Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

FENOMENOLOGIESE METODE
DEEL 2

FENOMENOLOGIE-REDUKSIES
FENOMENOLOGIE REDUKSIE
LESVERLOOP-ESSENSIES
(Onthullingsessensies)
FENOMENOLOGIE-BETEKENIS
Fenomenologiese denkstappe word aangewend vir die verwydering van essensieblindheid AKTUALISERING VAN VOORKENNIS
Bestaande betekenisvolle ervaringe word betrek
Die navorser beskik reeds oor leefwêreldlike (voor-wetenskaplike) ervaring van die vorms van essensieblindheid en van die uitwerking daarvan. Hy kan deur gesprekke (insluitende literatuurstudie) bewus word daarvan dat hy ervaring het van vorms van essensieblindheid en van die uitwerking daarvan wat verwyder moet word. Vanweë essensieblindheid-verwydering, begin eerste essensies tot verskyning kom. Waardering van die feit dat essensieblindheid-verwydering eerste essensies laat verskyn, spoor aan tot verskerpte essensieblindheid-verwydering.
Fenomenologiese reduksie PROBLEEMSTELLING
'n Betekenisvolle vraagstelling wat 'n appèl rig tot die vraende bewussyn
Die navorser rig sy bewussyn op die werklikheid vraend na die essensiële daarvan en bevraging neem toe in skerpte in ooreenstemming met die verdwyning van essensieblindheid. 'n Besef dat die bestaande essensiekennis onvoldoende is om die probleem op te los, lei tot versterkte verwydering van essensieblindheid. Dan word besluit om 'n aktiewe aandeel to neem aan essensieblindheid-verwydering.
Fenomenologiese reduksie EKSPOSISIE VAN NUWE INHOUD
Ontsluiting van nuwe kennis
Ontsluiting van nuwe kennis (essensie-openbaring) wat nodig is vir probleemoplossing word kragtiger namate essensieblindheid verdwyn. Belangrike verdere essensies begin verskyn saam met hulle sinsamehange en begripshelderheid begin ontstaan.
Fenomenologiese reduksie AKTUALISERING VAN INHOUD
Kontrole van insigte ten aansien van essensies
Ondersoek na die vordering met verwydering van essensieblindheid en die daaruit voortvloeiende beginnende verskyning van essensies, verlewendig selfwerksaamheid en selfdoen met betrekking tot essensieopenbaring.
Fenomenologiese reduksie FUNKSIONALISERING
Verworwe kennis word in funksie gebring
Kennis (ervaring) wat verwerf word van die vorms van essensieblindheid en die uitwerking daarvan, word aangewend in diens van toenemende verwydering van essensieblindheid.
Fenomenologiese reduksie EVALUERING
Beoordeling in hoeverre daar tot insig en die toepassing daarvan gekom is.
Kritiese bepaling van die geslaagdheid van essensieblindheid-verwydering en van die effek daarvan, verskerp die beplanning van dit wat vervolgens gedoen moet word.
EIDETIESE REDUKSIE
Fenomenologiese denkstappe word aangewend vir die onthulling van essensies (en hulle sin-samehange)
AKTUALISERING VAN VOORKENNIS Die betekenisvolle ervaring wat die navorser opgedoen het met fenomenologiese reduksie lei tot effektiewe essensie-onthulling, dit wil sê helder in die lig kom van essensies.
Eidetiese reduksie PROBLEEMSTELLING Die navorser rig nou sy vraende bewussyn onbelemmerd op helder verskynende essensies. Hy vra verifiërend na die essensiestatus daarvan.
Eidetiese reduksie EKSPOSISIE VAN NUWE INHOUD Kragtige essensie-onthullende ontsluiting (as totstandkoming van nuwe kennis) en sinsamehange-onthulling, word moontlik en begripshelderheid gedy.
Eidetiese reduksie AKTUALISERING VAN INHOUD Heldere verskyning van essensies (met hulle sinsamehange) verlewendig selfwerksaamheid en selfdoen met betrekking tot essensiestatus-verifikasie.
Eidetiese reduksie FUNKSIONALISERING Essensie-kennis wat verwerf word tydens essensie-onthulling word aangewend in diens van verskerpte essensie-onthulling.
Eidetiese reduksie EVALUERING Kritiese bepaling van die effek van essensiestatus-verifikasie verskerp die beplanning van dit wat vervolgens gedoen moet word, naamlik aanwending van essensie-kennis vir probleemoplossing.

Navorsingsprosedures kan beoordeel word in terme van die bydrae wat dit kan maak tot eidetiese reduksie (as vorm van hipotese-toetsing en probleemoplossing).

