Professor W A Landman

Lesings in die Opvoedkunde

DEFINIňRING VAN DIE BEGRIP FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING

 

INHOUDSOPGAWE

 

1.†††† WAAROM DEFINIňRING?

 

2.†††† SIN VAN 'N KWANTITATIEWE BEELD

 

3.†††††† WERKWYSE

 

4.†††††† KWANTITATIEWE BEELD VAN DIE WESENSKENMERKE IN DEFINISIES VAN FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING

 

4.1†††††† Filosofie van die opvoeding is filosofies

4.2†††††† Filosofie van die opvoeding is wetenskaplik

4.3†††††† Filosofie van die opvoeding beskryf handeling

4.4†††††† Filosofie van die opvoeding word beoefen met 'n doel

4.5†††††† Filosofie van die opvoeding funksioneer in die opvoedingswerklikheid

4.6†††††† Filosofie van die opvoeding bemoei hom met waardes en norme

4.7†††††† Filosofie van die opvoeding doen verantwoording oor vooronderstellings

 

5.†††††† DEFINIňRING VAN FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING:1981-1992

 

5.1†††††† Inleidend

5.2††† Peters, 1987

5.3††† Pratte, 1992


5.4†††††† Straughan en Wilson, 1987

5.5††† Ozman en Craver, 1990

5.6†††††† Halliday, 1990

5.7††† Simon, 1992

5.8††† Power, 1982

5.9†††††† Paschen, 1992

5.10†† Ellis, Cogan en Howey, 1981

5.11†††††† Akinpelu, 1981

5.12†† Knight, 1989

5.13†††††† Scotter, Haas, Kraft en Schott, 1985

5.14†† Hamm, 1989

5.15†††††† Brezinka, 1992

 

6.†††††† FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING:FINALE DEFINISIE

 

7.†††† 'N KERNLEERPLAN VIR FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING

 

7.1†††††† Hipotese

7.2††† Uitleg van die hipotese

7.3†††††† Kurrikulering vir wesenskenmerke-verwerkliking

 

VERWYSINGS

 

DEFINIňRING VAN DIE BEGRIP FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING

 

 

1.†††† WAAROM DEFINIňRING?

 

Om 'n saak of gebeure te definieer is om die presiese (akkurate) betekenis daarvan aan die lig te bring sodat dit helder en duidelik kan skyn (verskyn).Wanneer die doel van wetenskapsbeoefening as begryping aangedui word, word te kenne gegee dat wetenskapsbeoefening skerp betekenisonthulling is.Wetenskap is die som van sy vertonende betekenisse.Die vertoonde betekenisse wat versamel word, bepaal die aard van die wetenskap wat opvoedingsbetekenisse in die lig bring (tot vertoning bring) sodat dit versamel kan word.Hierdie in die lig bring met die oog op versameling geskied vanuit verskillende perspektiewe omdat die ingewikkeldheid van die opvoedingswerklikheid opvoedkundiges dwing tot 'n multi-perspektiwistiese benadering.Een sodanige perspektief is die filosofiese of wysgerige of fundamentele perspektief wat onder andere bekend staan as filosofie van die opvoeding.

 

2.†††† SIN VAN 'N KWANTITATIEWE BEELD

 

In definisies van Filosofie van die opvoeding verskyn daardie betekenisse wat vir 'n definieerder vanuit filosofiese perspektief tydens sy besinnende denke oor opvoeding en tydens sy ervaring met opvoeding opvallend geword het.Daar bestaan 'n moontlikheid dat daar vir 'n verskeidenheid definieerders dieselfde betekenisse sal verskyn.Dit is egter ook moontlik dat daar vir sekere definieerders betekenisse sal verskyn wat vir ander verborge sal bly.

 


Uit hierdie stelling kan afgelei word dat daar sprake is van 'n frekwensie van verskyning.Sommige betekenisse verskyn meer frekwent as ander.Hierdie meer frekwente verskyning is nie toevallig nie maar geskied omdat sekere betekenisse hulself meer en duideliker op die voorgrond dring as ander.Sekere betekenisse (wesenskenmerke) word makliker opvallend as ander.Dit is daardie betekenisse wat klaarblyklik onwegdinkbaar en onweghandelbaar verskyn.Dit is betekenisse wat weens die opvallende teenwoordigheid daarvan nie geÔgnoreer kan (mag) word nie (indien die doel egte begryping is).

 

Die volgende afleidings kan nou met reg gemaak word:daar sal 'n frekwensieverspreiding van wesenskenmerke (van Filosofie van opvoeding) opgestel kan word wat 'n kwantitatiewe beeld kan vorm.Die aantal verskynings (van wesenskenmerke) is 'n kwantitatiewe aangeleentheid wat ontstaan uit 'n numeriese verkenning van daardie werklikheid in die wÍreld van Wetenskap (resp. Opvoedkunde) wat bekend staan as Filosofie van die opvoeding.

 

Betekenisse wat minder frekwent verskyn as ander en dus minder opvallend is, is nie noodwendig makliker wegdinkbaar en weghandelbaar nie.Dat daar betekenisse (wesenskenmerke) sal wees met 'n lae frekwensie van verskyning en beslis nie geÔgnoreer sal kan word in 'n "finale" definisie (van Filosofie van die opvoeding) nie, sal moet blyk uit die motivering vir die insluiting daarvan.

 

3.†††††† WERKWYSE

 

Dit is sinvol om die weg na 'n "finale" definisie van Filosoife van die opvoeding te begin met die analise van definisies deur opvoedkundiges wat versamel is in 'n enkele publikasie.Vir hierdie doel val die keuse op Van Rensburg, CJJ en Landman, WA, 1994:Eerste druk van Basiese begrippe in die Opvoedkunde.Orion Uitgewers.Midrand.

 


Daarna sal aandag gegee word aan ander publikasies waarin definiŽring van Filosofie van die Opvoeding aandag geniet.

 

4.†††††† KWANTITATIEWE BEELD VAN DIE WESENSKENMERKE IN DEFINISIES VAN FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING

 

Die volgende kwantitatiewe beeld ontstaan uit 'n analise van 50 definisies van Filosofie van die opvoeding wat in "Basiese begrippe van die Opvoedkunde" verskyn.Telkens sal die kwantitatiewe beeld verder oopgedek word, ten einde uit te kom by 'n omvattende definisie van Filosofie van die opvoeding.Die volgende kenmerke van Filosofie van die opvoeding verksyn in die geanaliseerde definisies.

