Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

L O G O S
DEEL 2


2.  OPSOMMING EN KOMMENTAAR

2.1  Logos is die versameling wat alles wat is in sy totaliteit voorlę, laat verskyn en uitspreek. Logos dui dus op 'n handeling:

  • tesame bring;

  • bymekaar te laat lę wat bymekaar hoort;

  • bewaar, insluitende 'n keuse van wat bewaar behoort te word.

Logos dui verder op:

  • Die raaksien van "iets" om bymekaar te bring en te laat lę. Dié "iets" is die werklike essensies wat versamel word. "Raaksien van iets" verg 'n metode wat die raaksien moontlik maak.
    Dus: 'n raaksien-van-werklike-essensies-metode;
    Dus: die fenomenologiese metode

  • die plek waar bymekaar gemaak en bymekaar gebring word. Dit is vanselfsprekend daardie plek waar die "iets" is wat raakgesien word. Die werklike essensies kan dus slegs daar versamel word waar hulle is en dit is die lewenswerklikheid self. Hy wat wil versamel moet dus sy vertrekpunt bepaal.

  • Die "wat bymekaar hoort" dui op:

    • Sinsamehange: dit wat sinvol na mekaar verwys, behoort bymekaar. Dit wat bymekaar hoort, vorm 'n sinseenheid

    • dit "wat bymekaar hoort", hoort bymekaar met die oog op iets anders byvoorbeeld met die oog op die moontlikheid van 'n groter eenheid.

Die raaksien van sinsamehange en moontlikheidsvoorwaardes verg 'n "raaksien-metode" en verantwoording aangaande die plek waar sinsamehange en moontlikheidsvoorwaardes aan te tref is. Die "raaksien-metode" is die fenomenologiese metode en die "plek" (vertrekpunt) is die lewenswerklikheid self.

Die skeiding van die essensiële van die nie-essensiële. Die essensiële hoort bymekaar as die fundamentele en die nie-essensiële hoort bymekaar as die wegdinkbare. Dit is die essensiële wat gekies word om bewaar te word.

Logos is die versameling van alles wat "is in sy totaliteit"

  • "is" dui op die ontiese as die onwegdinkbare, klaarblyklike onontkenbare en onbetwyfelbare wat bymekaar laat lę word;

  • "is in sy totaliteit" beteken dan:

    • Die ontiese (as onwegdinkbare syndes) syn, dit wil sę verskyn deur die bymekaar laat lę in hulle volheid en sinvolheid.

    • Die ontiese is syndes van die syn, dit wil sę hoort onwegdinkbaar tot dit wat is.

    • "is in sy totaliteit" berg 'n bymekaar-laat-lęmetode, dus die hermeneutiese metode. Dit berg verder 'n bymekaar-laat-lę plek, naamlik daardie plek waar die ontiese aan te tref is, dit wil sę die werklikheid self (vertrekpunt).

Logos dui op voorlę en dit beteken:

  1. kom voor 'n mens te lę
  2. in die onverborgenheid bring en te bewaar
  3. laat verskyn (in die onverborgenheid aankom)
  4. inbringende bewaring van dit wat die verkieslikste is
  5. neerlę van die aanwesige in die aanwesigheid
  6. om die onverborgene te aanvaar soos dit is
  7. sigbaar te laat word wat sigbaar is
  8. tot aansyn (teenwoordigheid, aanwesigheid) laat kom
  9. in die lig bring (beligtende onthulling)
  10. onthef die aanwesige van verborgenheid
  11. uit te spreek.

Logos verg 'n "toelaat", dus:

eerstens
'n Besluit dat die werklikheid ongehinderd in sy werklike essensialiteit en sin moet spreek.

tweedens
'n Uitskakeling en vernietiging van essensieverduisteringe.

Logos vereis dus:

eerstens
'n Ontberging, 'n laat-verskyn en 'n aanwesig-stel-metode, en dit is die fenomenologiese metode.

tweedens
Die plek waar dit wat vir bewaring ingebring (fenomenologies aan die lig gebring) moet word, aangetref word en dit is die lewenswerklikheid self.

derdens
Uitkies en bewaar. Die essensiële word uitgekies (dit wil sę geskei van die nie-essensiële) en bewaar dit wil sę beskerm en gehandhaaf.

