Professor W A Landman

Eerste W A Landman-gedenklesing
van die ATKV-tak, Centurion:
31 Mei 2000

Prof W. A. Landman

DIE BOODSKAP VAN CENTURION SE SKOLE TOT 1994

Terug na Gedenklesings


DIE CENTURION-GEMEENSKAP IS TROTS OP SY SKOLE

SKOOLGEBOUE SE BOODSKAP
'n Instelling (of inrigting soos bv 'n skool) wat daarin slaag om gemeenskaptrots op te wek, het homself onmisbaar gemaak in die voortdurende proses van opgradering van beskaafdheid. In die sin is ons skole deel van die gemeenskaptrots.

'n Wakker gemeenskap soos bv dié in Centurion, identifiseer sy behoeftes aan onderwys skerp en rig betyds gemotiveerde vertoë tot die betrokke owerhede. In hierdie verband pas dit om die Centurion-gemeenskap se dank te betuig teenoor mnr Hannes Hattingh wat oor baie jare baanbrekerswerk gedoen het.

In 'n beskaafde gemeenskap lei die verwagting dat 'n skoolgebou opgerig gaan word tot 'n opgewondenheid wat telkens gemobiliseer word om die hoogste mate van betrokkenheid te verseker.

Daarby moet raakgesien word dat die Centuriongemeenskap en ander soortgetyke gemeenskappe gemeenskappe is wat opmerkbare suksesfigure het, wat dit 'n stimulerende en aanmoedigende gemeenskap maak. Die presterende individu wat raakgesien word, is die ideale identifikasiefiguur vir die onderwysgemeenskap en dit word dan maklik, om erkenning te gee aan die ouerlike invtoed wat daartoe lei om die gesinsbande te versterk en om die gesin as bastion van beskaafheid kragtig te maak.

Waar ouer-onderwyserskontak slaag, slaag die skool ook om op doeltreffende Wyse sy doelstellings te verwesenlik en om beskaafdheid te laat gedy, is 'n besondere skool se doestelling.

Elke beskaafde gemeenskap weet wat noodsaaklik is vir daardie gemeenskap om te gedy. Dit is daarom natuurlik dat 'n hunkering na 'n eie skool sterk sal wees.

Wanneer vordering met die bou van 'n skoolgebou gerapporteer word, beteken dit dat verwagtinge gewek word en mobilisering van kragte wat in belang van daardie skool aangewend kan word, kan reeds 'n aanvang neem.

Om uit te sien na die opening van daardie skool is om waarde te heg aan geskooldheid en die ontwikkeling van gawes wat uiteindelik in 'n wyse van beroepsbeoefening kristalliseer.

Na 'n nuwe skool word vooruitgesien met dieselfde afwagting en opgewondenheid as wat die geval is met 'n verjaarsdag - of kersgeskenk. Dit is 'n geskenk wat kosbaar is en as kosbaarheid opgepas en vertroetel moet word.

Die opening van 'n skool is 'n besondere geleentheid want dit beteken dat moontlikhede geopen word wat nie voorheen bestaan het nie en ook dat die toekoms vir baie leerders geopen word.

Flukse leerlinge en spogouers in 'n pragtige skoolgebou wat deur hulle bewaar en uitgebou gaan word, handhaaf 'n hoë beskawingspeil.

Daarna is elke viering van die skool se verjaarsdag 'n aanduiding dat 'n gewigtige oomblik aangebreek het. Gewigtig omdat met genoegdoening teruggekyk kan word op 'n suksespad wat afgelê is. Gewigtig omdat met geloof 'n aanvang geneem word om die toekomspad te bewandel.

'n Verjaarsdagviering is 'n geleentheid om krities terug te kyk met die doel om dit wat goed was in die verlede te identifiseer en dan aan te wend vir 'n nog beter toekoms.

'n Feesviering is 'n sigbare aanduiding daarvan dat daar nié in die verlede negatief afgebreek is nie, maar positief aan 'n tradisie gebou is en omdat verpligtinge opgeneem is wat voortspruit uit daardie tradisie.

