Professor W A Landman

Lesings in die Opvoedkunde

REMEDIĖRENDE OPVOEDKUNDE (RO)

(REMEDIAL EDUCATION)

 

1.       DEFINISIE

 

Remediėrende Opvoedkunde is die wetenskap van remediėrende handelinge of van die remediėringsproses in opvoedingsituasies (opvoeding = die pedagogiese + die andragogiese + die gerontagogiese).

 

2.       EIENSKAPPE

 

Die volgende is eienskappe van Remediėrende Opvoedkunde:

 

2.1       Werklikheidsgetrouheid

 

2.1.1 RO is ingebed in die universele opvoedingswerklikheid (pedagogiese werklikheid + andragogiese werklikheid + gerontagogiese werklikheid).  Opvoeding is opwegwees na 'n doel en sodra daar sprake is van opwegwees, is onmiddellik die moontlikheid gegee om weg te beweeg van daardie weg.  Waar wegbeweeg teenwoordig is, is onmiddellik die moontlikheid van terugbeweeg gegee.  Terugbeweging kan geskied met die hulp van remediėrende handelinge.  Terugbeweging is 'n inherente deel van die remediėringsproses.

 

2.1.2       RO as vorm van wetenskap is die uitkoms van die beskrywing van die universele ervaringsfeit dat mense opweg is (Homo viator), dat daar van 'n besondere weg afgewyk kan word en dat die moontlikheid bestaan van 'n terugkeer na daardie weg (met remediėrende hulpverlening).

 

2.1.3       RO is die uitkoms van wetenskaplik-verantwoorde bedinking van die remediėringsgebeure as besondere agogiese gebeure wat menslike (resp. medemenslike) betrokkenheid as moontlikheidsvoorwaarde het.

 

2.1.4       2.2       Essensiebewustheid

 

2.2.1  RO onderneem fundamentele analises van remediėrende handelinge, waar "fundamentele" dui op 'n kritiese deurdink na die grondliggende, dit wil sź die essensiėle, die gelykblywende en die universele:  remediėringsessensies moet aan die lig gebring word.

 

2.2.2  RO is krities wesenskenmerke-beligtend ingestel op die aan die lig bring van wyses van lewe wat remediėrende betekenis het.  Remediėrende lewenswyses word bevorder wanneer daar van terapie sprake is.

 

2.3    Skerp kennisinsameling

 

2.3.1  RO strewe na kennisuitbreiding deur die insameling van relevante kennis (navorsing) van die remediėringsproses, sistematisering van daardie kennis en 'n inslag van die praktykbetekenis daarvan.

 

2.3.2  RO as vorm van wetenskap is ingestel op gesprekke met deskundiges (ook die van aanverwante terreine) en met mense van die praktyk.

 

2.3.3  RO wil beide berekenende en besinnende denke aanwend d.w.s. kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing wat sal lei tot die onverborgemaking van remediėringsessensies.

 

2.4       Wetenskap van remediėrende opvoeding

 

RO is die wetenskap van remediėrende opvoeding wat gekenmerk word deur:

 

(i)       Doelgerigte remediėrende begeleiding:  die doel is die inwerkingstelling van remediėrende handelinge na 'n fundamentele analise van die redes vir die afwyking wat plaasgevind het. (ii)       Normatief-bepaalde handelinge:  begeleidingessensies (agogiese essensies) word as maatstawwe vir behoorlike handeling aangewend (pedagogiese essensies - andragogiese essensies - gerontagogiese essensies), met agneming van die interpretasies van Filosofie van die Opvoeding en Sielkundige Opvoedkunde.

 

(iii)       Juridies-gereguleerde handelinge:  afwyking-identifisering en terapeutiese regstelling geskied ooreenkomstig tersaaklike wetgewing en 'n Handves vir Menseregte.

 

(iv)       Kommunikatiewe handelinge:  mens-mens verhoudinge word nie verduister deur mens-tegnologie ("sielkundige toetse") verhoudinge nie.

 

(v)       Menswaardige handelinge:  identifisering van afwykings en die redes daarvoor met die daarmee gepaardgaande remediėrende handelinge, word spesifiek met die oog op beskerming en gedying van menswaardigheid voltrek.

 

(vi)   Nie-diskriminerende handelinge:  geen diskriminasie op grond van ras, kleur, geloof of geslag word geduld nie, maar daar is 'n sterk beklemtoning van die betekenis van individuele verskille.

 

(vii)       Oordrag:  wyses van leer wat betekenis het vir die terugkeer na 'n besondere weg sal onderrig word en noodhebbendes sal ondersteun word in die leer (aanleer) daarvan.

 


(viii)Moedige begeleiers:  moed tot remediėring is 'n fundamentele aangeleentheid.  Die remedieerders moet opgeleide persone wees wat verantwoordelikheid kan dra vir remediėring.  Dit is in werklikheid moed om die sin van remediėrende handelinge in te sien en om ondanks teleurstellende ervarings telkens opnuut weer betrokke te raak.

 

(ix)   Lerende begeleides:  remediėring word as leerwyse raakgesien.  Dit hou die moontlikheid in vir die remedieerders om besondere aandag te gee aan die remediėrende betekenis van verskillende tersaaklike leerteorieė.

 

(x)              Vormbare moontlikhede:  omdat die mens (ook mens-in-nood) moontlikheid is, is die remedieerders nooit hensoppers nie, maar blywende betrokkenes by die remediėringsgebeure.