 

4.1†††††† Filosofie van die opvoeding is filosofies

 

Die volgende definisies verwys direk daarna dat Filosofie van die opvoeding 'n filosofiese dissipline is:

(Blezza, Gunter, Hšberlin, Herbart, King, Kohnstamm, Kron, RŲhrs, Wesson en Yonge) = 20%

 

Uit 'n studie van die gewone woordeboekbetekenisse van die begrip Filosofie, blyk dat Filosofie beskryf word as:

 

1.†††† Liefde en nastrewing van wysheid op 'n intellektuele wyse.

 

2.†††† 'n Ondersoek na dit wat onderliggend is aan die werklikheid.

 

3.†††† 'n Ondersoek na die aard van werklikhede aan die hand van logiese beredenering.

 

4.†††† Kritiek en analise van fundamentele waarhede soos dit geformuleer en gekonseptualiseer is.

 

5.†††† Die wetenskap wat bestaan uit logika, etiek, estetika, metafisika en epistomologie (kennisteorie, kenteorie).

 

6.†††† Die algemene beginsels wat onderliggend is aan 'n saak of aktiwiteit.

 

Opmerkings:

 

1.†††† 'n Vyfde van die opvoedkundiges definieer Filosofie van die opvoeding as 'n filosofie.Dit kan verwag word dat nie al die definieerders dit nodig sal vind om die begrip "filosofie" te herhaal in hulle definisies nie, aangesien dit reeds in die aanloop van 'n definisie verskyn:"Filosofie van die opvoeding is ...".


2.†††† Die vraag is nou of definieerders wat nie die begrip "filosofie" in hulle definisies herhaal nie, wel gebruik maak van begrippe wat daarop dui dat hulle Filosofie van die opvoeding as 'n filosofie beskou.Sodanige begrippe blyk uit bostaande woordeboekbetekennise:

 

* intellektueel wat die volgende betekenisse het:rasioneel, denkend, radikale-denkwyse, deurdenking, bedinking, deurskouing, rasionaliteit as basiese beginsel, reflekterend, besinnend en logiese beredenering).

 

* die onderliggende wat die volgende betekenisse het:grondslae, fundering, die fundamentele, gronde, prinsipes, basis, die wesenlike of die essensiŽle, begronding, sin, waarheid.

 

* kritiek en analise met die volgende betekenisse:kritiese refleksie, kriteria-aanwending, radikaal-kritiese beskrywing, radikale bevraging, kritiese bevraging.

 

Definieerders wat in hulle definisies hierdie drie stelle begrippe aanwend, gee daarmee 'n aanduiding dat vir hulle Filosofie van die opvoeding kwalifiseer om "filosofies" genoem te word.Indien dit die geval is, is "filosofies" vir 92% definieerders 'n wesenskenmerk van Filosofie van die Opvoeding en behoort die begrip "filosofie" opgeneem te word in 'n definisie van Filosofie van die opvoeding."Filosofie van die opvoeding is 'n filosofiese ...".

 

4.2†††††† Filosofie van die opvoeding is wetenskaplik

 


Definieerders van Filosofie van die opvoeding wat direk verwys na die wetenskaplike aard daarvan, is Blezza, J Chr Coetzee, du Plooy, Kilian, Kron, Landman, Oberholzer CK, Oberholzer MO, Pienaar, RŲhrs, Sharp, Sonnekus, van der Stoep, van der Walt, van Rooyen, van Vuuren, van Wageningen, van Zyl, Waterink, Yonge) = 40%

 

Daar is nog definieerders wat van begrippe gebruik maak wat gelyk gestel kan word aan wetenskaplik:

 

*††††† teorie met die volgende woordeboekbetekenisse:

 

1.                 Sistematies georganiseerde kennis.

 

2.                 'n Sisteem van vooronderstellings, aanvaarde prinsipes (beginsels) reŽls of prosedures wat ontwerp is vir analise en verklaring (begryping).

 

Vergelyk hiermee die volgende woordeboekbetekenisse van wetenskap: sistematiese toepassing van wetenskaplike metodes;enige metodologiese aktiwiteit, dissipline, aktiwiteit of studie;om 'n feitlike, sistematiese of metodologiese basis te hÍ.Dit lyk asof teorie gelyk gestel kan word aan wetenskap en dit is dan ook wat die volgende definieerders doen (Derbolav, Koskenniemi, Langeveld, Menze, Morrow, Retter, Schoeman, Smith, van Rooyen en Wesson) = 16%

 

*††††† analise met die volgende woordeboekbetekenisse:konsentrasie van die denke, noukeurige denkende oorweging;om te openbaar en tot uitdrukking te bring.Die volgende definieerders gebruik die begrip analise as sinoniem vir wetenskaplik:Blezza, du Plooy, Kron, Retter, RŲhrs, Smith en Yonge = 12%

 

*††††† krities met die volgende woordeboekbetekenisse:versigtige en noukeurige evaluering en beoordeling, uitwys van die essensiŽle wat ontbreek;skerp beoordeling van meriete en tekortkominge na analise.Dit dui op die analitiese aanvaarding van kriteria.Die volgende definieerders sien "krities" as 'n besondere beskrywing van dit wat met wetenskaplik bedoel word:Blezza, Derbolav, Gunning, Heiberg, Morrow, Enslin, Higgs = 14%

 

90% definieerders heg waarde aan "wetenskaplik" as beskrywing van die Filosofie van opvoeding.

 


Opmerking:

 

Uit die voorgaande ontstaan die vraag of daar in 'n definisie van Filosofie van die opvoeding sprake is van "filosofies" en "wetenskaplik", of van "filosofies-wetenskaplik".Die koppelteken dui op 'n noue verbintenis:Die wetenskaplike sal moet sinchroniseer met die filosofiese en vice versa.Dit kan egter sinvol wees dat "filosofies" en "wetenskaplik" elk 'n skerp identiteit behou en dat die "en" in sinsamehang aandui en daar vermy word dat filosofies en wetenskaplik voorskriftelik teenoor mekaar staan.

 

Die filosofiese is 'n beklemtoning van die funksionering van die intellektuele (die rasionele), die openbaring van die onderliggende (grondslae) met kritiek en deur analise terwyl die wetenskaplike die aandag fokus op teoriebou deur analise, refleksie deur kriteria-aanwending.Dit is maklik om hierin die band tussen filosofies en wetenskaplik op te merk.Die sinsamehang tussen filosofies en wetenskaplik kan ook beskryf word met die begrip fundamenteel.Dit word duidelik wanneer daar na die volgende definisie van fundamenteel gekyk word:

 

L. fundamentum - grond, basis, grondslag;fundare - om van 'n grond te voorsien:dui op 'n begronde of gefundeerde saak;die deurdink na die grondliggende, die essensiŽle, die perenniale (gelykblywende) as die altyd terugkerende, blywende, die deurtastende soeke na die fundamentele aspekte van opvoeding deur na die essensiŽle (essensies) daarvan te delf en so die wese (die gelykblywende fondament) van opvoeding aan die lig te bring (van Rensburg en Landman, 1988:63).

