Terug na lys van publikasies
LEIDING AAN MAGISTER EN DOKTORALE STUDENTE
(EEN MOONTLIKE MODEL)
DEEL 1
1.
1.1 Daar moet gewaak word teen 'n vasgevallenheid in 'n rigiede patroon, want dit kan lei tot
stagnasie. Nuwe beplanningsmoontlikhede moet voortdurend ondersoek word.
1.2 Dit moet onmiddellik vir die student duidelik wees dat die skrywe van 'n
verhandeling/proefskrif nie 'n doel op sigself is nie, maar dat dit ook moet dien as metode van
onderrig deur die leier/promotor. Dit beteken
1.2.1 dat die student bedrewe moet word in die metodiek van skrywe van 'n wetenskaplike
werkstuk,
1.2.2 dat daar gewerk gaan word aan die student se persoonlike akademiese en professionele
vorming.
2. INLEIDENDE GESPREK MET DIE DEPARTEMENTSHOOF EN AANGEWESE LEIER/PROMOTOR
2.1
Om in ooreenstemming met die student se
- skripsie wat hy tydens honneursstudie geskryf het (indien enige);
- beroepsbeoefening (indien moontlik);
- belangstelling; en
- bekwaamhede (in die mate wat dit bekend is), en aktuele hedendaagse probleme wat daar in 'n
besondere vakgebied (navorsingsterrein) bestaan, 'n onderwerp vir die student te bepaal.
Die Departementshoof moet oor 'n lys aktuele onderwerpe beskik want dit is sy taak om die vinger
op die pols van die nuutste ontwikkelinge en die problematiek wat daaruit voortvloei, te hê.
2.2 Tweede doelwit:
Om aan die student leiding te gee aangaande welke wetenskapbeskouing sal dien as ligveld waarin
die navorsing vorm sal aanneem.
'n Wetenskapbeskouing is nodig vir die bepaling van onder andere die
- wyse waarop die navorsing georganiseer en beoordeel gaan word;
- wyse waarop navorsingsgegewens verkry kan word;
- wyse waarop navorsingsresultate verkry en geïnterpreteer gaan word;
- wyse waarop aanbevelings gemotiveer moet word.
'n Wetenskapsbeskouing is meestal saamgestel uit twee komponente
- Wetenskaplike noodwendigheid;
- Lewensopvatlike toelaatbaarheid.
wat een onskeibare geheel vorm.
Aan die student moet aantekeninge voorsien word vir bespreking tydens die inleidende
gesprek. Hierdie aantekeninge gaan oor wetenskaplikverantwoorde navorsing en verslaggewing.
Die navorsing wat onderneem word en die verslag wat daaruit voortvloei, moet voldoen aan die eise
van wetenskaplikheid. Die volgende is 'n seleksie van wetenskaplike eise wat aan die
student verduidelik moet word:
A.
- wat nie geduld sal word nie
- wat telkens oorwin moet word.
TABEL 1
Onwetenskaplikheid as kontradiksie van wetenskaplikheid
|
Kenmerke van onwetenskaplikheid
|
Wetenskaplikheid as oorwinning
|
A.1 Algemene gepratery
Kenmerke
|  
|
A.1.1 Oorspoel word deur 'n woordevloed
Begripsensitiwiteit, paslike woordgebruik en tersaaklikheid.
|
A.1.2 Bedekking van die wesenlike deur 'n woordekleed.
|
Dit wat betrekking het op die onderwerp as die betekenisvolle, die waardevolle.
'n Blindelingse gegryp na die nie-tersaaklike word uitgeskakel.
|
A.1.3 Versmoring van egte denke onder 'n woordekraam (baie woorde met min inhoud).
|
'n Bereidheid om self te wil dink en te formuleer met die paslikste
woorde en begrippe.
|
A.2 Oppervlakkige nuuskierigheid
Kenmerke
|  
|
A.2.1 Tevrede-wees met oppervlakkigheid.
|
Oorwinning oor 'n vasgevallenheid in die doodgewone en die vanselfsprekende deur 'n skerp
skeiding tussen die wesenlike (tersaaklike) en die onwesenlike.
|
A.2.2 Hunkering na die nie-tersaaklike
|
Oorwinning oor beklemtoning van die bykomstige, die oortollige,
die nie-tersaaklike en die nie-toepaslike deur 'n doelbewuste
uitsoek van die wesenlike.