4.  FENOMENOLOGIE-IN-FUNKSIE:  SINSAMEHANGE MET LEERWYSES

Voltrekking van die fenomenologiereduksies (met die denkstappe daarvan) kan geskied langs die weg van leerwyse-verwerkliking.

Op grond waarvan sal so iets moontlik kan wees? Antwoord: Albei het primêr te make met die verwerwing van betekenisvolle inhoude, dit wil sê met die verkryging van essensies (met hulle sinsamehange).

FENOMENOLOGIE-REDUKSIES
FENOMENOLOGIE REDUKSIE
LEERWYSES13
(LEER VAN WERKLIKHEID)
FENOMENOLOGIE-BETEKENIS
Fenomenologiese denkstappe word aangewend vir die verwydering van essensieblindheid GEWAARWORD
1)  Onmiddellike gerig word en oopstaan vir betekenisse
2)  Verskynende teenwoordigheid van betekenisse
Wanneer die navorser begin bedink, is daar binne 'n kort tydjie 'n beweging in die rigting van dit wat aantrek naamlik vryheid van essensieblindheid en terselfdertyd 'n oopstelling vir betekenisse dit wil sê vir essensie-openbaring.
Gepaard hiermee gaan 'n wegvlug van dit wat bedreig en afstoot, te wete alle vorms van essensieblindheid.
Fenomenologiese reduksie WAARNEEM
1)  Beginnende ordening
2)  Beginnende soeke na wat is
3)  Toetrede tot die problematiese
Die navorser stel homself in op ordening in die vorm van soeke na sleutelwoorde wat sy gedagtes kan sistematiseer. Hy wil in aanraking kom met werklike betekenisse en begin deur verduisteringe daarvan daadwerklik te verwyder.
Hy wil nou ook sinvolle vrae begin vra ten opsigte van eerste essensies wat begin verskyn en ook ten opsigte van essensieblindheid wat die verskyning belemmer.
Fenomenologiese reduksie DINK
1)  Ontmoeting met werklikheid as probleem
2)  Verskerpte soeke na wat is
Die navorser wil die essensies waarna hy soek, naderbring. Sy benadering is om te vra na die redes vir essensieblindheid en na die beste wyse om dit te verwyder. Dan kan sy soeke versterk word en ook sy vraag na wat essensieel en wat nie-essensieel is verskerp.
Fenomenologiese reduksie AANDAG-GEE
1)  Intensiewe gemoeidwees 2)  Aktiewe luister na en bekyking 3)  Verskerpte betekening
Die navorser ervaar dat daar belemmeringe is wat in die weg staan van sy voorneme om intensief aktief-denkend betrokke te raak by die opvoedingswerklikheid met die oog op betekenisonthulling.
Hy identifiseer dan vorms van essensieblindheid en verwyder dit.
Fenomenologiese reduksie MEMORISEER
1)  Geweesdheid 2)  Opneem van verlede
Vir die navorser is die blywend betekenisvolle die voorreg om vry van essensieblindheid te bedink en hy neem die verantwoordelikheid op om in die lig van sy ervaring in die verlede met oorwinning oor essensieblindheid, te handel.
EIDETIESE REDUKSIE
Fenomenologiese denkstappe word aangewend vir die onthulling van essensies (en hulle samehange)
GEWAARWORD Die navorser besluit op sterk beweging in die rigting van essensie-openbaring as die aantreklike met skerp wegbeweeg vanaf essensieblindheid as die bedreigende.
Eidetiese reduksie WAARNEEM Die daadwerklike in die lig bring van essensies deur die deur die navorser neem toe in momentum en intensiteit en hy gee sterk aandag aan die benoeming van essensies sodat essensiebenaming by die verskyning daarvan pas.
EIDETIESE REDUKSIE
LEERWYSES
(LEER VAN WERKLIKHEID)
FENOMENOLOGIESE-BETEKENIS
Eidetiese reduksie DINK Ontmoeting met verskynende essensies deur bevraging (verifikasie) van die essensie-status daarvan lei tot duidelike skeiding van die essensiële en die nie-essensiële.
Eidetiese reduksie AANDAG-GEE Aktiewe, denkende, intensiewe betrokkenheid by onthulde essensies (in die lig komende essensies) word geoperasionaliseer in die vorm van verifikasiehandelinge. Elke uitgevoerde verifikasie dra by tot verdere onthulling. Die fenomenologiese denkstappe word vir verifikasie van essensie-status aangewend.
Eidetiese reduksie MEMORISEER Die blywende betekenisvolle vir die eideties ingestelde navorser is die in die lig kom van essensies (met hulle sin-samehange) op die helderste moontlike wyse. Dit word onder andere gedoen om in terme van vroeëre betekenisvolle ervaringe met essensie-openbaring, verantwoordelikheid op te neem vir
  • treffende essesnsiebenoeming
  • kritiese essensiestatusverifikasie
  • fenomenologiese konstruksie (strukturering).