 

4.3†††††† Filosofie van die opvoeding beskryf handeling

 

Die opvoedingsfilosoof wil (moet) filosofies en wetenskaplik verantwoord, dit wil sÍ fundamenteel handel. 'n Kwantitatiewe beeld van moontlike handelinge wat in die vyftig definieerders se definisies verskyn, lyk soos volg:

 


*†††††† refleksie (kritiese denke, besinning):Beard, Blezza, Derbalov, du Plooy, Grebe, Greyling, Gunning, Gunter, Herberg, Higgs, Imelman, Kron, Landman, Langeveld, Morrow, CK Oberholzer, MO Oberholzer, Pienaar, Retter, RŲhrs, Schoeman, Smith, van der Walt, van Vuuren, Yonge = 50%

 

*††††† beskryf (verhelder):Dewey, Hšberlin, Hurlow, Menze, Morrow, Perquin, Sharp, van der Stoep, Luthuli = 18%

 

*†††††† ondersoek (soek):J Chr Coetzee, Foerster, Pestalozzi, RŲhrs, van der Stoep, van Wageningen, van Zyl, Waterink = 16%

 

*†††††† analise:de Vries, Imelman, Perquin, van Rooyen, Wesson = 10%

 

(Let daarop dat sommige definieerders meer as een handelingswyse noem.)

 

Dit lyk asof dit verantwoord sal kan word dat daar in 'n definisie van Filosofie van die opvoeding, die handeling(e) benoem sal kan word as ondersoek (soek) deur middel van refleksie en analise en dat die uitkoms daarvan beskryf moet word.Filosofie van die opvoeding is nou die filosofiese en wetenskaplike ondersoekende (soekende) refleksie en analise met die oog op beskrywing wat sal lei tot begryping.Aangesien hierdie filosofiese en wetenskaplike handelinge nie doelloos kan wees nie (aangesien dit dan sinloos sal wees en sinloosheid onmoontlik kan kwalifiseer as filosofies-wetenskaplike kriterium) moet die definieerders se doelbepaling ondersoek word.

 

4.4†††††† Filosofie van die opvoeding word beoefen met 'n doel

 

Wat die doel met die beoefening van die Filosofie van die opvoeding is, het reeds geblyk met die analise van die begrippe "filosofies" en "wetenskaplik".'n Kwantitatiewe beeld van die doelbepaling van die vyftig definieerders lyk soos volg.

 


*†††††† Begronding (grondslae, essensies):Coetzee, Derbalov, de Vries, du Plooy, Hšberlin, Heiberg, Higgs, Imelman, Koskenniemi, Landman, Langeveld, Luthuli, Menze, CK Oberholzer, MO Oberholzer, Perquin, Pestalozzi, Pienaar, Retter, RŲhrs, Schoeman, Sonnekus, van der Stoep, van der Walt, van Vuuren, van Wageningen, Yonge = 54%.

 

*††††† Teorie-bou:Imelman, Langeveld, Menze, Morrow, Retter, Schoeman, Smith, van Rooyen, van Zyl, Wesson = 20%.

 

*†††††† Praktykverbetering:Blezza, Hurlow, Imelman, Kron, Landman, Langeveld, Morrow, Smith, Yonge = 18%.

 


Om te vra na begronding of grond of essensies is om te vra na onderliggende voorwaardes vir die voltrekking van sekere handelinge (woordeboekbetekenis).Gronde of essensies (wat saamgevoeg kan word in strukture) is die voorwaardes waaraan daar voldoen moet word vir opvoeding (as vorm van die agogiese) om moontlik te word.Die Filosofie van die opvoeding se doel is om te soek (deur refleksie en analise) na moontlikheidsvoorwaardes (vir opvoeding).Filosofie van die opvoeding moet antwoorde soek op die fundamentele vraag:op grond waarvan is opvoeding moontlik?Die antwoord is 'n uitvloeisel van refleksie, analise en beskrywing wat gesamentlik bekend kan staan as essensie-openbaring. Filosofie van die opvoeding word nou die filosofiese en wetenskaplike (d.w.s. fundamentele) beskrywende, reflekterende en analiserende soektog na moontlikheidsvoorwaardes.Wanneer kennis oor diť moontlikheidvoorwaardes skerp ingesamel en gesistematiseer word om 'n sisteem van aanvaarbare prinsipes (beginsels), kategorieŽ (beligtende denkmiddele) en kriteria (beligtende evalueringsmiddele) te vorm wat aangewend kan word vir begryping, is daar sprake van teorie-bou (20%).Aangesien teorie en praktyk 'n onverbreekbare eenheid vorm wat dit moontlik maak om van teorie-bou te beweeg na 'n praktyk, kan Filosofie van die opvoeding lei tot die begryping van praktykbetekenis (16%) en kan die eis om praktykbetekenis opgeneem word in 'n definisie van Filosofie van die opvoeding (Kyk ook Elliott, 1993:65-85).Die sinsnede "van die opvoeding", dui op 'n filosofiese en wetenskaplike (d.w.s. fundamentele) bemoeienis met die opvoedingswerklikheid.

 

4.5†††††† Filosofie van die opvoeding funksioneer in die opvoedingswerklikheid

 

Filosofie van die opvoeding is filosofies en wetenskaplik ingebed (verwortel, begrond) in die universele opvoedingswerklikheid en is dus by magte tot werklikheidsgetroue argumentering oor (beredenering van) uitsprake oor opvoeding.Die Filosofie van die opvoeding moet reflekteer oor die aard van opvoedkundige argumentering en die analise van opvoedkundige argumentering met die oog op begryping en verbetering van

 

*†††††† filosofiese en wetenskaplike refleksie (as vorm van kritiese ingesteldheid)

 

          praktiese argumentering (met identifikasie en uitskakeling van valse redenering).Dit gaan in die Filosofie van die opvoeding oor die argumentatiewe dissiplinering van opvoedkundiges (Paschen en Wigger, 1992:9-11).

           

Filosofie van die opvoeding is nou die filosofiese en wetenskaplike (d.w.s. fundamentele) werklikheidsgetroue, beskrywende en beredeneerde reflekterende en analiserende soektog na die moontlikheidsvoorwaardes vir opvoeding en die praktykbetekenis daarvan.

 

(Let wel:Die moontlikheidsvraag is 'n eg filosofiese vraag en die verskerping van hierdie vraag is 'n taak van die wetenskap.)

 

4.6†††††† Filosofie van die opvoeding bemoei hom met waardes en norme

 

Die volgende definieerders beklemtoon waardes en norme:Coetzee, Derbalov, Foerster, Grebe, Gunning, Gunter, Herbart, Imelman, Kohnstamm, Landman, Langeveld, CK Oberholzer, Retter, RŲhrs, Schoeman, van der Walt, Waterink = 34%.

