkweg (wat deur 'n teorie beskryf word) gebly moet word.

(4) Alledaagsheid

Alledaagsheid moet vermy word omdat:

(a) die doodgewone en die oorbekende, die wek van verwondering vir 'n outentieke praktyk demp asook die bewondering daarvan;

(b) dit die wakker hou van besinnende denke belemmer.

Alledaagsheid kan vermy word deur ononderbroke moedige denke wat onderskraag word deur 'n teorie en wat die outentiekheid van 'n besondere praktyk aan die lig bring.

(5) Negatiwiteit

Negatiwiteit moet vermy word omdat:

(a) daardeur dit wat nie outentiek tot 'n besondere praktyk behoort nie, op die voorgrond gebring word;

(b) dit alle vorme van verifikasie (in die lig van 'n teorie) afwys; en

(c) dit lei tot 'n ontkenning daarvan dat essensie-openbaring die beste weg is om outentiekheid te begryp en te evalueer.

Afwys van negatiwiteit word voltrek deur te kies vir essensie-openbaring met behulp van 'n teorie en teen essensieblindheid vanweë die afwys van teoretisering (teorie-bou).

(6) Dubbelsinnigheid

Dubbelsinnigheid moet vermy word omdat:

(a) dit weens dubbele betekenisse wat aan dieselfde saak geheg word, verwarring skep;

(b) daardeur voorgegee word dat algemene gepratery en oppervlakkigheid goedkeurenswaardig is;

(c) daardeur die praktyk self op die agtergrond geskuif word; en

(d) dit steeds voortgaande bedinking in die lig van 'n teorie as onnodig beskou.

Verwydering van dubbelsinnigheid word bewerkstellig deur besondere waarde te heg aan helderheid en duidelikheid van die begrippe wat deur deeglike teoretiese begronding bewerkstellig word.

(7) Wakkerheid

Gebrek aan wakkerheid moet vermy word omdat:

(a) die mate van wakkerheid streng korreleer met die kwaliteit van die toegang tot die essensies van 'n praktyk;

(b) dit inisiatief tot essensie-openbaring wat lei tot paslike verwoording demp; en

(c) dit -ismebevorderend is.

Wakkerheid geskied wanneer daar in die lig van 'n teorie alledaagsheid deur verwondering en bewondering intensiveer tot aandagtigheid wat essensie-openbaring moontlik maak.

(8) Naïewe vooroordeel

Naïewe vooroordeel moet vermy word omdat:

(a) oppervlakkige bevooroordeeldheid die denke wat deur 'n teorie opgewek word smoor; en

(b) 'n wegbeweeg van essensieblindheid vanweë teorieloosheid daardeur verhoed word.

Vermyding van vooroordele geskied met 'n duidelike onderskeiding tussen vooroordeel, vooronderstelling en grondstelling en 'n begryping van die betekenis daarvan vir uitsprake oor 'n praktyk in die lig van 'n besondere teorie.

GEVOLGTREKKING

'n Besondere waarde van 'n teorie is daarin geleë dat dit die voorwaardes vir essensie-openbaring (dus vir outentieke begryping) skep in teenstelling met teorieloosheid wat essensieblindheid in die hand kan werk.

5. TEORIE AS 'N RAAMWERK VAN BEGRIPPE EN BESLUITVORMING

'n Essensieblinde of afwesige teorie belemmer die praktisyn se besluitvorming waarmee hy voortdurend besig is. 'n Teorie kan 'n instrument wees vir die neem van gefundeerde beslissings in en ten opsigte van 'n praktyk en berus dan nie op lukraak ingewings nie. Dit gaan om die kontrole van praktykgebeure deur beslissings (Roberts, 1988:85-94).