"Soos dit is" dui op onbevooroordeeldheid, objektiwiteit as belangeloosheid, opinie-vry, verduistering-vry, sodat die waarheid van die werklikheid nie versteur word nie.

Dit wat aanvanklik verborge is word onverborge. Werklike essensies en sin skyn helder indien die metode die fenomenologiese is en die plek van ver-skyn-ing die werklikheid self is.

Uitspreek verg:

eerstens
Versamel-en-laat-verskyn van werklike essensies en sin.

tweedens
Verneem (in-ag-neem) van werklike essensies en sin.

derdens
Verwoording met besondere toereikende woorde dit wil sę woorde wat LOGOS is, dit wil sę kategorieë. Kategorieë is:

  • wyses van uitspreek van syn
  • synsbepalinge
  • wesenskenmerke van syn
  • ontsluitings- en definiëringsmiddele
  • beligtende denkmiddele van die LOGOS

2.2  LOGOS is dus die openbaring, die aanwesig stel van die aanwesige.

2.3  LOGOS is dus die laat syn van syndes in hulle werklike essensialiteit en sin.

2.4  Die LOGOS lę die aanwesige in die aanwesigheid neer (voor) en aanwesigheid (teenwoordigheid) beteken te voorskyn kom en in die onverborgenheid bewaar.

Heidegger: Syn word deur LOGOS die aanwesigheid van die afwesige aanwesigheid van die aanwesige.

  • Die aanwesige = die ontiese
  • Afwesige aanwesigheid = die ontiese is aanvanklik verborge
  • Aanwesigheid = die ontiese verskyn.

2.5  Deur die LOGOS geskied die aanspreek (sigbaar-laat-word) van 'n synde en begryping van daardie synde in sy werklike essensialiteit en sin.

2.6  LOGOS is die aanspreek, bespreek en deurspreek van werklikheid en lei tot 'n versamelende-laat-lę van werklike essensialiteit en sin.

  • Aangespreek = die perspektief-gedagte
    Vanuit verskillende perspektiewe word byvoorbeeld 'n werklike essensie aangespreek met die oog op

    1. fenomenologiese verifikasie van die wesenlikheid (ontisiteit, synstatus, ontologiese status) daarvan

    2. fenomenologiese aan die lig bring van die werklike essensies daarvan.

  • Bespreek: (voorlę, daarlę = iets uiteensit, oorlę = beraadslaag) en kan dui op

    1. Dialogiese metode: Die wetenskaplike gesprek

    2. Dialektiese metode: tese, anti-tese, sintese

    3. Kontradiktoriese metode: stel van kontradiksies.

  • Deurspreek
    =   radikale refleksie
    =   essensieopenbarende refleksie
    =   betekenisstruktuur-onthullende refleksie
    =   fundamentele-struktuur-ontdekkende refleksie.

2.7  Die LOGOS as ontsluitingsakt is beligtende versameling in die openheid. Dus: die LOGOS bring deur voorlegging in die lig (helderheid).

2.8  Die LOGOS laat dit wat werklik essensieel is in die onverborgenheid as eenheid neerlę. Dus: LOGOS is ontberging.

Eenheid dui op struktuur
=    fundamentele strukture met hulle sinsamehange
=    die eidetiese raamwerk van 'n werklikheidsituasie.

2.9  Die LOGOS laat die onverborgenheid geskied en onthef so die aanwesige van verborgenheid. Dus: LOGOS is beligtende onthulling.

2.10 LOGOS is die uitspraak wat die synde wat sig toon, se werklike essensialiteit en sin in die helderheid laat verskyn.

2.11  Die syn (werklike essensialiteit en sin) van 'n synde verskyn as:

  • dit wat in die onverborgenheid aankom

  • dit wat in die onverborgenheid skyn

  • 'n ligtend-openbarende versameling, dus as

  • LOGOS.