 

Filosofie van die opvoeding hou hom filosofies en wetenskaplik besig met die normatiewe.Met die begrip normatief word aangedui dat opvoedkunde en opvoeding verband hou met norme.Vir die mens in sy leefwÍreld (waarin die opvoedingswerklikheid ingebed is) sal dit norme wees wat verband hou met sy lewensopvatting as 'n besondere rangorde van waardes, terwyl die wetenskaplike hom bind aan wetenskaplike norme.Filosofie van die opvoeding moet die lewensopvatlike en die wetenskaplike norme beskryf.Filosofie van die opvoeding sal ook duidelik moet aantoon dat opvoedingsessensies in werklikheid besondere waardes is wat as norme (vir beoordeling) aangewend kan word.Waardes is dit wat die bestrewingswaardige (nastrewingswaardige) na vore bring, wat tot handeling oproep.Wanneer van waardes sprake is, gaan dit oor 'n besondere betekenis wat opvoedkunde en opvoeding vir die opvoedingsfilosoof het en wat hy filosofies en wetenskaplik moet beskryf.

 


Filosofie van die opvoeding is nou die filosofiese en wetenskaplike (d.w.s. fundamentele) werklikheidsgetroue, beskrywende en beredeneerde reflekterende en analiserende soektog na die normatief-deurdrenkte moontlikheidsvoorwaardes vir opvoeding en die praktykbetekenis daarvan (Kyk ook:Wynne en Ryan, 1993).

 

4.7†††††† Filosofie van die opvoeding doen verantwoording oor vooronderstellings

 

Die volgende definieerders verwys na vooronderstellings:

 

*†††††† Heiberg:religieuse en wysgerige voorveronderstellings vereis wetenskaplike besinning.

 

*†††††† Imelman:een van die take van 'n Filosofie van die opvoeding is vooroonderstellingverheldering (ontologies, antropologies, aksiologies, epistomologies).

 

*†††††† Landman:wetenskaplike noodwendigheid en lewensopvatlike toelaatbaarheid is besondere vooronderstellings vir opvoedkunde-beoefening.

 

*††††† Morrow:fokus moet val op die grammatika van teorie en praktyk. Grammatika is die weefsel van vooronderstellings.

 

*†††††† Schoeman:die fokus moet val op kosmologiese, antropologiese en wetenskapsteoretiese vooronderstellings.

 

Hierdie vyf (10%) definieerders sal Filosofie van die opvoeding kan sien as 'n vooronderstellingbeskrywende vorm van filosofie.Die vooronderstellings waarvan die opvoedingsfilosoof rekenskap moet gee, staan hedendaags bekend as paradigmas.Die Filosofie van die Opvoeding kan 'n paradigma-verklarende dissipline wees.'n Paradigma is 'n denkrigting wat 'n besondere wyse van interpretasie propageer (Mouton en Marais, 1988:19).

 


Die idee van paradigma-verklaring kan in 'n definisie van Filosofie van die opvoeding opgeneem word.In 'n leerplan vir Filosofie van die opvoeding sal aandag gegee moet word aan verskillende denkrigtings (opvoedingsfilosofieŽ) (Landman, 1993).Die betrokke definieerders wat hierdie saak onder die aandag bring is:Beard, Heiberg, Menze, Morrow, van der Walt (10%).

 

Die opvoedingsfilosoof se vooronderstellings (paradigmatiese uitgangspunt) sal bepaal welke besondere betekenisse daar gegee sal word aan die wesenskenmerke van Filosofie van die opvoeding soos dit blyk uit die definiŽring daarvan.Die opvoedingsfilosoof moet beskryf wat sy interpretasie (betekenisgewing) is van filosofies, wetenskaplik, werklikheidsgetrouheid, beskrywing (en die verband met voorskrywing), beredenering (argumentering en valse redenering), refleksie en analise (en die metodologie wat hy verkies), die normatiewe, moontlikheidsvoorwaardes en praktykverbeteringsbetekenis (insluitende die verhouding tussen teorie en praktyk) (Kyk ook Pratte, 1992:xii).

 

Die vraag wat vervolgens beantwoord moet word, is of die idee van paradigma-verklaring (vooronderstelling-verheldering) opgeneem moet word in 'n definisie van Filosofie van die opvoeding of nie.

 

Indien daar raakgesien word dat baie opvoedingsfilosowe dikwels op onkritiese wyse die eie paradigma(s) as die enigste waarheid proklameer (paradigma-monisme) en dit dan gladnie nodig vind om verantwoording daarvoor te doen nie, lyk dit asof dit kan dien as verskerping van die beoefening van Filosofie van Opvoeding om in die definisie daarvan paradigma-verheldering op te neem.

 

Filosofie van die opvoeding as paradigma-verhelderende dissipline is die filosofiese en wetenskaplike (d.w.s. fundamentele) werklikheidsgetroue, beskrywende en beredeneerde reflekterende en analiserende soektog na die normatief-deurdrenkte moontlikheidsvoorwaardes vir opvoeding en die praktykbetekenis daarvan.

 


Indien dit egter aanvaar word dat daar nie iets soos 'n vooronderstellinglose wetenskapsbeoefening bestaan nie, en derhalwe paradigma-verheldering 'n noodsaaklike handeling is, kan dit weggelaat word in 'n definisie van Filosofie van opvoeding (en sal dit dan ook vervolgens gedoen word).

 

5.†††††† DEFINIňRING VAN FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING:1981-1993

 

5.1†††††† Inleidend

 

Definisie-verryking is 'n sinvolle wetenskaplike bedrywigheid.In die volgende bespreking sal daar pogings aangewend word om die definisie waarmee die voorafgaande paragraaf afgesluit is te vergelyk met definisies van definieerders wat nie deel uitgemaak het van die oorspronklike 50 nie.Daar sal na die volgende gesoek word:

 

(i)†††††† Bevestiging of weerspreking van die reeds geopenbaarde wesenskenmerke van die Filosofie van die opvoeding.

 

(ii)†††††† Wesenskenmerke wat nie deur die 50 definieerders raakgesien is nie.

 

5.2††† Peters, 1987

 

Peters formuleer nie 'n spesifieke definisie van Filosofie van die opvoeding nie.Indien sy uitsprake oor die betekenis van "philosophical" nagespeur word, kan die volgende definisie saamgestel word:

 


Filosofie van die opvoeding is 'n filosofiese dissipline wat gemoeid is met filosofie-betekenisse (2, 12) wat relevant is vir die begryping (243-246) van opvoedkundige beginsels (prinsipes) wat onder andere aan die lig kom met 'n analise van begripsonderskeidinge (427) wat aangewend kan word in beredenering (251, 258) en wat geregverdig kan word op grond van die waardes (29) wat implisiet is in diť beginsels en die bydrae wat dit kan maak tot praktiese wysheid.