Die invloed van 'n teorie op besluitneming in en ten aansien van 'n praktyk, blyk duidelik wanneer raakgesien word dat 'n teorie eintlik 'n raamwerk van goed gedefinieerde begrippe en begripsverklaringe is. Dié raamwerk kan geskep word deur 'n integrasie van teorie en toegepaste navorsing (Weaver, Brazeal, Dow, 1989:162-170; Brockett en Hiemstra, 1985:31-46) wat aan sekere vereistes moet voldoen. Die navorsing moet daartoe lei dat data (gegewens) ingesamel word waaruit betroubare gevolgtrekkings gemaak sal kan word. Dit beteken dat die data paslik, noukeurig en voldoende moet wees. Paslike data is data wat deur die probleemstelling opgeroep word en wat nodig is vir probleemoplossing. Noukeurige data is foute-vrye gegewens wat nodig is vir betroubare gevolgtrekkings. Te min gegewens kan die "maak" van gevolgtrekkings riskant laat wees (Monroe 1989:69-72). Dit is paslike, noukeurige en voldoende gegewens wat die basis vorm van navorsingsbevindings (gevolgtrekkings) wat praktyk-bruikbaar gemaak moet word. Die vraag is (Aristoteliaans gestel): hoe word teoretiese kennis (d.w.s. teorie) praktiese kennis (d.w.s. praktyk)? Omskakeling van navorsingsbevindinge en teorie na praktiese kennis veronderstel 'n begryping van die omskakelingsgebeure.

Navorsingsbevindinge en teorie moet "vertaal" word in die eksplisiet intensionele (op die praktyk gerigte) taal van die praktisyns met ander woorde die praktykbetekenisse daarvan moet duidelik uitgespel word en aangewend word om die praktisyns se bestaande ervaring te verbreed (verdiep) (Garrison en Macmillan, 1987:38-43). Baie praktisyns se onvermoë om navorsingsbevindinge in praktyk te "vertaal" lei daartoe dat die navorsing deur hulle as irrelevant beskou word. Aangesien goeie navorsing gebaseer is op praktyk en goeie praktyk gebaseer is op navorsing, moet teoretici en praktisyns saam werk (Ornstein, 1987:44-46). Teorie moet vir praktisyns begrypbaar en opwindend gemaak word. Een wyse om dit te doen is om werkseminare en programme spesifiek met hierdie doel te reël (Schuk, 1989:297-298; Wilson, 1989:137-144) waarin daar ook aandag gegee moet word aan die betekenis van teorie vir besluitvorming.

In die voorgaande paragraaf is drie begrippe gebruik naamlik teorie, navorsing en praktyk. 'n Moontlike denkweg wat gevolg kan word is: teorie na navorsing, dan na praktyk en dan weer terug na teorie.

Teoretici voorsien 'n raamwerk van gedefinieerde begrippe en begripsverklaringe wat dit moontlik maak om die praktyk te begryp (soos reeds gestel). Hierdie raamwerk moet voortdurend aan verifikasie en verfyning onderwerp word, maar: praktisyns kan dit nie bekostig om te wag veral met hulle besluitneming, vir teoretici om al die probleme op te los nie. Praktisyns moet teoretici en navorsers aanmoedig om te soek na riglyne wat praktisyns se handelinge kan rig en opleiers moet daarop ingestel wees om te demonstreer hoe teorie en navorsing die praktyk kan ondersteun (Brown, 1984:23-24). Dan gaan dit veral om bruikbare teorie, dit wil sê teorie wat praktiese waarde het. Meesal is dit teorie in die vorm van 'n stel idees wat ervaar, ondersoek en geëvalueer moet word deur die praktisyns. In dié geval beweeg teorie weg daarvan om preskriptief te wees en blyk die rigtinggewende waarde daarvan (Morine-Dershimer, 1987:59-66; Cherland, 1989:409-412).

Daar moet egter ook raakgesien word dat praktyk betekenisvol kan wees vir teorie, veral wanneer empiriese verifikasie lei tot teorie-verfyning en verfynde teorie se rigtinggewende uitwerking dan verskerp. Dit gaan hier dan om 'n voortdurende wisselwerking tussen teorie en praktyk waarin teorie kriteria vir die evaluering van praktyk voorsien en praktisyns toegelaat word om teorie te kritiseer (Stenhouse, 1983:211-215).

6. ENKELE REDES VIR DIE TEORIE-PRAKTYKGAPING

'n Verdere saak wat aandag moet geniet, is die moontlike redes vir die bestaan (ontstaan) van 'n gaping tussen teorie en praktyk. Die volgende is 'n aantal moontlike redes (Benson, 1985:276-279):

(1) Verskil in doelwitte, waardes en prioriteite.