Die syn (die aanwesige werklike essensialiteit en sin met hulle sinsamehange) verskyn as LOGOS en die noodwendige METODE is die fenomeno-logos. Dit beteken dat die fenomenologiese metode 'n metode is wat:

  1. werklike essensialiteit en sin versamel, laat verskyn, laat syn

  2. die ontiese (aanwesige) in die onverborgenheid laat aankom en dit bewaar

  3. lei tot begryping van 'n synde in sy werklike essensialiteit, sin en sinsamehange

  4. deur aanspreek, bespreek en deurspreek lei tot die beligtende versameling van werklike essensies en sin

  5. die verneem as in-ag-neem van werklike essensialiteit en sin moontlik maak

  6. die afwesige aanwesige in die aanwesigheid aanwesig stel

  7. deur beligtende onthulling die afwesige aanwesige onthef van verborgenheid

  8. die eenheid van Vorliegenlassen en In-die-Acht-nehmen (in ag neem) moontlik maak

  9. dit moontlik maak om te beslis vir die syn teen die niks

  10. hoort by die eksisterende mens omdat die mens 'n fenomenologiese wese is. Die wetenskapper is radikaal en sistematies fenomenologies.

    In-ag-neem

    =    aandag-hę-vir
    =    as waar neem
    =    die aanwesigheid van die aanwesige bewaar
    =    beagting van die sin van die aanwesige byvoorbeeld in-ag-neem as beagting

    van die sin van die fundamentele strukture, dui op die agting van hierdie strukture se verwerkliking.

2.12  LOGOS is die uitspreek van syn en kategorieë is wyses van uitspreek van syn. Kategorieë is dus as LOGOS-middele synsbepalinge. Dus: kategorieë is beligtende denkmiddele van die LOGOS.

2.13  Om kategorieë te ken is om die werklik essensiële van LOGOS te ken. Dus: om kategorieë aan te wend is om dit te doen wat LOGOS beteken.

2.14

  1. Die saak van die DENKE is die syn as grond. (Vergelyk outentieke denke is synsdenke).

  2. LOGOS is grond (LOGOS is nie net laat verskyn nie, maar ook dit wat verskyn)

  3. Daarom is die saak van die denke die syn as LOGOS.

Fundamentele denke soek na dit wat werklikheid laat syn (in sy volheid en sinvolheid laat verskyn), dit wil sę soek na die

=    moontlikheidsvoorwaardes
=    fundamentele strukture
=    ontologiese strukture.

ontos = voldoen aan werklikheidseise (fenomenologiese verifikasie)

logos = voldoen aan logiese eise (logiese verifikasie).

Dit wil sę die saak van die denke is die syn as:

  1. 'n versamelende-laat-lę van werklike essensialiteit en sin as grond

  2. 'n sigbaar-laat-word van werklike essensialiteit en sin as grond

  3. 'n beligtende versameling en laat-voorlę-in-lig van werklike essensialiteit en sin as grond

  4. 'n geskied van onverborgenheid deur beligtende onthulling as grond, ensovoorts.

Verder: Syn en grond hoort in die LOGOS saam, dit wil sę LOGOS is die samehorigheid van syn en grond. Dus: Denke is LOGOS-gerig, dit wil sę gerig op die syn as grond.

Anders gestel:

  1. Die sleutel waardeur die syn as grond verneem word, is die LOGOS.

  2. Denke spreek dit uit wat verneem word.

  3. Dus: denke spreek LOGOS uit, dit wil sę die denke spreek syn as grond uit.

2.15  LOGOS dui dus nie slegs op 'n versamelend-laat-lę van werklike essensialiteit en sin nie, maar ook van die verneem, dus die in-ag-neem daarvan. Dus: LOGOS = Vorliegenlassen en In-die-Acht-nehmen.

2.16  Maar:

  1. Wanneer iets verskyn (Vorliegenlassen) word dit reeds in ag geneem; en

  2. wanneer iets in ag geneem word, ag 'n mens die verskyning daarvan; dus

  3. die Vorliegenlassen en die In-die-Acht-nehmen van die LOGOS vorm 'n eenheid.

  4. Dit is hierdie eenheid wat deur die denke aangehoor word.

  5. Dit is hierdie aangehoorde eenheid wat deur die DENKE geopenbaar en aangekondig (verwoord) word.

  6. Denke is dus LOGOS-matig.

2.17  Denke spreek dit uit wat verneem word:

Wanneer iets verneem (in-ag-geneem) word, is dit die verskyning (Vorliegenlassen) daarvan wat in ag geneem word.