 

'n Nuwe gedagte is diť van regverdiging van beginsels wat besondere waarde-belaaide werklikhede is (regverdiging = bepaling van toelaatbaarheid).

 

Filosofie van die opvoeding is nou die filosofiese en wetenskaplike (d.w.s. fundamentele) werklikheidsgetroue, beskrywende en beredeneerde reflekterende en analiserende soektog na en regverdiging van die normatief-deurdrenkte moontlikheidsvoorwaardes vir opvoeding en die praktykbetekenis daarvan.

 

5.3††† Pratte, 1992

 

'n Definisie van Filosofie van die opvoeding kan saamgestel word uit Pratte se "Introduction" tot sy boek:Filosofie van die opvoeding is 'n verheldering van die opvoedingswerklikheid in die lig van 'n regverdiging van die eenheid (sintese, alliansie) tussen 'n analitiese, kognitiewe en metodologiese perspektief met sy klem op fundamentele begrippe en kritiese denke en 'n eties-affektiewe perspektief met sy fokus op sedelike beginsels soos menswaardigheid, persoonswees en agting (respek) en die ideale van besorgdheid, versorging en verdraagsaamheid wat 'n normatiewe basis vorm, wat alles kristalliseer in skerp interpretasies, beleefde dialoog (beredenering) met die oog op praktykverbetering (xii-xxvi).

 

Nuwe sake hier, is 'n verduideliking van die betekenis van normatiwiteit en die beklemtoning van interpretasie en van die metodologiese.

 


Filosofie van die opvoeding is nou die filosofiese en wetenskaplike (d.w.s. fundamentele) werklikheidsgetroue, metodologies-verantwoorde beskrywende en beredeneerde reflekterende en analiserende soektog na en regverdiging van geÔnterpreteerde normatief-deurdrenkte moontlikheidsvoorwaardes vir opvoeding en die praktykbetekenis daarvan.

 

5.4†††††† Straughan en Wilson, 1987

 

Een wyse om tot 'n definisie van Filosofie van die opvoeding te kom, is om vas te stel wat filosowe as betekenisvol beskou vir 'n Filosofie van die Opvoeding.Dit is wat Straughan en Wilson gedoen het in hulle boek.Die volgende definisie kan saamgestel word:Filosofie van die opvoeding is 'n filosofie wat hom bemoei met die logika, die humane en die sedelike van opvoedingsdoelstellings en opvoedingshandelinge met 'n besondere fokus op begripsverheldering en die daaruit voortvloeiende verhelderende opvoedingspraktyk gepaard met 'n beklemtoning van rasionaliteit en die begryping van opvoeding deur openbaring van essensiŽle kenmerke (7-20, 61, 93, 147).

 

Die nuwe in hierdie definisie is die spesifisering van opvoeding as opvoedingsdoelstelling en opvoedingshandelinge.Verder is die definisie 'n bevestiging van die definisie wat tot dusver ontwikkel is.

 

5.5††† Ozmon en Craver, 1990

 


Ozmon en Craver gee in hulle boek aandag aan "the quest in philosophy of education" (354-360).Hieruit kan die volgende definisie van Filosofie van die opvoeding opgestel word:Filosofie van die opvoeding is 'n filosofiese (= kritiese) refleksie gevolg deur 'n sistematiese beredenering van opvoedkundige begrippe (= die verwoording van wesenskenmerke van opvoeding) en die betekenis daarvan vir die begryping van hedendaagse menslike probleme soos dit verskyn in werklike kontekste (sosiaal, polities, ekonomies, onderwysbeleid en onderwyspraktyk wat saamgevat kan word met die begrip "demokratisering").

 

'n Nuwe saak wat nou na vore tree is dat Filosofie van die opvoeding hom bemoei met konseptuele begrippe en die betekenisse daarvan vir kontekstuele begryping.

 

Filosofie van die opvoeding is nou die filosofiese en wetenskaplike (= fundamentele) werklikheidsgetroue metodologies-verantwoorde beskrywende en beredeneerde reflekterende en analiserende soektog en regverdiging van geÔnterpreteerde normatief-deurdrenkte moontlikheidsvoorwaardes vir opvoeding en die praktykbetekenis daarvan binne besondere, werklike kontekste (Kyk ook:Allen en Martin, 1992).

 

5.6†††††† Halliday, 1990:157-158

 

Filosofie van die opvoeding is teoretisering in diť sin dat dit soek na begryping en verklaring van dit wat die betrokkenes by opvoeding doen sodat 'n sterker samehang tussen die betrokkenes se pogings om besondere doelstellings te bereik, bewerkstellig kan word.Dit vereis 'n volgehoue kritiese herinterpretasie van teorie se betekenis vir praktykstigting en die praktyk se betekenis vir teorievorming.

 

'n Nuwe opdrag vir Filosofie van die opvoeding wat in hierdie definisie vervat is, is die kritiese refleksie oor die verhouding van teorie en praktyk.Dit is egter nie nodig om hierdie opdrag in 'n definisie van Filosofie van die opvoeding in te skryf nie, omdat dit reeds sterk geÔmpliseer word in die definisie wat tot dusver ontwikkel is.Die eerste gedeelte van die definisie bevat wat teorie-essensies genoem kan word en die definisie sluit af met 'n verwysing na praktykbetekenis.

 

5.7††† Simon, 1992 (58-59, 85-85, 96-97)

 


Uit Simon se uitleg van "a pedagogy of possibility" kan die volgende definisie afgelei word:Filosofie van die opvoeding is 'n kritiese, kontekstuele beskrywing en interpretasie van praktykverbetering binne 'n normatiewe en kenteoretiese (epistomelogiese) raamwerk en die betekenis daarvan vir die mobilisering van die krag van kennis vir die gedying van menslike moontlikhede, deurdat relevante betekenisse (essensies) erken, begryp, aanvaar, bevestig en ook afgewys kan word in dialoŽ tussen al die betrokkenes.

 

Indien beredenering, refleksie en analise gesien word as wyses waarop die krag van kennis gemobiliseer kan word en die gedying van menslike moontlikhede as 'n besondere vorm van praktykbetekenis gereken word, het Simon se definisie niks nuuts om by die reeds ontwikkelde definsie te voeg nie.

 

5.8††† Power, 1982:5-15

 

Op die vraag:What is educational philosophy? gee Power antwoorde waaruit 'n definsie van Filosofie van die opvoeding geformuleer kan word.Filosofie van die opvoeding is 'n inspirerende, analitiese, preskriptiewe en ondersoekende bedrywigheid.