Die bydrae wat 'n navosingsprosedure kan lewer tot "leer van werklikheid" as leer van probleemoplossing (hipotesetoetsing) sal bepaal of daar 'n plek aan toegeken kan word in 'n navorsingsprogram.

5.  ENKELE DEFINISIES VAN DIE FENOMENOLOGIESE METODE

5.1  Die term fenomenologie is 'n samestelling van twee Griekse woorde,phainomai wat beteken "ek verskyn", "ek vertoon" my", en legoo wat beteken "ek spreek", "ek laat hoor", (ek is in hierdie geval die werklikheid self). Fenomenologie is dan die uitspreek van die essensie van 'n saak; essensies word sigbaar gemaak.14

5.2  'n Fenomenologiese metode is 'n metode

  • wat werklike essensialiteit in die onverborgenheid laat aankom15
  • wat deur aanspreek (in perspektief kry) bespreek (dialoog, intersubjektiewe verifikasie), en deurspreek (radikale refleksie) lei tot beligting en begryping16
  • wat deur beligtende onthulling essensies verhef van verborgenheid17
  • wat sinvol is slegs as dit lei tot ontologiese begryping18
  • wat fynsinnig is wanneer daarin kognitiewe indink en affektiewe inleef 'n eenheid vorm19

5.3  'n Fenomenoloog is iemand wat toelaat dat die werklikheid homself beskryf en uitlê soos wat daardie werklikheid self sou doen as hy kon.20

'N FENOMENOLOGIESE NAVORSINGSWEG
(ook vir kurrikulumnavorsing)
PROBLEEMSTELLING
FENOMENOLOGIESE REDUKSIE-BESLUITE
1.
ESSENSIETABEL
2.
GEVERIFIEERDE
DEFINISIES
3.
VERFYNDE
PROBLEEMSTELLING
4.
VERFYNDE HIPOTESE-
VORMING
5.
GEMOTIVEERDE
PROSEDURE-SELEKSIE
Deur eidetiese reduksie uit verskyningsplekke aan die lig gebring Verifikasie-wyses:
  1. Fenomeno-logies
  2. Formeel-logies
  3. Definisie-vereistes
Geverifieerde definisies word in vraagvorm herskryf en georden Verfynde probleemstelling word in hipotesevorm herskryf Verfynde hipoteses dien as motivering vir prosedure-seleksie

'N FENOMENOLOGIESE NAVORSINGSWEG
(ook vir kurrikulumnavorsing)
PROBLEEMSTELLING
FENOMENOLOGIESE REDUKSIE-BESLUITE
6.
PROSEDURE
AANWENDING
7.
RESULTATE
(UITKOMSTE)
8.
GEVOLGTREKKINGS
9.
AANBEVELINGS
10.
PRIORITEITS-
BEPALING
  1. Aanwending van geselekteerde prosedures
  2. Transendentale reduksie
  1. Georden in die lig van die vereistes van aangewende prosedures en Fenomenologies geïnterpreteer
  2. Transendentale reduksie
  1. Terug na die hipoteses. Interpretasie ten aansien van bevestigde en nie-bevestigde hipoteses
  2. Transendentale reduksie
  1. Vir verdere navorsing
  2. Vir praktykverbetering
  3. Transendentale reduksie
  1. Vir uitvoering van aanbevelings
  2. Motivering van prioriteite in terme van die pedagogiese, beleid en fondse

SUMMARY

Phenomenology primarily refers to a method and not a philosophy. The time of phenomenological philosophy has lapsed. In the same way as for instance the experimental method, the phenomenological method does not require a religious foundation, although as in the case of the implementation of all methods, the life view permissibility should be considered and it should be subjected to metaphysical judgment.

Regarding phenomenology as method, attention should be given to the phenomenological aim, method of work, means and applications, as for instance means of reduction (phenomenological and eidetic).

Phenomenological means are ways in which reality is disclosed, and there is therefore a close relationship between these means and the essences of the progress of a lesson. There are also ways in which learning about reality can take place, and there is, consequently also a relationship with the modes of learning.

Phenomenology is of particular significance for curriculum research, especially for curriculum design and curriculum evaluation, as phenomenological essences are existential possibilities, and phenomenology is reflection regarding the fundamental structures of experience.