DIE SKOOL BOODSKAP
'n Skool is dus 'n baken wat uitsaai. Dit is 'n opmerkbare gidsteken wat beskaafdheid uitsaai in die vorm van geleerdheid en vaardigheidsvorming, alles binne die raamwerk van besondere waardes en norme.

'n Skoolnaam is deel van die skool se inspirasie, word deel van die skool se tradisie en word derhalwe na deeglike besinning gekies.

Om trots te wees op 'n skoolnaam beteken om bereid te wees om met entoesiasme hard te werk aan die instandhouding en uitbouing van dit wat daardie naam simboliseer.

Die skool se leuse is bedoel om te inspireer. Dit verwoord die skool se missie en s6 waarvoor die skoolgemeenskap bereid is om opofferinge te maak. Hoe groter die skool is, hoe meer mensekrag is daar om die skoolleuse te verwesenlik.

Skooldrag wek die indruk van gedissiplineerdheid en die opvallend mooi en paslike skooldrag verhoog die skooltrots.

Om trots te skep is 'n besonder kreatiewe handeling wat daarop dui dat buitengewone waarde aan beskaafdheid geheg word.

Enige aktiwiteite wat daarop gemik is om 'n gesonde skooltrots te ontwikkel, het opvoedingswaarde veral omdat daardeur beskaafdheid bevorder word.

'n Trots op die eie geskiedenis beteken dat daar reeds gewerk word aan 'n trotse toekoms.

Die trotse skool met die ryke veriede, inspireer vir die toekoms en het daarom blywende waarde.

Om 'n trotse geskiedenis te hê, is om 'n vaste fondament te hê waarop daar verder gebou kan word. Dit versterk ook die eenheidsgevoel (samehorigheidsgevoel) van almal wat deel is van daardie geskiedenis en wat ook die geskiedkundige erfenis wil bewaar en beskerm.

BOODSKAP VAN PRESTERENDE LEERDERS
Talente word nie as versiering gegee nie, maar daarmee moet gewoeker word. Dit moet so nuttig moontlik aangewend word, byvoorbeeld om daarmee sukses op die lewenspad te behaal.

Iemand met vele talente het veel om mee te woeker en terselfdertyd veel om voor verantwoording te doen.

Presteerders en hulle prestasies moet bekend gemaak word, vir aanmoediging van ander potensiële presteerders sodat die algemene presterende bewussyn van 'n gemeenskap hoog gehou kan word. Om waarde te heg aan die individuele prestasie is om leierskap hoog aan te slaan.

Slimmes wat presteer rus nie op hul slimheid nie, maar woeker daarmee.

Vir 'n leerder om belowend genoem te word beteken dat egte potensiaal met toekomsmoontlikhede raakgesien en waardeer is.

Vir 'n leerder om te skitter beteken om raakgesien te word en om raakgesien te word beteken om verantwoordelikheid op te neem vir die voorbeeld wat gestel moet word.

Om uit te blink is om blink sigbaar te word in die skooltrots.

Die verering van uitblinkers is nie stegs 'n roetine-saak nie. Dit is 'n handeling met die doel om prestasie paslik te beloon sodat verdere prestasie aangemoedig word.

Om hoogmoedig (dit wil sê nie verwaand nie) te wees op presteerders is 'n wyse om leierskap aan te moedig en om die presterende bewussyn van die skool op te skerp.

Presteerders moet geïdentifiseer en aangemoedig word. 'n Gesonde presterende bewussyn is een van die kenmerke van leierskap.

'n Gesonde skerp kompetisie-gees het 'n besondere uitwerking: dit versnel deelnemerpotensiaal se ontwikkeling en gedying en voed die presterende bewussyn terwyl 'n geringskatting van die individuele prestasie, middelmatigheid bevorder.

Om individueel te wil presteer is 'n besondere kenmerk van beskaafdheid. Die wat presteer moet derhalwe by die naam genoem word en die prestasies moet beskryf word.