 


Inspirerend:dit stel ideale vir opvoeding.Analities:begripsverheldering en kritiese beoordeling van argumente word hoog aangeslaan, gepaard met metodologiese verantwoording en interpretasie van betekenisse vir die praktyk.Preskriptief:beskryf duidelike en noukeurige riglyne vir opvoedingspraktyke in sekere politieke, sosiale en ekonomiese kontekste, gepaard met 'n verbintenis vir die implementering daarvan en vir die regstelling van die skending van opvoedingsbeginsels (Vandag sal 'n mens die begrip perspektief vervang met deskriptief en word regstelling gesien as 'n taak van RemediŽrende Opvoedkunde (Ortopedagogiek).Ondersoek:Beleide en praktyke word ondersoek met die oog op regverdiging of rekonstruksie daarvan.

 

Power se definisie kan grootliks beskou word as 'n bevestiging van die definisie van Filosofie van die opvoeding wat tot dusver ontwikkel is.

 

5.9†††††† Paschen, 1992 (141-143)

 

Filosofie van die opvoeding (gesien as vorm van opvoedingswetenskap) is 'n praktiese wetenskap.Alle teoretiese, reflektiewe, empiriese en historiese handelinge se praktiese konsekwensies moet raakgesien en beoordeel word.Die teorie moet die praktyk begrond.Die praktiese probleem is om te onderskei tussen alternatiewe regverdigbare moontlikhede.Regverdiging geskied na analise en evaluering en dit vereis navorsing om geldigheid te bepaal.Geldigheid word uitgedruk in die vorm van argumente (beredenering).Argumentsanalise en -evaluering is 'n besondere metode van 'n pragmatiese (nie pragmatisties!) vrugbare opvoedingswetenskap (ook in die vorm van Filosofie van die Opvoeding).

 

Paschen se definisie kan gesien word as 'n sterk bevestiging van die definisie van Filosofie van die opvoeding wat tot dusver ontwikkel het.

 

5.10†† Ellis, Cogan en Howey, 1981 (77-83)

 

'n Opvoedingsfilosofie is 'n noukeurige filosofiese ondersoek in die vorm van 'n analise en verheldering van opvoedingsaangeleenthede met die doel om 'n filosofiese posisie ten aansien van opvoedingspraktyk te ontwikkel wat kan dien as basis om fundamentele vrae te beantwoord.Die impliseer 'n kritiese beoordeling van bestaande filosofieŽ oor die opvoeding wat kan bydra tot die verfyning van 'n (eie) filosofie van die opvoeding.


Die idee van 'n filosofiese posisie en die beantwoording van fundamentele vrae lyk aantreklik maar is reeds opgeneem in die begrippe "filosofies" en "fundamenteel" van die definisie wat tot dusver ontwikkel is en kan as verdereverfyning van diť twee begrippe beskou word.

 

5.11†††††† Akinpelu, 1981 (1, 5, 10-14)

 

Die term Filosofie van die opvoeding plaas opvoeding in die middelpunt en filosofie as middel waarmee of wyse waarop die saak van opvoeding fundamenteel ondersoek kan word.Opvoedingsfilosowe analiseer krities en na diep refleksie ontstaan 'n Filosofie van die opvoeding wat ingestel is op praktykverbetering.Filosofie van die opvoeding is 'n kritiese beskrywende analise van die filosofiese vooronderstellings van bestaande opvoedingspraktyke, mens- en wÍreldbeskouings, die aard van kennis, waardes en norme.

 

Die idee van "filosofiese vooronderstelling" spreek 'n mens aan, maar word reeds deur die begrip "filosofies" geÔmpliseer.Eweneens is die res van Akinpelu se definisie in die reeds ontwikkelde definisie vervat.

 

5.12†† Knight, 1989 (5-6)

 

Filosofie van die opvoeding se taak is om 'n helder visie te ontwikkel oor die doel van opvoeding en die verband wat dit het met die sin (betekenis) van die lewe, deur 'n van aangesig-tot-aangesig kontak met die basiese vrae oor die doel en betekenis (sin) van lewe en opvoeding.Dit vereis 'n werklikheids-, 'n kennis- en 'n waardebeskouing wat gepaard gaan met 'n kennis van opvoedingsprobleme, evaluering van aangebode probleemoplossings en die ontwikkeling van 'n konsekwente standpunt.

 


Aangesien opvoeding in werklikheid opvoeding tot (sinvolle) lewe impliseer, kan volstaan word met die begrip "opvoeding" in die reeds ontwikkelde definisie.'n Betekenisvolle begryping kan wees "en in die lig van 'n konsekwente standpunt" om daarmee te kenne gee dat standpuntloosheid nie moontlik is nie.

 

Filosofie van die opvoeding is nou 'n filosofiese- en wetenskaplike (d.w.s. fundamentele) werklikheidsgetroue metodologiese-verantwoorde beskrywende en beredeneerde reflekterende en analiserende soektog na regverdiging van geÔnterpreteerde normatief-deurdrenkte moontlikheidsvoorwaardes vir opvoeding en die praktykbetekenis daarvan binne besondere, werklike kontekste, opgeneem in 'n konsekwente standpunt.

 

5.13†††††† Scotter, Haas, Kraft en Schott, 1985

 

Opvoedingsfilosofie is beide analities en normatief.As 'n analitiese benadering is dit gemoeid met outentieke betekenisse van opvoedkundige begrippe en terme en die logika van opvoedkundige teorieŽ en gesprekke (beredenering).As 'n normatiewe benadering is dit gemoeid met waarde-aangeleenthede, opvoedingsdoelstellings en opvoedingspraktyk sowel as met religieuse en sedelike oorwegings wat implisiet is in opvoedkundige (resp. onderwyskundige) besluite en keuses.

 

Die begrip "religieus" is 'n verfyning van "normatief" maar is reeds daarin opgeneem.Die idee van besluite en keuses is reeds opgeneem in "praktykbetekenis" maar is 'n betekenisvolle inhoudgewing daarvan.

 

5.14†† Hamm, 1989 (1, 4-15)

 


Filosofie van die opvoeding is 'n vraag na betekenisse, na die aard van kennis en na vooronderstellings.Dit is 'n konseptuele ondersoek na gronde, logiese reŽls en valse redenering, na vooronderstellings en na die regverdiging van opvoeding (met al sy variasies).

 

Niks nuuts kom in hierdie definisie te voorskyn nie, maar dit het bevestigingswaarde.