|
A.2.3 Onrustige verbygly oor die werklikheid
|
Sterk ingesteldheid en die "uithaal" van die wesenlike en ordening daarvan.
|
A.3
|  
|
A.3.1 Op die voorgrond bring van die onwesenlike en van non-sens.
|
Oorwinning deur 'n kragtige analiserende ingesteldheid wat
ingestel is op die bevordering van
skerp waarneming en bedinking.
|
A.3.2 Weiering om te verifieer
|
Alle uitsprake moet op een of ander wyse geverifieer word.
|
A.4 Dubbelsinnigheid
Kenmerke
|  
|
A.4.1 Heg van dubbele betekenisse
(+ontkenning van die logiese identiteitbeginsel)
|
Bewustheid van die reëls van die logika
|
A.4.2 Skuif die werklikheid self op die agtergrond.
|
Die navorsingsonderwerp (as aspek van werklikheid) is altyd die
leidende lig in terme waarvan
beplan, gedink ens. word.
|
A.5 Naïewe vooroordeel as oppervlakkige bevooroordeeldheid wat denke smoor.
|
Strewe na die hoogste moontlike mate van objektiwiteit.
|
A.6 Weiering van inagneming en kontrole van betekenisvolle veranderlikes.
|
Skerp identifisering van die veranderlikes met hulle moontlike
onderlinge verbande, waaroor die ondersoek gaan en wat in die
onderwerpverwoording vervat is.
| |
TABEL  2
B.  Metodologies
Kenmerke van wetenskaplikheid
|
Betekenis
|
B.1  Krities verantwoordbaar
       Kenmerke
|
Om in ooreenstemming met die wetenskapsbeskouing te handel.
|
B.1.1  Vergissingsvry
|
Uitskakeling van denkfoute onder andere met behulp van reëls vir die logika.
|
B.1.2  Verifieerbaar
|
Uitsprake ens. moet aan die hand van bepaalde kriteria getoets word.
|
B.1.3  Voorveronderstellingsverheldering
|
Stel van noodsaaklike aannames bv. aangaande lewensopvatlike
toelaatbaarheid.
|
B.2  Metodies-verkreë
       Kenmerke
|
Metodes, prosedures en tegnieke word aangewend om die werklikheid
toeganklik te maak.
|
B.2.1  Metodestelling
|
Sê welke metodes aangewend gaan word.
|
B.2.2  Metodeuitleg
|
Gee 'n puntsgewyse beskrywing van B.2.1.
|
B.2.3  Metodeverantwoording
|
Motiveer waarom B.2.1 aangewend gaan word.
|
B.3  Regverdiging
B.3.1  Wetenskaplike noodwendigheid
B.3.2  Lewensopvatlike toelaatbaarheid.
|
Moet die wesenlike van die wetenskapsbeskouing duidelik kan weergee,
motiveer en verdedig.
|
TABEL  3
C.  Wetenskaplikheid as skerp kennisinsameling
Kenmerke van wetenskaplikheid
|
Betekenis
|
Betekenis vir navorsing
|
Betekenis vir verslaggewing
|
C.1
|
Om tot ware uitsprake en geldige besluite te kom. Waar beteken bewysbaar
(verifieerbaar) dit wil sê dat gronde aangetoon word, bv. op grond waarvan word
hierdie stelling gemaak? Met ander woorde elke stelling moet gemotiveer kan word
(vergelyk die logiese beginsel van voldoende rede).
|
Navorsing moet lei tot
kennisuitbreiding in die vorm van
- Nuwe kennis
- Nuwe ordening
- nuwe praktykverbeteringbetekenis
wat gedra word deur gemotiveerde uitsprake.
Kennis wat van belang
sal wees ten aansien
van die kennis-
uitbreiding van
die waarskynlike
lesers moet
beklemtoon
word en die
verslaggewer
moet oortuig
deur skerp motivering.
|
C.2 Navolging van reëls van die logika
|
1.  Identiteitsbeginsel
Dit behels die verpligting om aan begrippe deurgaans dieselfde betekenis toe te ken sodat daar
sprake kan wees van konstantheid van denke. Die begrippe wat aangewend word, het 'n konstante
inhoud.