Prestasie wat behaal word, is 'n aanduiding van inherente talent wat oorwinnend oor struikelblokke, steeds op hoër vlak ontplooi word en gedy.

'n Prestasie wat behaal word, het 'n ontwikkelingsverloop wat duidelik aan die lig laat kom dat harde werk en deursettingsvermoë besondere ontwikkelingskragte is.

Presterende leerlinge is rolmodelle wat die sout van die skool se aarde en die pêrels in die skool se halssnoer is.

Die uitstaande individu moet uitgewys word en sy uitstaande kenmerke moet bekend gemaak word. Dit sal hom tot ware leierskap aanspoor.

Prysuitdelings is inspirasie-geleenthede en gelukwensing-geleenthede waarby beide personeel en leerders baat.

Om op 'n ererol te kom is 'n seldsame verering en moet dien as aansporing om gegewe begaafdhede met dankbaarheid, oorgawe en entoesiasme verder te ontwikkel.

'n Skool wat uitblinkers lewer het 'n gesonde prestasie-beskouing en weet dat presteerders bruikbare identifikasiefigure is.

Om steeds hoër te reik en te wil reik is 'n positiewe hoedanigheid wat reatistiese aanmoediging deur die opvoeders vereis, sonder om hulle aan oorvraging skuldig te maak.

BOODSKAP VAN ENKELE SKOOLVAKKE
Wiskundige prestasies was al die eeue nog beskou as 'n kosbare uitvloeisel van beskaafdheid.

Wiskunde-prestasie is een van die pêrels van beskaafdheid. Daarom moet dit raakgesien, waardeer en beloon word.

Wiskunde-prestasies is tereg kalkligtrekkers want dit is besondere uitinge van die presterende bewussyn.

Besondere prestasies in Wiskunde, is die voorreg van weiniges en moet derhalwe dusdanig waardeer word en die ontwikkeling daarvan aangemoedig word.

Prestasie in Natuurwetenskap moet bekend gemaak en beloon word. Die grootte van die korps natuurwetenskaplikes in 'n gemeenskap is 'n betangrike bepaler van die beskawingspeil daarvan.

Natuurwetenskap-prestasie is 'n fyn vorm waarin egte beskaafdheid tevoorskyn kom. Om 'n topskool genoem te word is 'n buitengewone pluimpie vir die professionele opvoeders wat hulle geroepenheid voortreflik beoefen het.

Met natuurwetenskaplike kompetisie word die skape van die bokke geskei en die wetenskap-leiers van die volgelinge.

Ontluikende natuurwetenskaplikes verdien al die beskikbare aanmoediging, want hulle is besig om deel te word van die elite van die land.

Beoefening van die kunste in watter vorm ookal, is 'n besondere wyse om beskaafdheid te vorm en te verfyn. Afrigting is dissiplinering en die deelnemers oefen om gesag te aanvaar.

Individuele prestasie kom meer op die voorgrond.

Dramawerk is onontbeerlike kultuurwerk met besondere verrykende en vormende waarde. Die drama-prestasie is 'n kultuurverrykende prestasie wat verfynend inwerk op 'n gemeenskap.

Geskiedeniskennis werk verrykend in op die toekoms.

Om skryftalent te hê is 'n bate wat hoog geag en intensief ontwikkel moet word, juis ook omdat dit bydra tot skaars oorspronklikheid.

Beskaafdheid wat uitkristalliseer in die vorm van musiekprestasies, is 'n hoë vorm van beskaafdheid wat 'n spesiale plek verdien in die skooltrots.

Taalbelangstelling wat lei tot deelname aan taalbedrywighede beteken dat die potensiaal van die taal om sy beskawingsinvloed te laat geld, maksimaal benut word.

Die beste redenaar het die spraakkuns tot fyn hoogtes ontwikkel en inspireer die toehoorders tot ernstige navolging.

Die moedertaal vorm die skering en inslag van 'n mens se menswees. Dit is daarom dat taalbedrywighede van welke aard ookal onvervangbare vormende waarde het.

Om uit te blink op kultuurgebied is om kultuurdraers te wees wat 'n opmerkbare invloed op beskaafdheid gaan hê.