 

5.15†††††† Brezinka, 1992

 

Brezinka stel voor (24-25) dat opvoedkundige take verdeel moet word onder drie aktiwiteitsvelde:

 

(a)†††††† Opvoedingswetenskap wat 'n krities-analitiese ondersoek is na die moontlikheidsvoorwaardes vir die verwerkliking van opvoedingsdoel-stellings aan die hand van opvoedingshandelinge soos dit beÔnvloed word deur sosio-kulturele omstandighede (53-57, 63).

 

(b)†††††† Filosofie van die opvoeding as 'n normbeskrywende vorm van opvoedkunde, beoefen normatiwiteit deur die normering van opvoedingshandelinge en opvoedingsdoelstellings, d.w.s. deur normatiewe inhoud daaraan te gee en dit dan te analiseer en te regverdig (187, 189-196).

 

(c)†††††† Praksiologie van die opvoeding is 'n normbeskrywing wat partikuliere groepe opvoeders in besondere sosio-kulturele situasies inlig oor hulle opvoedingstake en die middele wat hulle daarvoor nodig het, en wat opvoeders inspireer tot opvoedingshandelinge in ooreenstemming met hulle lewens- en wÍreldbeskouing (215).

 

Brezinka stel (271) dat hierdie verdeling 'n logiese differensiasie is wat te make het met drie klasse opvoedkundige kennis wat van mekaar onderskei kan word op grond van 'n analise van uitsprake oor opvoeding.Diť drie klasse kan beskryf word as wetenskaplik, filosofies en prakties.Vermenging van hierdie drie aspekte in een dissipline lei tot verwarring.


Daar kan raakgesien word dat Brezinka 'n skerp identifikasie gee van verskillende klasse opvoedkundige take, maar dit kan betwyfel word of elkeen van diť klasse 'n afsonderlike benoeming regverdig.Filosofie van die opvoeding is nie 'n optelsom (wetenskap + filosofie + praktyk) nie, maar vorm 'n eenheid soos dit weerspieŽl word in die definisie van Filosofie van die opvoeding soos dit tot dusver in hierdie geskrif ontwikkel het.

 

Na Brezinka se definiŽring kan daar egter gevra word na die sin van die volgende toevoegings tot die bestaande definisie:opvoedingshandelinge, opvoedingsdoelstellings (reeds genoem deur Straughan en Wilson: 5.4), lewens- en wÍreldbeskouings.Brezinka se definisie is grootliks 'n bevestiging van die ontwikkelde definisie wat nou "finaal" soos volg kan lyk.

 

6.†††††† FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING:FINALE DEFINISIE

 

FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING IS 'N FILOSOFIESE EN WETENSKAPLIKE (D.W.S. FUNDAMENTELE) WERKLIKHEIDSGETROUE, METODOLOGIES-VERANTWOORDBARE, BESKRYWENDE EN BEREDENEERDE REFLEKTERENDE EN ANALISERENDE SOEKTOG NA EN REGVERDIGING VAN GEŌNTERPRETEERDE NORMATIEF-DEURDRENKTE MOONTLIKHEIDSVOORWAARDES VIR OPVOEDING (WAARVAN OPVOEDINGSHANDELINGE EN OPVOEDINGSDOELSTELLINGS BESONDER PROMINENT VERSKYN) EN DIE PRAKTYKBETEKENIS DAARVAN BINNE BESONDERE WERKLIKE KONTEKSTE OPGENEEM IN 'N KONSEKWENTE STANDPUNT WAT GEKLEUR WORD DEUR 'N PARTIKULIERE LEWENS- EN W RELDBESKOUING.

 

7.†††† 'N KERNLEERPLAN VIR FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING

 

7.1  Hipotese:Dit is moontlik en sinvol om uit 'n omvattende definisie van 'n vakgebied (dissipline) 'n kernleerplan vir daardie vakgebied op te stel.

 

7.2  Uitleg van die hipotese:Die wesenskenmerke van 'n vakgebied verskyn in 'n definisie daarvan en moet op hulle beurt weer kristalliseer in 'n leerplan sodat die wesenlike van daardie vakgebied onderrig kan word.

 

Die kurrikuleringshandelinge is gewoonlik:

 

(i)††† 'n situasie-analise:die situasie is dat daar tans 'n algemeen aanvaarbare en omvattende moderne definisie van Filosofie van die opvoeding wat in universele terme geformuleer is, ontbreek;

 

(ii)†† eise wat die leerders stel word verreken:leerders word maklik verwar wanneer daar teenstrydige (en soms nog boonop dubbelsinnige uitsprake) gemaak word oor fundamentele sake soos byvoorbeeld hoe 'n besondere vakgebied is en wat dit impliseer.Skerp definiŽring wat deur alle kursusontwerpers aanvaar word, kan hierdie probleem oplos.

 

(iii) eise wat die gemeenskap stel word inaggeneem:die gemeenskap eis onder andere dat afgestudeerdes oor bepaalde kennis, vaardighede en ingesteldheid moet beskik.Hierdie sake word in 'n definisie verwoord in die vorm van wesenskenmerke en word verder belig wanneer daar vir die verwerkliking van hierdie wesenskenmerke gekurrikuleer word.

 

(iv)†† aan die eise wat die wetenskap stel word voldoen.Eenduidige, wesenskenmerke-formulerende definiŽring is 'n besondere wetenskaplike eis.Dit lei tot die uitskakeling van allerlei onwetenskaplikhede en bevorder aangeleenthede soos objektiwiteit, sistematiek, logika en kritiese denke (Kurrikulumtaakgroep UNISA, 1993).

 

7.3†††††† Kurrikulering vir wesenskenmerke-verwerkliking

 

In die volgende paragraaf sal die wyse waarop wesenskenmerke van Filosofie van die opvoeding in 'n leerplan kan verskyn, in die lig gebring word.

 


1.†††††† FILOSOFIES

 

1.1††† Die begrip filosofie

 

1.2 Filosofie van die opvoeding is filosofies

 

1.2.1 Filosofie oor opvoeding

1.2.2 Filosofie vir opvoeding

1.2.3 Filosofie van opvoeding

 

1.2.3.1 Filosofiese deurligting

1.2.3.2 Filosofiese ingesteldheid

 

2.†††††† WETENSKAPLIK

 

2.1††† Die begrip wetenskap

2.2†††††† Filosofie van die opvoeding as vorm van wetenskap

 

2.2.1 Kriteria vir wetenskaplikheid

2.2.2 Filosofie van die opvoeding se voldoening aan kriteria vir wetenskaplikheid

 

3.†††††† MOONTLIKHEID EN SIN VAN 'N SINTESE TUSSEN FILOSOFIES EN WETENSKAPLIK ONDER DIE OPSKRIF FUNDAMENTEEL

 

4.†††††† WERKLIKHEIDGETROU

 

4.1†††††† Werklikheid (ook ontologiese kategorie)

4.2††† Die opvoedingswerklikheid

 