(2) 'n Inherente weerstand teen verandering by baie praktisyns.

(3) Ontoereikende geleentheid vir die uitruil van idees en ervaring, tussen teoretici en praktisyns.

(4) Kommunikasie en terminologiese struikelblokke (versperrings) tussen teoretici en praktisyns.

Benson doen die volgende oplossings aan die hand:

(1) Maak dialoog tussen teoretici en praktisyns in die vorm van kort sessies moontlik.

(2) Beloon die implementering van nuwe idees en praktyke.

(3) Bevorder deelname van teoretici en praktisyns in besluitnemingsprosesse.

(4) Ontwikkel koöperatiewe (resp. span-) navorsing waaraan teoretici en praktisyns deelneem.

(5) Voorsien geleenthede vir teoretici om praktiese ervaring op te doen.

Hierby kan gevoeg word: Lei praktisyns op om hulle ervaring op weten-skaplik verantwoorde wyse te organiseer en te mobiliseer (Landman, 1989:308-311).

Uit hierdie uiteensetting kom die volgende vraag na vore: watter wyse

van betrokkenheid van teoretici en praktisyns by die oplossing van die probleem ten aansien van die verhouding van teorie en praktyk, kan as haalbare model voorgestel word?

7. DIE VERHOUDING, TEORIE: PRAKTYK AS PROBLEEM: BETROKKENHEID VAN TEORETICI EN PRAKTISYNS

Wanneer daar besin word oor die verhouding van 'n teorie en die praktiese toepassing daarvan, lyk dit asof 'n mens hier met minstens twee moontlikhede te make het, te wete

(a) teorieskepping ter wille van teorie (resp. wetenskap) en

(b) teorie ter wille van 'n praktyk.

Teorie ter wille van teorie (wetenskap)

Stelling: "Die wetenskap word bloot ter wille van die wetenskap, dus kennis slegs met die oog op kennisverwerwing, beoefen" of teoretisering met die oog op teorievorming. Dit sal beteken dat 'n teorie wat voortkom uit 'n praktyk (die leefwêreld) verder niks met daardie praktyk te make wil hê nie. Van 'n terugkeer na die leefwêreld waaruit dit ontspring het met die oog op verfyning daarvan is daar dan wat wetenskaplikheid betref, geen sprake nie. 'n Ander moontlikheid hier, is dat 'n bepaalde wetenskaplike 'n bydrae sal maak tot die begryping van 'n werklikheidsaspek en dit dan aan ander persone oorlaat om die toepassingsmoontlikhede daarvan te bedink en uit te werk. Hy sal dan ook hierdie handelinge deur die "toepassers" nie as aangeleentheid van wetenskap beskou nie.

Minstens twee sake verdien in die lig van die voorgaande, die aandag:

(a) In die eerste plek word daar 'n denkende gerigwees op en oopstaan vir die praktyk self voltrek ten einde die kenmerke daarvan aan die lig te bring met die oog op begryping. Daar moet telkens 'n terugkeer na 'n praktyk geskied. Een besondere wyse van terugkeer na 'n praktyk is om te bepaal wat die uitwerking van toegepaste teoretiese insigte op daardie praktyk is. Op hierdie wyse word meer lig gewerp op daardie teoretiese insigte en terselfdertyd word die praktyk verbeter (verfyn). Die teorie het dan praktiese konsekwensies wanneer dit terugkeer na die plek waar dit ontstaan het, naamlik die praktyk. Bestudering van hierdie praktiese konsekwensies lei dan weer tot 'n verskerpte teorie en maak dus 'n bydrae daartoe. Terselfdertyd is die praktiese konsekwensies (resp. praktyk) beter begryp en dus op 'n meer verantwoordelike wyse deurgevoer. Dit lyk dus asof 'n afwys van die noodwendigheid van 'n terugkeer na die praktiese konsekwensies wat teorie mag hê, 'n onwetenskaplike handeling mag wees.