Deetname aan kultuurbedrywighede verfyn en verskerp die kultuurgevoel wat 'n belangrike komponent van beskaafdheid is.

Massa-deelname aan 'n kultuuraktiwiteit soos 'n operette, is massa-vorming van musikale talent en 'n reuse bydrae tot kultuurvorming as 'n vorm van beskaafdheid.

Om deel te neem aan toneelfeeste het kultuurvorming as uitkoms en dra daartoe by om identifikasie met 'n besondere kultuur te verstewig. Kultuurneutratiteit lei tot kleurloosheid en ook ankerloosheid.

BOODSKAP VAN DIE SKOOLKOOR
Om 'n kampioen-koor te wees vereis harde werk, entoesiasme en voortreflike koorleiding. Dit vorm 'n belangrike komponent van die skooltrots en word mettertyd deel van die skooltradisie.

Die presterende skoolkoor is 'n kragstasie van inspirasie en aanvuurder van die skooltrots wat floreer op leertingprestasie.

Die koor-prestasie het 'n positiewe uitwerking op die vorming van sangtalent en 'n singende samehorigheidsgevoel waarby ook die skoolgees baat.

Die uitblink-koor is die inspirerende en die saambindende koor wat 'n kosbare pêrel in die skooltrots is. Die presterende skoolkoor se vormende en beskawende invloed moet altyd hoog waardeer word.

'n Befaamde skoolkoor se beskawende invtoed moet raakgesien, waardeer en benut word.

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF
Skoolhoofde is besondere akademiese en professionele leiers. Die skoolhoofde van Centurion is prima opvoedkundig-onderwyskundige leiers waarop die gemeenskap uitermatig trots kan wees.

Wanneer die skoolhoof as 'n voorbeeldstellende identifikasiefiguur ook aanspraak kan maak op die betiteling "gewild" is die invloed maksimaal. Wanneer daar waardering vir so 'n persoon uitgespreek word sien die gemeenskap raak dat voortreflikheid 'n kosbare bate is wat waardeer moet word.

'n Skoolhoof wat vuur en vlam is, weet dat hy oor die leierskapshoedanighede beskik om die wêreld aan die brand te werk.

Die paslik gekwalifiseerde en ervare skoolhoof is die professioneel-akademiese leier wat 'n betekenisvolle invtoed gaan uitoefen op die wyse en gehalte van lewe van baie mense.

Die akademiese identifikasiefiguur roep akademiese betangstelling by leerders op en wakker akademiese moontlikhede aan, ook daardie moontlikhede wat deel vorm van egte leierskap.

Die kwaliteitskoolhoof is die paslik gekwalifiseerde akademies-professionele leier wat die volle agting en samewerking van die gemeenskap verdien.

Die hoof wat groot planne het, slaan wetenskaplike beplanning hoog aan en hy weet helder en duidelik wat sy toekomsverwagtinge is.

Om vol planne te wees beteken om 'n helder toekomsperspektief te hê en om te hoop op 'n sinvolle verwesenliking van ideale.

BOODSKAP VAN DIE ONDERWYSERS
Die agtermekaarskoolhoof, uitstekende personeel en opvoedbare leerders is voorwaardes vir 'n skool om 'n uitbtink-skool genoem te word.

Die ideale onderwyser stel ideale en bereik mylpale wat blywende vormende waarde vir entoesiastiese leerders het.

Die ware opvoeder se skepping van vertrouens-, ken- en gesagsverhoudinge met talle leerlinge het blywende waarde vir hulle. Sy tewenstaak om 'n professioneel waardige leier te wees, word met toewyding volvoer.

Die kwaliteit van die personeel bepaal die kwaliteit van die opleiding - spogpersoneel voorsien spogopleiding.

Die dinamiese professionele onderwyser laat sy merk na op die opkomende geslag en verdien hulle dankbare verering.

Vir die onderwyser om altyd een tree voor te wees getuig van 'n dinamiek wat die gevolg is van entoesiastiese harde werk en 'n helder toekomsvisie.