Dus: Denke = in ag neem en laat voorlę
Dus: Denke = LOGOS.

2.18  LOGOS is 'n beslissing vir die syn teen die niks

  • dus vir die in-die-onverborgenheid-aankom

  • dus vir die verneem-en-uitspreek van die syn van syndes

  • dus vir die benoeming van werklike essensies en sin

  • dus vir die voorlegging in die lig deur benoeming

  • dus vir die opening van syn en die bewaring daarvan deur benoeming.

2.19  Dit is die eksisterende mens wat die LOGOS implementeer en tot 'n uitspraak verselfstandig waarvan geen teenspraak moontlik is nie.

ABSTRACT

LOGOS

Heidegger explains the term logos in such a way that all thinkers of man and his activities must take cognisance. The thinker employs in a meaningful way such logos concepts as enlightening, manifestation, to let be, enlightening disclosedness, to take into account, etc.

Heidegger's explanation of the logos concept directs the thinker's attention above all towards the fact that the phenomenological method deals with phenomenologos. This means that the phenomenological method is a method which:

  1. gathers and make present the true essentials and their meaning;

  2. discloses and preserves the ontic (that which is present);

  3. leads to understanding (conceiving) of an entity in its true essentiality, its meaning and its relationships;

  4. leads to enlightening compilation of true essentialities and true meaning by means of consideration, discussion and through discourse;

  5. makes possible the perception as taking into account of the true essentialities and the true meaning;

  6. presents the absent - present as available;

  7. clarifies the present - absent by means of enlightening disclosure;

  8. makes possible the unity of presentation and taking into account;

  9. makes possible the decision in favour of existence against nothingness;

  10. relates to the existing human being, because man is a phenomenological being. The scientist is radically and systematically phenomenological.

SUMMARY

The clearing concealment of aletheia and the gathering of logos are convergent senses of the ongoing presenting process of Being. The most significant revelation of truth, its opening and clearing, is the important role played by human beings in their speech, which at its best means to let things speak for themselves. Language is the medium in which he dwells as in the fabric of his Being, without which he would not be a man.

Heldegger sees the fundamental meaning of logos in discourse (Rede), as a making manifest of that which the articulation is about. The logos has the function of letting - see by pointing out - legein simultaneously sets together and sets apart a something as something. It is for this reason that legein is an uncovering. The entities (essences) of which one is talking must be taken out of their concealedness; one must let them be seen as something unconcealed; that they must be discovered.

Dasein must always first wrest from the particular being its unconcealment, must always tear away concealment.

Presenting occurs as logos in the form of a laying. The laying lays down in unconcealment. Laying is a bringing to lie, a letting lie forth of the forelying (Vorliegendes). It is in this way that a being as something present is laid down in the presenting process, enveloped in unconcealment and developed out of concealment.

Heidegger explains the term logos in such a way that all thinkers on men and his activities must take cognisance. The thinker employs in a meaningful way such logos - concepts as enlightening, manifestation, to let be, enlightening disclosedness, to take into account, etc.

Heidegger speaks of an inner unity between phenomenon and apprehension.This inner unity is foreshadowed by the discussion of phenomenon and logos in Sein und Zeit. Logos means discourse (Rede) in the sense of letting be seen. Phenomenology therefore means letting be seen that which shows itself. Phenomenon and logos presuppose one another (phenomeno-logos).

Heidegger's explanation of the logos concept directs the thinker's attention above all toward the fact that the phenomenological method deals with phenomeno-logos. This means that the phenomenological method is a method which:

  1. gathers and makes present the true essentials and their meaning;

  2. discloses and preserves the ontic (that which is present);

  3. leads to understanding (conceiving) of an entity in its true essentiality, its meaning and its relationships;

  4. leads to enlightening compilation of true essentialities and true meaning by means of consideration, discussion and through discourse;

  5. makes possible the perception as taking into account of the true essentialities and the true meaning;

  6. presents the absent - present as available;

  7. clarifies the present - absent by means of enlightening disclosure;

  8. makes possible the unity of presentation and taking into account;

  9. makes possible the decision in favour of existence againt nothingness;

  10. relates to the existing human being, because man is a phenomenological being. The scientist is radically and systematically phenomenological.

Na Deel 3 (Verwysings)