(b) 'n Besonder betekenisvolle aangeleentheid vir 'n teorie (wetenskap) is die reg en die plig van daardie teorie om te vra na die behoorlikheid van die toepassing daarvan. Die teorie dra dan verantwoordelikheid om navraag te doen aangaande die behoorlike aanwending daarvan in 'n praktyk. Hy vra sekere vrae en is hierdie vrae dan ook aangeleentheid van wetenskap. 'n Teorie dring dan aan op behoorlike toepassing van hom en dit kan nie geskied in isolasie van 'n praktyk waarmee dit niks te make wil hê nie. 'n Teorie dring aan op toereikende antwoorde op die vrae wat hy aan 'n uit hom voortvloeiende praktyk stel. Hierdie antwoorde kan dan weer dien tot 'n verskerpte teorie.

Teorie ter wille van 'n praktyk

Uit bostaande blyk dit dat daar gepraat mag word van die eenheid van wedersyde implikasie van teorie en praktyk. Die vraag is nou of 'n teorie ontwerp word bloot met die oog op begryping van die praktyk of bloot om die verbetering van die praktyk. Uit dit wat tot dusver gesê is, lyk dit asof die eerste moontlikheid bevraagteken kan word. Wat die tweede moontlikheid naamlik dat 'n teorie uitsluitlik met die oog op verbetering van 'n praktyk betref, kan die beswaar gemaak word dat daardie teorie dan dienstig gemaak word, dus onderdanig gemaak word aan 'n bepaalde praktyk. Daardeur word die teorie se outonomie ingeboet. 'n Teorie word dan eintlik onnodig (sinloos) want daar is 'n bepaalde praktyk wat die mag het om aan hom voorskrifte te maak. Daardie praktyk sê dan welke uitsprake oor hom vir hom aanvaarbaar sal wees. Hy verhef homself dan tot outonome uitsprake-maker.

Dit lyk dus asof 'n teorie wat gekenmerk word deur 'n volslae onderdanigheid aan 'n bepaalde praktyk, deur daardie praktyk tot onvrugbaarheid gedwing kan word.

'n Moontlike oplossing

'n Moontlike oplossing uit hierdie dilemma is om die verhouding van teorie en praktyk soos volg te sien:

Eerste moontlikheid Tweede moontlikheid Sintese

Kennispool Praktiese pool Kennisgefundeerde

praktyk

Eerste moontlikheid

Teoretici wat van voorneme is om slegs denkarbeid te wy aan die uitbouing van die kennispool se reg om dit te doen, moet erken en eerbiedig word. Die uitsluitlike doel van hierdie teoretici is begryping van die praktyk en dit word aan andere oorgelaat om met hierdie denkuitkomste iets te maak of nie iets te maak nie. Dit wat deur hulle onthul en beskryf is kan deur ander mense tot voorskrifte vir hulleself gemaak word. Gesprekke met mense in die praktyk aangaande die betekenis wat die teoretiese begryping vir hulle praktiese voorskrifte het, is vanselfsprekend nie uitgesluit nie en geskied dan ook heel dikwels.

Tweede moontlikheid

Praktisyns wat van voorneme is om hulle slegs te beywer vir 'n steeds volgehoue verbetering van die praktyk (praktiese pool) waarin hulle staan, se reg om dit te doen moet erken en eerbiedig word. Dit geld ook vir hulle besluit hoe om dit te doen, byvoorbeeld

(a) deur te leer uit die eie foute en die eie praktiese oplossings van probleme wat mag opduik,

(b) deur kennis te neem van dit wat beskryf is deur die arbeiders aan

die kennispool,

(c) deur 'n sintese van (a) en (b).

Dit is ook heeltemal moontlik en sinvol dat die praktisyns sekere betekenisvolle aangeleenthede onder die teoretici se aandag sal bring. Byvoorbeeld die segswaarde wat teoretici se uitsprake vir 'n bepaalde praktyk het.

Sintese

Dit is heeltemal moontlik dat daar 'n derde groep mense mag wees wat van voorneme is om slegs denkarbeid te wy aan 'n sintese (integrasie) van dit wat die teoretici en "manne-van-praktyk" aan die lig gebring het en te kenne gee. Hulle leer uit die uitsprake wat oor die praktyk gemaak is en uit die ervaringe van mense in die praktyk en gaan dan oor tot 'n toepassing van dit wat hulle geleer en waargeneem het.

Daar mag selfs 'n vierde groep mense wees wat van voorneme is om te arbei aan al drie hierdie pole van kennis. Dit is 'n moontlike en beslis sinvolle wyse van handeling.