Die staatmaker-opvoeder se bydrae tot die ontluiking van beskaafde mense, kan nie gemeet word nie maar kan raakgesien en aangevoel en gewaardeer word met dankbaarheid.

BOODSKAP VAN DIE LEERDERS
Die skool-entoesias wat volle waarde uit skoolgaan kry, vind dit so waardevol dat teenwoordigheid 'n aangename verpligting word.

Skooltrots en selfrespek saam met die genade om nie siek te word nie, spoor aan tot gereelde skoolbywoning.

Om waarde te heg aan die gehalte van die skoolomgewing en om bereid te wees om hard te werk om daardie gehalte te handhaaf en ook uit te bou, is 'n sigbare aanduiding van beskaafdheid.

Puik matrikulante is deeglik gevormde persone wat deur deskundige opvoeders voorberei is om sukses te behaal. Self het hulle nie hulle talente onder 'n maatemmer verberg nie.

Eksplorasie van die onbekende voed die ondernemingsgees, stimuleer leierseienskappe en verbreed die kennishorison en die ervaringswêreld.

Om met geesdrif weg te spring is om alreeds die wenpaal te sien wink.

Enige poging om leerders se menswaardigheid te ondersteun deur dit in aanmerking te neem, word met dankbaarheid verwelkom deur diegene wat hulself beskaafd noem.

Fiksheid van liggaam het 'n heilsame uitwerking op fiksheid van gees.

Sportpresteerders is inspireerders.

'n Toekoms wat blink verskyn is 'n inspirasie met skerp motiveringskrag.

BOODSKAP VAN DIE STADSRAAD
'n Stadsraad soos Centurion wat finansiële hulp aan skole verleen, is sensitief vir die ontwikkelingspeil van die inwoners en weet dat hy baat by hulle peil van ontwikkeldheid.

SLOT
Die Centurion-gemeenskap wil in die eerste plek sy dankbaarheid betuig teenoor God-drieënig wat in sy alwyse raadsplan christelike opvoedende onderwys moontlik gemaak het.

Ons wil egter ook by hierdie geleentheid dank betuig aan die Christen-onderwysers wat verbonde is aan die skole wat deur ons kinders bygewoon word. Ons het veral waardering vir die volgende sake wat deur ons Christen-onderwysers bevorder word:

  1. Die hoë waarde wat aan christelike beskaafdheid geheg word.

  2. Raaksien en waardering van individuele prestasie.

    'n Geringskatting van prestasie in die lig van Godgegewe talente bevorder middelmatigheid en om tevrede te wees met middelmatigheid is om selfrespek in te boet en menswaardigheid aan te tas.

  3. Opvoeding tot leierskap

    Dankie vir onderwysers wat besef dat puik prestasie die gehalte-prestasie is deur gehalte-mense wat die potensiaal het om toekomstige gehalte-leiers te wees.

    Dankie vir onderwysers wat leerling-verantwoordelikheid beklemtoon en wat weet dat leerlingvryheid beheer moet word.

  4. Agting vir die opleidingsfasiliteite

    Die gemeenskap wat weet dat die gehalte van die opleidingsfasiliteite 'n opmerkbare invioed het op die kwaliteit van die onderrig en die mate waarin ontwikkelingsgeleenthede benut word, is dankbaar teenoor onderwysers wat vir kinders leer om hulle skoolgeboue en skooltoerusting te waardeer en te bewaar en nie te beskadig nie.

    Dankie vir onderwysers wat waardering het vir ons kinders wat hard werk en aan 'n leerkultuur gebonde is (en dus nie die onderwys ontwrig nie).

  5. Aanwending van suksesfigure

    Ons kinders verkeer in die bevoorregte posisie om te leef in 'n gemeenskap waarin sigbare suksesse volop is, wat kan dien as identifikasiefigure. Ons is dankbaar dat dit in die skool professionele opvoeders is wat hulle geroepenheid op voortreflike christelike wyse beoefen.

Aan God Almagtig, al die dank en eer.