(= Begripsensitiwiteit)
|
Sinvolle beplanning van die navorsingsprogram hang af van begripsverheldering op elke vlak (stap).
Motivering vir elke stap berus grootliks op begripsverheldering.
|
Indien daar by die verslag-
gewer begripsverwarring
heers, verwar hy sy lesers
en wek antagonisme. Sy
boodskap gaan verlore.
|
 
|
2.  Die teenspraakbeginsel
Dit beteken dat daar nie oor dieselfde onderwerp twee teenstrydige uitsprake gemaak mag word nie.
Alle uitsprake moet deeglik met mekaar vergelyk word sodat daar nie gesê kan word: "Hy weerspreek
homself".
|
Weersprekinge verlam die uitvoering van die navorsingsprogram want dan word die navorsing
rigtingloos en doelloos.
|
Weersprekinge verwar die
lesers en in plaas van
entoesiasme vir die
praktykverbeteringbetekenis
van die verlaginhoud,
ontstaan afsydigheid en
selfs weersin.
|
C.3
|
Daar kan nie volstaan word met 'n blote versameling van gegewens (data) nie. Data moet georden
word aan die hand van ordeningsbeginsels en so vind strukturering plaas.
|
Definitiewe goeddeurdagte en gemotiveerde stappe in die navorsingsprogram verseker geslaagde
wetenskaplike analise met die oog op kennisuitbreiding.
|
Die verslag word geskryf onder bepaalde opskrifte wat die wesenlike skerp verwoord.
|
C.4 Intersubjektiewe begrypbaarheid
|
Dit beteken dat al die persone wat betrokke is by 'n bepaalde aktiwiteit sal begryp waaroor dit
gaan. Dit vereis duidelikheid en helderheid ten aansien van die begrippe wat gebruik word.
Hierdie kenmerk verseker die toepasbaarheid van die ander kenmerke van wetenskaplikheid.
|
Gesprekke met
- deskundiges in teorie, en
- Praktykdeskundiges oor die bepande navorsingsprogram, kan bydra tot heldere voortgang en
uieindelike probleemoplossing. Wetenskaplik-verantwoorde teksstudie is 'n vorm van gesprek.
Die verslaggewer moet eers sy verslag goed begryp en evalueer daarna die begrypbaarheid daarvan
vir sy lesers.
| | |
2.3  Derde doelwit
Om aan die student leiding te gee aangaande die vereistes van wetenskaplik verantwoorde
teksstudie (literatuurstudie).
2.3.1  Kandidate moet ingelig en aangemoedig word ten opsigte van die gebruik van die DOBIS
(gerekenariseerde biblioteekinligtingstelsel) en ander wyses van biblioteekgebruik.
2.3.2  Die student kry opdrag om biblioteekstudie te onderneem wat sal lei tot:
2.3.2.1  'n Lys beskikbare resente boeke, ook uit aanverwante vakgebiede waarvan die titel
blyke gee dat dit betekenisvol mag wees ten aansien van die gekose onderwerp;
2.3.2.2  'n Lys van beskikbare boeke waarvan uit die inhoudsopgawe blyk dat dit
bruikbaar mag wees. Die student lei uit die titel of dit die moeite werd sal wees om die
inhoudsopgawe te bekyk. Dieselfde geld ook vir die indeks van die boek.
2.3.2.3  'n Lys van beskikbare resente tydskrifartikels wat beskikbaar is.
Die lyste word in jaarvolgorde opgestel, byvoorbeeld 1981-publikasies; 1980-publikasies, ens.
Die leier/promotor vermeld tekste waarvan hy op daardie stadium bewus is. (Dit wek vertroue by
die studente, veral as die dosent se boekrak hom ook beïndruk). Die leier/promotor behoort 'n
literatuurlys van sy vakgebied beskikbaar te hê waaruit hy dan die relevante tekste vooraf kan
nagaan en die student daarvan voorsien. Dit is veral noodsaaklik dat die dosent kennis dra van
die nuutste literatuur oor elke onderwerp waarvan hy leier is.
Let wel:  Op hierdie stadium het die student slegs titels, inhoudsopgawes en indekse
bestudeer met die doel om
- 'n Voorlopige seleksie te maak van relevante literatuur.
- vas te stel wat die kwantiteit van beskikbare literatuur is.
Na Deel 2
|