VERWYSINGS

  1. (a)  HEIDEGGER, M: Sein und Zeit. Gesamtausgabe Band 2, 36-42. Klostermann, Frankfurt. 1977.

    (b)  HEIDEGGER, M: Zur Sache des Denkens, 90. Niemeyer, Tübingen. 1969.

    (c)  HEIDEGGER, M: Die Grundprobleme der Phänomenologie. Gesamtausgabe Band 24, 27-28. Klostermann, Frankfurt. 1975.

    (d)  SCHNEIDER, K: Das Problem der Beschreibung in der Erziehungswissenschaft, 25. Quelle & Meyer, Heidelberg. 1971.

  2. VAN DER WALT, J: "'n (Fundamenteel-) opvoedkundige bestekopname". Fokus. Covsa. Jaargang 11 nr 2, Mei 1983, 155.

  3. DE WET, J J e a: Navorsingsmetodes in die Opvoedkunde. Butterworths, Durban 1981. Hoofstuk 6.

  4. FOUCHE, F: "Pedagogics: A philosophic method or a parasitic ideology?". Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Opvoedkunde, 1982, 159-166.

  5. (a)  PIENAAR, J J: "Op soek na sinstrukture aan die hand waarvan pedagogiekdenkbenaderings geëvalueer kan word". Fokus. Covsa. Jaargang 11 nr 2. Mei 1983, 130-135.

    (b)  VAN RENSBURG, S E: "'n Metateoretiese verkenning van enkele pedagogiek-denkbenaderings. 'n Studie in die Fundamentele Pedagogiek." Ongepubliseerde MEd-proefskrif, Universiteit van Port Elizabeth. 1983.

  6. SMITH, D P J: "Die Opvoedkunde as handelingsgerigte Wetenskap". Fokus. Covsa. Jaargang 11 nr 2. Mei 1983, 138-151.

  7. (a)  LANDMAN, W A:Fundamentele Pedagogiek en Onderwyspraktyk. Butterworth, Durban 1977.

    (b)  LANDMAN, W A; N J MENTZ, S G ROOS, T MÖLLER: Fundamentele Pedagogiek en Lesgee. Butterworth, Durban-Pretoria 1982.

  8. (a)  LANDMAN, W A (Red): Inleiding tot die opvoedkundige navorsingspraktyk. Butterworth, Durban-Pretoria 1980.

    (b)  LANDMAN, W A (Red): Navorsingsmetodologie vir onderwysstudente. Butterworth, Durban-Pretoria 1983.

  9. TYMIENIECKA, A T: "Imagination Creatix: The creative versus the constitutive function of man and the possible worlds". Analecta Husserliana, Vol III. 1974, 3-5, 9-14, 36-40.

  10. LANDMAN, W A: Fundamentele Pedagogiek en Onderwyspraktyk. Butterworth, Durban 1977, Hoofstuk 3.

  11. LANDMAN W A; M E J VAN ZYL, S G ROOS: Fundamenteel-pedagogiese essensies: hulle verskyning, verwerkliking en inhoudgewing. Butterworth, Durban 1975, Hoofstuk 1.

  12. VAN DER STOEP F, (Red): Die Lesstruktuur. McGraw-Hill Boekmaatskappy, Johannesburg, 1973.

  13. SONNEKUS, M C H; G V FERREIRA: Die psigiese lewe van die kind-in-opvoeding. Universiteitsuitgewers. Stellenbosch 1979. Hoofstuk 3.

  14. OBERHOLZER, C K: Prolegomena van 'n prinsipiële pedagogiek. 242. HAUM Kaapstad 1968.

  15. HEIDEGGER, M: Was heiszt denken? 121. Niemeyer, Tübingen 1961.

  16. HEIDEGGER, M: Vorträge and Aufsätze III, 4. Neske, Pfullingen 1967.

  17. HEIDEGGER, M: Holzwege, 320. Klostermann, Frankfurt 1963.

  18. LANDMAN, W A; S G ROOS, R P VAN ROOYEN: Die praktykwording van die Fundamentele Pedagogiek 23. Perskor, Johannesburg 1974.

  19. (a)  TYMIENIECKA, A T: "Imagination Creatix: The creative versus the constitutive function of man and the possible worlds". Analecta Husserliana, Vol III, 1974. 3-5, 9-14, 36-40.

    (b)  HENGSTENBERG, H E: Freiheit and Seinsordnung, 57vv, 129, 135-138, 143, 155, 185-186, 214-216, 220-223. Kohlhammer, Stuttgart 1961.

  20. HEIDEGGER, M: Sein and Zeit, 34. Tiende druk, 1963. Niemeyer, Tübingen.