4.2.1 as werklikheid

4.2.2 essensies en strukture

 

5.†††††† METODOLOGIES-VERANTWOORDBAAR


5.1††† Metode

5.2†††††† Filosofies-wetenskaplike metodes

 

5.2.1 Fenomenologiese metode

5.2.2 Hermeneutiese metode

5.2.3 Dialektiese metode

5.2.4 Kontradiktoriese metode

5.2.5 Die konseptueel-analitiese kenweg

5.2.6 Die struktuur-empiriese kenweg

5.2.7 Postmodernisme as kenweg

5.2.8 Eklektiese denke as kenweg

 

5.3†††††† Filosofie van die opvoeding as metodologiese beskermheer

5.4†††††† Filosofie van die opvoeding vra na die moontlikheid van metodes

 

6.†††††† BESKRYWEND

 

6.1†††††† Beskrywing en voorskrywing

6.2†††††† Normbeskrywing en normvoorskrywing

6.3†††††† Deduktiewe en induktiewe beskrywing

 

7.†††††† BEREDENEERDE

 

7.1†††††† Beredenering en argumentering

7.2†††††† Argumente

7.3†††††† Belemmering van logiese denke

7.4†††††† Belemmering in terme van valse redenering

7.5†††††† Belemmeringe: implikasies vir navorsing

7.6†††††† Formeel-logiese beginsels

 

8.†††††† REFLEKTERENDE

 

8.1†††††† Refleksie


8.2†††††† Radikale refleksie

8.3†††††† Besinnende en berekenende denke

 

9.†††† ANALISE

 

9.1†††††† Reduksie (Kyk 5.2.1)

9.2†††††† Identifisering van essensies en strukture

9.3†††††† Skeiding van die essensiŽle en die nie-essensiŽle

9.4††† Die konseptueel-analitiese kenweg (Kyk 5.2.4)

 

10.†††††† REGVERDIGING

 

10.1†††††† OpvoedingskategorieŽ

10.2†††††† Opvoedingskriteria

 

11.†††††† INTERPRETASIE

 

11.1†††††† Hermeneutiese metode (Kyk 5.2.2)

11.2†††††† Interpretasiegesprek:betekenisdeling

11.3†††††† Interpretasiegesprek:onderhandelingsituasie

 

12.†††††† NORMATIEF-DEURDRENKTE

 

12.1†† Waardes en norme

12.2†††††† Essensies is norme

12.3†††††† Lewensopvatlikheid (Kyk ook 6.2)

 

13.†††††† MOONTLIKHEIDSVOORWAARDES

 

13.1†††††† Betekenis

13.2†††††† Essensies en strukture is opvoedingshandelinge

13.3†††††† Essensies en strukture as moontlikheidsvoorwaardes

13.4†††††† Opvoedingsdoelstellings as moontlikheidsvoorwaardes

 

14.†††††† PRAKTYKBETEKENIS

 

14.1†††††† Praktykevaluering (situasie-analise)

14.2†††††† Praktykverbetering

14.3†††††† Opvoedkunde ter wille van opvoedkunde

14.4†††††† Opvoedkunde ter wille van praktykverbetering

 

15.†††††† BESONDERE WERKLIKE KONTEKSTE

 

15.1†††††† Opvoedkunde en sosiale wetenskappe

15.2†††††† Opvoedkunde en politiek

15.3†††††† Opvoedkunde en ekonomie

15.4†††††† Sosiale, politieke en ekonomiese voorwaardes vir opvoeding

 

16.†††††† KONSEKWENTE STANDPUNT

16.1†††††† Standpuntstelling teenoor standpuntloosheid

16.2†††††† Standpuntstelling as vooronderstelling-verheldering (paradigma-verklaring)

16.3†††††† Standpuntstelling as lewensopvatlike stellingname

 

17.†††††† PARIKULIERE LEWENS- EN W RELDBESKOUING

 

17.1†††††† Betekenis

17.2†††††† Lewensopvatlikheid (universeel) na lewensopvaating (partikulier)

17.3†††††† Lewensopvatlike verlewendiging en toelaatbaarheid

17.4†††††† Lewensopvattings (lewensbeskouings)

17.5†††††† Filosofiese denkrigtings (nie oorvleuel met Historiese Opvoedkunde nie).

 

VERWYSINGS

Akinpelu, JA1981.An introduction to philosophy of education.London:MacMillan.

 

Allen, G & Martin, I1992.Education and Community.The politics of practice.London:Cassell.

 

Brezinka, W1992.Philosophy of Educational Knowledge.Dordrecht:Kluwer.

 

Elliot, J1993.Professional education and the idea of a practical educational science (pp65-85).In:Elliot, J1993 (Ed.),Reconstructing Teacher Education.Teacher Development.London:Falmer.

 

Ellis, AK, Cogan, JJ & Howey, KR1981.Introduction to the foundations of education.New Jersey:Prentice-Hall.

 

Halliday, J1990.Markets, managers and theory in education.jLondon:Falmer.

 

Hamm, CM1989.Philosophical issues in education.An introduction.London:Falmer.

 

Knight, GR1989.Second Edition.Philosophy and Education.An introduction in Christian perspective.Michigan:Andrews University Press.

 


Landman, WA1993.Suid-Afrikaanse beoefenaars van die Filosofie van die opvoeding - lewensketse, standpunte en kritiek.Pretoria:Instituut vir Opvoedkundige Navorsing, Universiteit van Suid-Afrika.

 

Ozmon, H & Craver, S1990.Philosophical Foundations of Education.Fourth Edition.London:Merrill.

 

Paschen, H & Wigger, L1992.Pšdagogisches Argumentieren.Weinheim:Deutscher Studien Verlag.

 

Peters, RS (Red.)1987.The Philosophy of Education.Oxford:Oxford University Press.

 

Power, EJ1982.Philosophy of Education:studies in philosophies, schooling and educational policies.New Jersey:Prentice-Hall.

 

Pratte, R1992.Philosophy of Education.Two traditions.Springfield:Charles C Thomas.

 

Scotter, RD, Haas, JD, Kraft, RK & Schott, JC1985.Second Edition.Social Foundations of Education.New Jersey:Prentice-Hall.

 

Simon, RI1992.Teaching against the grain.Texts for a pedagogy of possibility.New York:Bergin & Garvey.

 

Straughan, R & Wilson, J1987.Philosophers on Education.London:MacMillan.

 

UNISA:Kurrikulumtaakgroep1993.Verslag van die Opvoedkunde I-III Kurrikulumtaakgroep.Fakulteit Opvoedkunde:Universiteit van Suid-Afrika.

 


Wynne, EA & Ryan, K1993.Reclaiming our Schools.A handbook on teaching character, academics and discipline.New York:MacMillan.