Dit is hierdie groep mense wat raaksien en aanvaar wat Leo Ruth ontdek het.

Praktiese kennis (Kennis van 'n praktyk) ontwikkel deur refleksie-in-aksie tydens die unieke ervaring om iets te doen.

Sistematiese selfondersoek lei tot die ontwikkeling van praktiese wysheid wat beskou kan word as 'n individuele teorie oor 'n praktyk. Indien so 'n individuele teorie oor praktyk goed ontwikkel word, sal dit lei tot die begryping van die praktiese betekenis en beperkinge van kennis (teorie) wat op navorsing baseer is (Ruth, 1986:73-77).

8. SLOTOPMERKING

Daar, moet onthou word, sê Alice Boberg, dat daar nie 'n konflik bestaan tussen teorie en praktyk nie, wel tussen teoretici en praktisyns. Een oplossing is om die praktisyns te betrek by die navorsingsproses en om nie mure te bou tussen die "gatekeepers of theory" en die "champions of practice" nie (Boberg, 1985:67-70).

VERWYSINGS

Benson, G. 1985. Management theory and the practice of management. Journal of Business Education, vol. 60. April.

Boberg, A. 1985. Linking theory and practice. The Journal of Educational Thought, vol. 19, no. 1. April.

Brieschke, P.A. 1985. Theory and practice: the empty fort of school administrators. Planning and Changing, vol. 16. Fall 1985.

Brockett, R.G., Hiemstra, R. 1985. Bridging the theory-practice gap in self-directed learning. In Brookfield, S. (Editor): Self-directed learning: from theory to practice. London: Jossey-Bass Publishers.

Brown, R.D. 1984. Theory to research to practice to theory. Journal of College Student Personnel, vol. 25.

Burgess R.G. 1983. Field Research: a Sourcebook and Field Manual. London. Allen and Unwin.

Cherland, M.R. 1989. The teacher educator and the teacher: when theory and practice conflict. Journal of Reading, vol. 32, no. 5. February.

Garrison, J.W., Macmillan, C.J.B. 1987. Teaching research to teaching practice: a plea for theory. Journal of Research and Development in Education, vol 24, no.4. Summer 1987.

Kröner, A. 1967. Wörterbuch der Philosophie. Stuttgart.

Landman, W.A. 1971. Aanwending van die pedagogiese kategorieë in die Fundamentele Pedagogiek. Pedagogiekstudies nr. 68. Universiteit van Pretoria.

Landman, W.A. 1973. Die praktykwording van die Fundamentele Pedagogiek. Johannesburg. Perskor.

Landman, W.A. 1977. Fundamentele Pedagogiek en Onderwyspraktyk. Butterworth. Durban.

Landman, W.A. 1989. Strukturering van die eie ervaring vir navorsingsdoeleindes. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Opvoedkunde,

vol. 9 (2).

Monroe, W.S. 1989. Contributions of research to educational theory and practice. Contemporary Education, vol. 60, no. 2. Winter 1989.

Morine-Dershimer, G. 1987. Informal theory and instructional practice: sensemaking makes sense. Theory into Practice, vol. 26, no 1.

Ornstein, A.C. 1987. Teacher behavior research: theory, practice and recommendations. NASSP Bulletin, December.

Roberts, D.A. 1985. Theory, Practice, and the Student of Education. The Journal of Educational Thought, vol. 19, no. 1. April

Runes, D.D. 1968. Dictionary of Philosophy. Littlefield Adcms.

Ruth, L. 1986. Finding your theory in practice. English Education,

vol. 18, no. 2. May, pp. 73-77.

Sax, G. 1979. Foundations of Educational Research. New Jersey, Prentice-Hall.

Schuh, J. H. 1989. A student development theory to practice workshop. Journal of Counseling and Development, vol. 67. January.

Smith, L. 1987. Developmental theory and teachers' practice. Instructional Science, vol. 16, no.4.

Stenhouse, L. 1983. The relevance of practice to theory. Theory into Practice, vol. 22, no. 3.

Van Rensburg, C.J.J. & Landman, W.A. 1990. Fundamenteel-pedagogiese begripsverklaringe. Pretoria: N.G. Kerkboekhandel.